Partykeer

9 Sep

Partykeer weeg ek myself, en dan kom ek so lig voor. Ek meet my menswees, en dit voel of ek vêr te kort skiet. Ek voel so hulpeloos as ek nie alles kan regmaak nie. Partykeer wens ek dat ek alles reg kan toor.

14 Responses to “Partykeer”

  1. Plein September 9, 2010 at 8:08 vm #

    Net soms wens ek jy kan jouself deur die oe van ander sien. Jy is die beste. As ek n towerstafie gehad het sou ek jou laat sien hoeveel ongelooflike mens daar in jou menswees is. Maak dit ooit sin?

    • demoerin September 9, 2010 at 8:54 vm #

      Partykeer voel dit net of my hande afgekap is. En ek weet dit is nie in my vermoë om alles te kan regmaak nie (dis ‘n stupid gedagte), maar dit wil my partykeer nog laat huil van frustrasie omdat ek dit nie kan doen nie.

      Dankie liefie, jy is die besteste.

  2. Xena Phoenix September 9, 2010 at 8:45 vm #

    Dink aan die anderkant. Sou jy kon toor het dalk meer opgemors as wat jy in jou “onmagtigheid” nie kon doen nie.

    • demoerin September 9, 2010 at 8:55 vm #

      Dis ook waar daardie… ek was nog nooit een vir goed uit my kop uitleer nie… ek sou die spells lelik opgemix het😆

  3. Girl van die Suburbs September 9, 2010 at 9:33 vm #

    Hhhmmmm… Jy het daai towerstaffie! Haal hom net uit die boks en stof dit so bietjie af….

    Swaai hom dan sê jy net hardop: “Hope – Faith – Love ”

    Kyk wat gebeur.

    Oh… en soms…. gaan dit gepaard met geduld…. 😕

    • demoerin September 9, 2010 at 12:49 nm #

      Eish… daai geduld ding😆

  4. BB September 9, 2010 at 12:39 nm #

    Kry mans dan ook PMS??🙄
    Staan bietjie terug en kyk mooi. As jy nou jou se beste pel was, DMi… wat sou jy vir DMi gesê het, wonder ekke??

    • demoerin September 9, 2010 at 12:49 nm #

      Kryptonite is in ‘n storie, so ook Merlin… jy issie Superman nie – live with it… of so iets ek dink.

  5. Charms September 9, 2010 at 3:01 nm #

    A-nee-a – ek is seker die enigste plek waar jy te lig weeg is op die skaal.

    Daardie foto van jou maak my nog steeds benoud.

  6. oggend son September 9, 2010 at 3:30 nm #

    Partykeer moet jy net tevrede wees met dit wat jy KAN doen, dit wat jy HET en die beste daarvan maak😉

    • demoerin September 10, 2010 at 6:54 vm #

      Yip. Party dae wil die psige nie vir die brein luister nie.

  7. ekisanna September 9, 2010 at 7:08 nm #

    Ek dink nog steeds dit is die mooiste foto daai. “I am on top of the world, looking down on creation….” en wat daarop volg…. en dit is presies waar jy is DMI en solank jy net dit wat jy kan, regmaak, sal jy daar bly.

    • demoerin September 10, 2010 at 6:53 vm #

      Een van my gunsteling kiekies ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: