Die bakhand word gevul….

13 Sep

F is vir "FAIL"

Ek wonder waar steek hierdie kak nou weer sy kop uit? Is dit die voorbeeld van die ouer garde? Ons dans en sing tot ons ons sin kry? Ek moes geweet het dit gaan iewers in die jeug vassteek, en weereens is daar net ‘n nuwe generasie wat glo dat staak, of in deesdae se mooi woorde – industriële aksie, jou in die sak bring wat jy wil hê. Jy hoef nie te werk vir erkenning nie, jy hoef nie goeie werk te lewer vir jou verhoging nie… en nou ook, jy hoef nie te werk vir jou punte nie.

Vrydag is ‘n hele klomp hoërskoolleerlinge uit die Parys omgewing gearresteer na hulle optogte in die strate, en hulle vandalistiese optredes by skole. Hoekom? Want hulle het verlede Donderdag hul vraestelle opgeskeur en daarop aangedring om 25% pasella punte op toetse te verdien.

Ek weet die onderwysers het gestaak, en daar was ‘n moer lange SWC vakansie gewees, maar dit is geen rede vir sulke optrede nie. ‘n Heel nuwe generasie is besig om al klaar die unies se voorbeelde te volg, selfs al is hulle nog op skool. WDF?

‘n Leerling wat wil deurkom sou gedurende daardie vakansie en staking seker gemaak het hulle doen hersiening of werk deur ou vraestelle, of dat hulle die gereëlde groepsonderrig bywoon vir hersiening, wat wel oral gereël was deur onderwysdepartemente terwyl die staking aan was.

Maar nee…. dit was mos ‘n lekker 3 weke pasella vakansie. 25% ? Ek het nog nooit van sulke crap gehoor nie.

18 Responses to “Die bakhand word gevul….”

  1. Xena Phoenix September 13, 2010 at 8:11 vm #

    Dit is nog niks

    Ek het iewers oor die naweek gelees van ‘n student wat US wil dagvaar nadat hy uit sy kursus geskop is omdat hy 3 keer ‘n vak gedop het.

    Die ou is ‘n M.Med student. Dit beteken dus dat hy al reeds ‘n dokter is wat op pasiente losgelaat kan word. Hy wil nou ‘n radioloog word en het sy fisika ‘n paar keer gedop.

    Hy voer nou aan dat dit nie noodsaaklik is vir sy beroep van radioloog nie en hy dus nie daarop gepenaliseer kan word nie.

    Ek sidder as sy aansoek slaag.

    • demoerin September 13, 2010 at 8:38 vm #

      Ek lees ook daai ding vanoggend… en skud maar net my kop.

  2. Roer September 13, 2010 at 9:58 vm #

    Lekker in Afrika.

  3. ekisanna September 13, 2010 at 10:55 vm #

    Dink julle 25% pasella so Malema gehelp het met die houtwerk? :mrgreen:

  4. Adam September 13, 2010 at 11:03 vm #

    Ja nee kyk, stilbly is seker ook ‘n antwoord (aangesien ons punte MOET kry vir dit)

  5. PlaasJuppie September 13, 2010 at 2:21 nm #

    …en seën my ma, en seën my pa…
    Send in the clowns, for the circus is in town

  6. oggend son September 13, 2010 at 2:24 nm #

    en seën die ape in Afrika!

    Weet jy dat daar deesdae verskillende toelatingsvereistes is vir elke ras vir sekere kursusse op Universiteit, soos medies byvoorbeeld? So, as jy nie wit is nie, kan jy maar ‘n dommer dokter wees? WTF!

    • demoerin September 13, 2010 at 4:19 nm #

      Dis die groot probleem son. Die kennisgaping tussen skool en varsity raak net al hoe groter. 3/4 kan nie die eerste jaar maak nie… en word dan deurgesit. Scary, maar true. Ek ken prof wat sê hulle sit met klomp studente wat nie eers ordenklik kan kommunikeer nie… wat nog van toetse skryf. SAD!!

  7. johanna79 September 13, 2010 at 4:04 nm #

    as hulle 25% eie moet die skole elke keer wat hulle n stay away hou 25% af trek wat van di kinders wat slip??? Kan ons sommer daar ook punte af trek… Ons onnie het plan gemaak hier om skool te gee met die staking en daar was wragtag nog kinders wat geslip het… Ons hoërskool se matriek afskeid is na n week later geskyf agv die staking, ons skole maak plan…. En wat van al die ander daai toe die swb nie aan was nie en hulle nie gestaak het nie… Was daai parys leerlinge toe elke dag by die skool en in elke klas… Ek stem hulle kon daai vakansie en die tyd af nog by die huis hersieninggedoen het… Die een meisie wat vakansies in die restaurant help het daai hele vakansie elke dag hersienning gedoen terwyl ons stil wass… Hulle f*&$€% gatte jy kry nooit iets vir niks in hierdie lewe nie… Hulle ouers moet hulle dalk n slag beet kry en hulle goed moer… Geen respek nie…

    • demoerin September 13, 2010 at 4:20 nm #

      Presies. As hulle regtig wou, het hulle ‘n plan gemaak. Maar dei aftyd is mos te lekker, en dan as die paw-paw die fan strike is daar mos iemand anders om te blameer.

  8. johanna79 September 13, 2010 at 4:09 nm #

    anna, ja haha hoe verwag hy moet hy dan die kabinet maak??? Haha

  9. Johan Swarts September 14, 2010 at 9:55 vm #

    ugh

  10. Charms September 15, 2010 at 8:26 vm #

    Dis pateties verby. My neef se kind wou ook medies gaan swot en is afgekeur, maar sy buurman wat deurgeskuur het op skool is aanvaar 😯 Ek sal in die vervolg maar aandring op ‘n “not-previously-disadvantaged” dokter.

    Ek stem saam met jou dat ‘n kind wat wil slaag ‘n plan sal maak. By Rooikop se skool was daar onderwysers beskikbaar en hulle het werkkaarte en hersiening gedoen terwyl die ander “onderwysers” die “dance of destruction” gedoen het.

    Dis ‘n nice voorbeeld vir die kinders – ‘n “upgrade” op die vloermoer om dan te sien wie gee eerste in.

  11. Girl van die Suburbs September 15, 2010 at 8:57 vm #

    Ek het geen simpatie met geen iemand wat deur die staking geraak is nie… (Behalwe vir die hospitaal gevalle)

    Onderrig begin by die huis. PUNT! As jou bloedjie se skool deur die staking geaffekteer is dan maak jy as ouer plan. Jy ketting jou kind aan die kombuistafel vas en jy maak hom swot en opsom… Die agterstand sou nie naastenby so groot gewees het as elkeen sy kant gedoen het nie.

    • Vlam September 15, 2010 at 8:39 nm #

      Haai, Girl! 😯
      Dis darem nie soooo maklik nie. Onthou, meeste ouers werk albei, en dis flippen moeilik om ‘n tiener vas te ketting. Ek stem, ouers het ‘n verantwoordelikheid, maar op die ou einde is ons nie onderwysers nie. Ek is net gelukkig dat daar by my kind se skool net een dag gestaak is.

      • demoerin September 16, 2010 at 7:10 vm #

        Vlam, ja dit is die onderwyser se taak. Maar enige matriekleerling wat besorgd is oor sy laaste jaar in skool sal plan gemaak het om self hersiening te doen, hulle is nie meer 10 jaar oud nie… en daarom steek dit my dwars in die krop dat hulle pasella punte as gevolg van die staking wil hê.

      • Girl van die Suburbs September 16, 2010 at 8:04 vm #

        Ahem … ja dis seker maklik van my om te oordeel oor ek nie kinders in die onderwys stelsel het nie 🙄

Lewer kommentaar op johanna79 Kanselleer antwoord