Gebreekte Speelgoed

8 Sep

Onthou jy jou gunsteling speelding. Daai een wat jy gekoester het van die oomblik wat jy die blink geskenkpapier afgeskeur het? Onthou jy ook die dag wat jy daardie speelding stukkend gespeel het? Die dag toe kleinsus jou Jeep karretjie se wiele afgebreek het… of toe kleinboet vir Barbie ‘n haarsny gegee het? Jy was hartgebroke. My Engelse onnie op skool het ‘n sêding gehad wat dit so beskryf het: “Crestfallen and overtrotten”

Nou dit is hoe ek die staatsdiens sien. Die land en sy mense is ‘n geskenk wat gekoester moet word. Die industrie en publiek se belastinggelde vul die koffers. Hierdie geld moet dan weer gebruik word om in diens van die publiek te staan. Dit is eintlik heel simpel, ek dink enigeen met Standerd 4 (Deesdae Graad 6) sal dit kan verstaan. My gedagtes bevat egter seker heelwat meer hoop as werklikheid, want ongelukkig is alles waar die staat ‘n vinger in die tert het nie heeltemal so suksesvol nie, want hulle vreet die hele tert op.

Onse geliewe Julius, binnekort seker liefdevol bekend as die vasgehaakte plaat, of deesdae eerder die gekrapte CD… het iewers vasgehaak op ‘n woordjie… Nasionalisering. Die myne moet in beheer van die staat kom. Die opbrengste van Moeder Aarde in Suid-Afrika moet ten goede van haar mense wees. Seker nie ‘n te onaardige idee nie, behalwe vir die feit dat ons hier oor Suid-Afrika praat, en niks tot dusver ooit ten goede van al haar kinders was nie.

Ongelukkig hoef mens nie vêr te soek om ten minste ‘n handvol mislukkings te indentifiseer waar die staat die kans gehad het om hul kanse in industrie te waag. Dink byvoorbeeld aan SAL, SAUK en ESKOM. Die myne bly een van die grootste werkgewers, en heel moontlik net so ‘n groot inkomste bydraer tot die staatskoffers. Ek het egter nie ‘n greintjie vertroue dat die staat ‘n suksesvolle industrie soos mynbou susksesvol kan bestuur nie. Hulle seg in Engels, The proof is in the pudding. As mens kyk na die poedings wat die staat tot dusver gebak het, het hulle vrot bestandele gebruik.

Ongelukkig dink ek sien mense soos ons vriend Julius net ongelukkig die dollartekens wat met die industrie gepaard gaan, en besef hulle nie die impak wat ‘n mislukking in die industrie op die land sal hê nie. Ek kan nie glo dat hulle egter glo dat die staat in beheer gestel kan word van ‘n industrie wat nou werk nie, want ongelukkig toon geskiedenis dat die staat nie enigiets suksesvol kan voortsit nie.

Dit is ‘n verregaande idee dat so ‘n blink geskenk in die hande van die staat geplaas kan word.

Advertisements

9 Responses to “Gebreekte Speelgoed”

  1. Girl van die Suburbs September 8, 2010 at 7:52 vm #

    Nasionalisering van myne…Plase weg gee… Media Waghond oor die koerante… Hmmm… Klink soos ‘n plekkie so duskant die grenslyn 😕

    • demoerin September 8, 2010 at 10:36 vm #

      Hehehe, ja hulle leer by die meesters.

      • oggend son September 8, 2010 at 3:50 nm #

        Klink amper weer soos die ou Suid-Afrika, dis net die kleur wat dié keer verskil.

  2. Xena Phoenix September 8, 2010 at 8:57 vm #

    Ek wonder of ou Julius daaraan gedink het dat nasionalisering (met die uiteinde van kommunisme) hom op die einde ook maar net ‘n ploert op staat gaan maak. Maar dan weer . . . . hy het hom nog nooit in sy rykdom verknies oor enige arme nie. In elk geval nie waar daar nie ‘n gehoor was nie.

    • demoerin September 8, 2010 at 10:37 vm #

      😆 Ware woorde… maar hoekom sal mens nou wil dink?

  3. ekisanna September 8, 2010 at 9:24 vm #

    Niks te se oor Nasionalisering of vriend Ju-Ju en sy halusinasies nie, maar wil wel se ek is bly om te sien jy lees ook Thought Leader. Dom Anna het dit maar eers onlangs ontdek, but what a find! Nou gaan ek so bietjie by van die ander Blogs kuier wat op jou lysie is, want sien, die baas is weg en kaas is vandag haar eie baas, so ek kan ook ‘n slaggie, soos van my ander blogvriende(dis nou die wat nie vir die staatsdiens werk nie), in werkstyd die die ‘net surf. :mrgreen:

  4. Knipoog September 8, 2010 at 11:35 vm #

    Hier oorkant die water is ons salig onbewus van al hierdie dinge – hierdie blogstukke laat ons behoorlik dink!

  5. Charms September 8, 2010 at 5:44 nm #

    Soos my Oupa dit sou gesê het – dan’s ons so in ons moer so in ons moer so in ons moer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: