Tevrede

20 Sep

Ek sit vanoggend met hierdie aardige gevoel. Ek dink ek kan die lable “tevrede” daarom hang. In Engels klink dit half kragtiger, content. Ek voel soos ‘n kat wat ‘n piering room in die middagsonnetjie gelê en oplek het…. en nou gaan ek bietjie my oë rus. Ek dink soms noem mense dit ook hemels.

En ek probeer dit uitpluis, want sekerlik moet alles tog iewers ‘n oorsprong hê? Selfs magtige riviere begin iewers. 

Dalk is dit die 4 dag werkweek wat voorlê? Nasionale Braaidag op Vrydag? Die heerlike warm, sonskyn weer? Ware vriende? My skoon kar? Om lief te wees vir ‘n girl? Die wete dat die girl vir jou lief is?

Ek dink dit kan moontlik ‘n kombinasie van al hierdie vreugdes wees. Daar is soveel dinge om voor dankbaar te wees. Soveel mense om ons wat ons lewens verryk. Maar daai girl, daai girl. Ek dink sy het die grootste aandeel.

19 Responses to “Tevrede”

  1. toortsie September 20, 2010 at 9:19 vm #

    Geniet dit!!! Koester dit!!

    • demoerin September 20, 2010 at 10:43 vm #

      Yip. Nuwe geluk is nie om elke hoek te vinde nie.

  2. Charms September 20, 2010 at 9:24 vm #

    Die liefde het ‘n manier om ons alles te laat sien met ander oë.

    Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.

    ~ C.J. Langenhoven

    • demoerin September 20, 2010 at 10:42 vm #

      Dis mooi woorde daai van oom Langenhoven

  3. Girl van die Suburbs September 20, 2010 at 9:35 vm #

    Oe wolk-lieries hier is mal oor daai kiekie!!!

    • demoerin September 20, 2010 at 10:45 vm #

      Ek like hom ook nagal.

  4. Xena Phoenix September 20, 2010 at 10:34 vm #

    Wat meer kan ‘n mens van die lewe vra?

    • demoerin September 20, 2010 at 10:46 vm #

      Net so Xena. Mens worry baie oor die baie wat jy nog wil hê, en dan het jy reeds al so baie meer as ander.

  5. PlaasJuppie September 20, 2010 at 1:08 nm #

    Tevrede is ‘n underrated emosie, maar as jy dit eers gesmaak het…

    • demoerin September 20, 2010 at 2:42 nm #

      Yip, dis soos ‘n perfekte, stroopsoet, yskoue stukkie waatlemoen.

  6. Gogga September 20, 2010 at 1:24 nm #

    Lieflike gevoel. Nog beter as jy so stil kan sit en hom geniet. Dit is ‘n ware kuns omdat in vandag se mal lewe die oomblike baie gou by ons kan verby glip.

    • demoerin September 20, 2010 at 2:43 nm #

      Ja, ons maak nie genoeg tyd vir stilsit en geniet nie.

  7. Son September 20, 2010 at 2:38 nm #

    Tevrede is goed. My oupa het altyd gesê alles met te- by, is nie goed nie, behalwe TEvrede😉

    • demoerin September 20, 2010 at 2:42 nm #

      Jou Oupa was wys gewees.

  8. kaneelsuiker September 20, 2010 at 6:02 nm #

    Ek weet hoe moeilik dit is om iemand te vind wat jou net so lief het soos jy vir haar. Dit is myns insiens ‘n wonderwerk. Treasure every moment!

    • demoerin September 21, 2010 at 7:54 vm #

      Ek haat vir Kurt… maar partykeer voel dit ek wil Hemel op Tafelberg fluit😆

    • Andrew September 23, 2010 at 9:31 nm #

      Nee.

  9. BB September 21, 2010 at 7:32 vm #

    Contentment is nogal mind-boggling sometimes… die boemie-antie in die parkie oorkant die straat is elke liewe dag truly content… sy raak net discontent as ek haar vra om haar ‘erf’ bietjie skoon te maak en vir haar 2 tuinvullissakke in die hand stop as sy kom bedel sodra ek by die huis stop. Dan bied ek haar nogal R20 per VOL sak aan!🙄 maar oor die algemeen lyk daai vir my na die mees content persoon wat ek ken:mrgreen:

    • demoerin September 21, 2010 at 7:55 vm #

      Yip, partykeer het mens nie goed nodig om content te wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: