WEW…a^2 van ab^4

6 Sep

Daar is tans 2 advertensies op televisie wat aanspraak maak op die feit dat die onderskeie produkte 99.9% bakterieë doodmaak.

Legionella Bakterieë

Alles goed en wel, en staande applous vir die 99.9%…. maar wat my eerder bekommer is daardie 0.1% van bakterieë wat NIE doodgemaak word nie.

Ek wonder wat de moer kryptonite-gummyberry-juice-infused tipe bakterieë dit is, wat veroorsaak dat 2 verskillende produkte nie ‘n 100% slaagsyfer kan hê nie?

14 Responses to “WEW…a^2 van ab^4”

  1. Girl van die Suburbs September 6, 2010 at 8:19 vm #

    Wel… Ek dink ons sal sidder as ons x-ray ogies het en ons kan hulle op alle oppervlaktes sien!:mrgreen:

    Hulle reken jou toilet is minder kiemvry as jou werks oppervlak in die kombuis!!! 😯

    • Charms September 6, 2010 at 9:22 vm #

      Ag nee eeeeuuuuww. Ek wil nie eers daaraan dink nie.

  2. Xena Phoenix September 6, 2010 at 9:31 vm #

    Nellatjie

    Jou toilet is waarskynlik die kiemvryste plek in jou huis.

    Daar is niks wat alle bakteriee skoon maak nie. Juis omdat ‘n mense bakteriee in enige omgewing kry. Daar sal waarskynlik bakteriee wees wat optimaal in die doder kan groei. Daar is al lewende bakteriee in kook water gekry.

    Sonder bakteriee orals om ons, sou ons baie slegter afgewees het. Ons het bakteriee nodig. Nie alle (of selfs die meeste) bakteriee veroorsaak siektes nie.

  3. demoerin September 6, 2010 at 12:02 nm #

    Dis juis die ding, ek dink al hierdie maak kieme en bakterieë dood dinge is maar net een groot scam wat op mense se fiemies teer.

    Bv… jy was nou jou hande met super dooper seep… maar dan vat jy weer aan die kraan, en dei wasbak, en die deurhandvatsel ens ens. Binne minute is jou hande weer vol kieme en bakterieë

  4. freek September 6, 2010 at 12:42 nm #

    Vrees of phobia verkoop enige iets soos soet koek.

  5. johanna79 September 6, 2010 at 1:41 nm #

    moet ons nie meer bekommerd wees oor daai enetjie wat gesurvive het nie? is hy dan nie die sterkste nie… dan kan ek metsowel die produk gebruik wat 50% dood maak en n vraksie van die prys betaal. daars inelkgeval baie kiem draende dinge wat ons elke dag gebruik wat jy nie eers aan dink om mnr spiere kiemdoder op te gebruik nie.
    ek het so n rukkie terug n baie scary episode van mythbusters gekyk… en ek stem saam met xena jou toilet is die skoonste.
    wat van geld, trap relings, die tamatiesous bottel by die wimpy, selfs die rekenaar sleutelbord waar ek nou op tik… die herriner my, ek wil net gou my hande gaan was. o ja en volgens Jamie en Adam, die ding wat die meeste kieme dra…. DIE LAP OF SPONS WAARMEE JY JOU SKOTTEL GOED WAS!!!!! SO, CHEW ON THAT!!!

    • demoerin September 6, 2010 at 1:48 nm #

      Ja, alles is oortrek daarmee. Dis soos pie teen die wind om van alles ontslae te probeer raak. Dis eintlik nogal snaaks.

  6. Gogga September 6, 2010 at 1:44 nm #

    Mmmm nou wonder ek wat die kiem se naam is want dalk maak die een produk die ander een dood wat die ander een nie dood maak nie en die ander produk maak weer die kiem dood wat die eerste een nie kon nie (hou kop dit maak amper sin in my brein)

    So die voorgestelde plan dan:
    Gebruik altwee want dan is jy veiligste.

    • demoerin September 6, 2010 at 1:48 nm #

      Of spaar jou geld en koop nie een van die twee nie.

      • ekisanna September 6, 2010 at 7:08 nm #

        …en bou natuurlike weerstand op.😉

  7. kaneelsuiker September 6, 2010 at 9:50 nm #

    Baie goeie punte gestel. Die bakterieë wat op ons vel / in ons liggaam natuurlik voorkom skei hul eie antibiotika af wat slegter kieme weg hou. Maak hierdie bakterieë dood, dan is jou vel ‘n oop speelgrond vir enige nuwe kiem.

    Ook die olielaag wat jou vel afskei is vetsure wat kieme weg van jou haar follikels hou. m.a.w. die oplossing vir aknee is nie MEER seep nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: