Vrydagskool…Phobia101

17 Sep

Fobies….. is ‘n soms irrasionele, dikwels intense en amper altyd konstante vrees vir seker situasies, aktiwiteite, dinge, diere of mense. Ek het nog altyd hieroor gewonder, want ek glo nie ek het enige fobies nie.

Dit is ‘n lang woord. Dit is eintlik skreeusnaaks dat die vrees vir lang woorde, Hippopotomonstrosequipedaliophobia, ‘n mamoerse lang woord is.

Sekere fobies maak vir my sin, byvoorbeeld vir diere, hoogtes of water. Ander kan ek net nie verstaan nie, en sommige kan regtig ‘n negatiewe inpak op jou sosiale lewe hê. Neem byvoorbeeld Ablutophobia (vrees vir bad/was) en Venustraphobia (vrees vir mooi vrouens).

Anthophobia… vrees vir blomme. Ek kan sommer al ‘n hele Casper show oor die een voorstel. Ek stel al in my geestesoog voor die linies gewapende ninja-papawers. Chorophobia – ja, ek kan verstaan dat daar mense is wat 2 linkervoete het, en liewers nie moet probeer dans nie – maar ‘n VREES hê vir dans?

Tegnologie het ook ‘n paar oor die jare bygevoeg. Ly jy dalk aan Nomophobia… die vrees om sonder selfoonkontak te wees? Ek wonder of daar een is vir in kontak wees. Ek HAAT ‘n foon. Maar dis seker anders as vrees.

Ek probeer die persoon voorstel wat aan Panphobia ly… yip, Pan soos in alles. ‘n Vrees vir alles. Sjoe!

Maar ek dink ek het dalk nou ‘n vrees in myself opgespoor. Ek is bang dat ek dalk ‘n fobie mag hê waarvan ek nie weet nie, ja daar is ‘n woord vir dit… Phobophobia

Advertisements

16 Responses to “Vrydagskool…Phobia101”

  1. Xena Phoenix September 17, 2010 at 8:35 vm #

    Nou wonder ek – was sal die vrees wees om Hippopotomonstrosequipedaliophobia verkeerd te spel?

    • demoerin September 17, 2010 at 9:30 vm #

      Yip… vrees vir spelfoute is Ortographobia.

  2. Charms September 17, 2010 at 8:41 vm #

    Gelukkig sorg Venustraphobia seker dat elke pot ‘n deksel kry 😉

  3. Girl van die Suburbs September 17, 2010 at 10:05 vm #

    Ek het Renaultophobia! :mrgreen:

    In alle erns… Ek ly aan Herpetophobia. As ek ‘n akkedis sien dan gooi ek Oscar in daai rigting en maak die deur toe dat hy hulle uitsort!

    Daar is miljoene fobies… kyk by http://www.phobialist.com/

    • PlaasJuppie September 17, 2010 at 10:42 vm #

      Kan jy nie vir oscar (of ‘n 4 meter krokkodil met die naam oscar) in die dealer principal se rigting gooi en die deur toemaak dat hulle dinge uitsort nie?

    • demoerin September 17, 2010 at 1:14 nm #

      😆 @ Renaultophobia

  4. PlaasJuppie September 17, 2010 at 10:45 vm #

    Nosocomephobia is an overwhelming, irrational fear of hospitals
    En toe moet ek gaan vir ‘n prosedure…

    • demoerin September 17, 2010 at 1:13 nm #

      Ek dink George se afskeid was die moeite werd.

      • PlaasJuppie September 17, 2010 at 1:59 nm #

        Maklike keuse, the lesser of two evils

  5. ekisanna September 17, 2010 at 6:04 nm #

    Het julle dit hardop probeer lees? Ek het en my tong is in spalke.

  6. johanna79 September 17, 2010 at 7:30 nm #

    ek het net een fobie…Agateophobia- ongelukig het dit my klaar oor gekom maar dalk kan julle julle self nog red

  7. johanna79 September 17, 2010 at 7:33 nm #

    Alektorpieophobia my ander een… ther fear of making chicken pies… ek kry dit elke week op diselle tyd… 9uur op n woensdag oggend… ek vrees altyd dat my naam getrek gaan word om die week se hoender pasteie te maak… haha

  8. johanna79 September 17, 2010 at 7:36 nm #

    gehoorvan van die skoenlapper wat aan Anthrophobia gely het? hy’t die lente gehaat…

  9. johanna79 September 17, 2010 at 7:43 nm #

    Anuptaphobia nog een waar aan ek nogal ly
    Apiphobia een waaraan ek regtig ly… ek haat bye
    Asthenophobia noudie aand op wizzards het harper gese sy het n vrees van fainting… dit bestaan
    whats the fear of forgetting now again, i always forget…

  10. demoerin September 20, 2010 at 9:23 vm #

    Genugtig Johanna… nou spin my kop ook sommer 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: