WEW…123 van 987

14 Sep

Sekere dinge maak net nie sin nie. Ek weet dit is seker maar net simpel vraag-en-aanbod ekonomie…maar

Ons praat die ander dag oor sekere kledingstukke se pryse wat net nie sin maak nie… ‘n denimbroek kan by verskeie winkels gekry word vir onder R100, en by meeste vir onder R150. MAAR ‘n paar denim baggies kos ten minste dubbel soveel as hulle vollengte neefs.

Blykbaar het die dames ‘n nog erger probleem met bikini’s. Dit maak net nie sin nie!

7 Responses to “WEW…123 van 987”

  1. Plein September 14, 2010 at 10:27 vm #

    Hoe minder die item moet toemaak hoe meer betaal jy.

    • demoerin September 14, 2010 at 12:18 nm #

      Bwahahaha, miskien is daar een of ander vleesbelasting wat ons nie van weet nie 😆

  2. Xena Phoenix September 14, 2010 at 10:52 vm #

    Nie juis dat ek iets weet van naaldwerk nie, maar soos ek verstaan is dit nogal baie moeilik om onderklere (baie spesifiek ‘n bra) te maak. Dit is hoekom dit duurder is.

    Ek persoonlik kan nie dink dat dit moeiliker is om ‘n baggy te maak as ‘n langbroek nie. Nie juis dat ek sal weet nie. Dalk moet hulle nog vir die ontwerp vir ‘n baggy betaal. 😉

    • demoerin September 14, 2010 at 12:17 nm #

      Ek kan dalk van die bra verstaan ja…..
      Is ‘n baggy nie maar net ‘n kort langbroek nie?

      • Xena Phoenix September 14, 2010 at 12:45 nm #

        Jy kan altyd gaan leer hoe om dit self te maak en ons kom vertel? 😉

        Ek sal dink dit is dalk makliker as ‘n langbroek, maar asb! Ek gorrel net.

  3. Girl van die Suburbs September 15, 2010 at 8:49 vm #

    Hmmmm… Ek dink dit daar is verskeie faktore wat die prys bepaal…

    * Detail – is daar ekstra stikwerk, sakke en knope en nate?
    * Is die item weer ‘n show stopper die seisoen?

    Persoonlik dink ek hulle gebruik dalk meer lap vir ‘n baggy… Hy word losser gesny en dus het jy in wydte meer lap nodig as in lengte?

    Nee wag… Ek weet nie 😐

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord