Vrydagskool…bak-en-brou

10 Sep

Ek is nie net lief vir somer oor die weer nie. Ek is nie net lief vir somer oor die swembaddens, braai en meisies-in-bikinis nie. Ek is ook lief vir somer want ek is gek oor Waatlemoen.

Vandag gaan ons so bietjie bak-en-brou ideetjies deel. My gunsteling somersnack word soos volg aanmekaargeslaan….

Sny die waatlemoen in blokkies van so 3-4cm. As jy so lui is soos ek koop jy sommer die klaargesnyde blokkies by Fruit & Veg. Gooi die blokkies in ‘n bak wat goed seël en sprinkel Vodka oor. Laat dit oornag, of vir ten minste 4 tot 5 ure week, en skud die bak gereeld. Net voor jy die snacks wil geniet, vat repies Parmaham (Prosciutto) (ek weet dit is duur, maar daar is ongelukkig geen ordenklike, goedkoper plaasvervanger nie) en draai dit om die waatlemoen blokkies. Een repie ham behoort genoeg te wees vir ten minste 2 blokkies waatlemoen. Steek dit met ‘n tandestokkie vas en GENIET! Terwyl jy die Parmaham omdraai kan jy sommer die Vodka en Waatlemoensap mengsel uit die bak op ys geniet! WHOZA SUMMER!!

Kom kom! Deel met ons daai vinnige somersnack reseppie!

18 Responses to “Vrydagskool…bak-en-brou”

  1. Xena Phoenix September 10, 2010 at 8:43 vm #

    Braai is lekker – enige tyd van die jaar. Alhoewel, Sushi in die somer is ook ‘n treffer. Ek sal dit nou nie self voorberei nie. Dus is my resep:

    Spring in jou kar en ry na die naaste seekosrestaurant. Viola.

  2. PlaasJuppie September 10, 2010 at 8:57 vm #

    Ek kan braai en ek kan ‘n amarula-op-ys sundowner maak. Dit is omtrent die omvang van my snack maak ondervinding.

    Ek het egter een secret-never-fail reseppie. Hy werk so:

    Lyfieeeeeeeeeee! Is daar nie iets lekkers om te kou nie? Wag tien minute.

  3. koeksister September 10, 2010 at 9:06 vm #

    My brein haak die heeltyd vas by daardie watertand-kiekie van die waatlemoen, kan nou glad nie verby dit dink aan enige resepte nie😉

  4. Gogga September 10, 2010 at 1:03 nm #

    Ok hier is een van myne.
    Vat ‘n piesang en en sny sy punte af.
    Sit die piesang dan op ‘n roomys stokkie en dip dit in heuning/stroop en dan crushed neute.
    sit hulle in die yskas en dan eet jy later lekker.

    Ek belowe dit is nie net ‘n goeie resep vri ‘n verwagtinde vrou nie.

  5. BB September 10, 2010 at 1:39 nm #

    Ek looooooooove waatlemoen! En ek loooooooove Vodka! En ek loooooooove somer! en swem en braai!! Gedink ons is dalk ‘n tweeling😯 maar nee… ek love nie meisies-in-bikinis nie… sjoe!!! Ek’t nou groot geskrik!!:mrgreen:

    • oggend son September 10, 2010 at 1:53 nm #

      Drieling! – ek luuvvv ook al daai, behalwe die meisies in bikinis. Maar wat van mans in … speedo’s?

  6. BB September 10, 2010 at 1:45 nm #

    Oja – ‘n reseppie:
    kry pitlose druiwe, sny suurlemoenskywe in kwarte, enige berries by Woolies ook – spoel af, skud effe droog en gooi in leë 2-liter roomysbak (jinne hoe’t ek die leë roomysbakke van die somer gemis!!!) Vries oornag. Gebruik in plaas van ys….

  7. oggend son September 10, 2010 at 1:52 nm #

    Lekkerrrrrrrrrrr! Gelukkig is ek die enigste een in my huis wat waatlemoen eet. So ALS is myne😈

  8. johanna79 September 11, 2010 at 10:54 vm #

    hoe water my mond sommer, wat is dit met al my blog maaikies wat resepte uit deel… DMi as jy van waatlemoen hoe, probeer dit volgende keer as jy griekse slaai maak, ipv tamatie, vervang met waatlemoen… vrugte inslaai??? ja, ja ek weet, dit klink nie of dit kan werk nie maar dit doen… waatlemoen en shampanje werk ook… jy kan ook h heel waatlemoen vat en n gaaitjie bo in maak, so groot soos n vodka bottel se nek en dan die bottel daar in druk laat dit vodka die waatlemoen goed dous oor nag en die volg middag is hy gereed om gesny te word…

    • demoerin September 13, 2010 at 6:49 vm #

      uh uh… daai waatlemoen en feta is een van my gunstelinge.

  9. stefaniewerth September 12, 2010 at 7:45 vm #

    Al die waatlemoen en wodka resepte klink fantasties. Ek kon egter nie lekker konsentreer na die mans in speedos kommentaar van oggendson nie – ek hoop dit was ‘n grappie. Dis al van somer wat my totally uitgross – okay, behalwe swemmers soos Ryk Neethling en daai manne.

  10. Monique September 20, 2010 at 10:18 vm #

    Blokkies waatlemoen en feta saam met rooi uie….squeeze lime juice daaroor….njammies slaai!🙂

    • demoerin September 20, 2010 at 10:33 vm #

      Ek hoop dis gesond.. want ek kon sweer ons is eintlik almal op een of ander pre-wedding diet😆

  11. Son September 20, 2010 at 1:18 nm #

    pre – wie se – wedding😯 ???

    • demoerin September 20, 2010 at 2:41 nm #

      Monique se wedding… ek is ‘n gas wat ook in my pak moet inpas😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: