Kinders van Afrika…James & Jack

22 Sep

Ons begin met ‘n nuwe reeks…. interessante mense wat spore in die stof van hierdie land aan die suide van Afrika gelos het….geniet!

Gedurende die laat 1800’s is die spoorlyn tussen Kaapstad en Port Elizabeth ge-open. James Wide was aangestel as ‘n wag deur die Cape Government Railways op Uitenhage. James was bietjie van ‘n celeb in die dorpie, en ook bekend as Jumper, omdat hy so vlugvoetig tussen treine en waens kon spring en swaai. Die noodlot het egter ingetree, en Jumper het een dag gegly en onder ‘n trein beland. Hy het albei sy bene, asook sy werk verloor.

Nie een wat sommer gaan lê nie, het James vir homself kunsbene met houtpale gefrabiseer en so sy werk teruggekry. Hy het ook vir homself ‘n spoorlyn-trollie gemaak waarmee hy die paar honderd meter van sy huisie tot by die sinjaalkantoor kon beweeg. Dit was een Saterdagoggend in die dorpsplein wat James ‘n besonderse voorloper van ‘n ossewa ontmoet het, en ‘n ongelooflike vriendskap gesmee is.

Die voorloper was ‘n besonders intelligente bobbejaan met die naam Jack. James het Jack se eienaar oorreed om die bobbejaan aan hom te verkoop. James het sommer dadelik aan die werk gespring, en vir Jack geleer om hom op die trollie rond te stoot, en dus die rondbeweeg ten minste ‘n bietjie makliker te maak. Jack het vinnig geleer dat hy die trollie net by die opdraendes hoef te stoot, en dat hy kan opspring en saamry met die afdraendes.

Een van James se take as sinjaalman was ook om as die trein verby kom, ‘n sleutel vir die steenkoolskuur aan die drywer aan te gee. As ‘n drywer moes steenkool oplaai sou hy die fluit van die trein 4 keer laat fluit. Jack het dit fyn dopgehou vir ‘n paar dae, en een dag toe hy die 4 fluite hoor, opgespring, die sleutel gegryp en dit vir die drywer gaan aangegee. Soos die weke aangegaan het, het James ook begin om vir Jack te wys hoe om die sinjale, na aanleiding van die verskillende fluite te verander. Jack het dit ook vir ‘n rukkie dopgehou en James het besluit om hom te toets. Jack het vir weke lank die sinjale verander, sonder om een fout te maak.

Jack en James het sommer vinnig Uitenhage celebs geword, en die mense wat op die treine verbygaan het sommer gereeld vir hom kos en peuselhappies gegooi wat hy sommer maklik-maklik gevang het. Dit het egter natuurlik toe eendag gebeur dat ‘n belangrike dame uit die Kaap daar verby is met die trein, en in ‘n uiters geskokte toestand die storie aan die Cape Government Railways gerapporteer het.

Natuurlik is haar storie in die Kaap eers as nonsens weggewys, maar toe hulle eers begin rondvra, het hulle agtergekom dat daar wel waarheid in steek. Hulle is toe op die trein uit die Kaap uit om ondersoek te gaan instel, en het James sommer summier met hul ankoms in Uitenhage afgedank. James het weereens vir homself en Jack gepleit. Of dit blote nuuskierigheid was, weet niemand nie, maar die inspekteur het ingestem tot ‘n toets.

Jack is oor en oor getoets met verskillende seine en kombinasies, en het elke keer dit reggekry sonder om ‘n fout te maak. Van daardie dag af was hy bekend as Jack the Signalman, en het hy sy maandelikse rantsoene van die staat afgekry… hy het selfs sy eie personeelnommer gehad. Ek moet bysê dat die rantsoene nie net uit kos bestaan het nie, maar dat Jack ‘n besonderse voorliefde vir goeie Kaapse brandewyn gehad het – waarvan hy een bottel op ‘n naweek gekry het, wat hy sommer met een teug leeggedrink het.

Jack het ongelukkig in 1890 tuberkulose gekry, en is binnekort daarna dood, en het daar ‘n einde aan ‘n baie besonderse nege jaar vriendskap tussen man en dier gekom. Jack se skedel kan vandag nog in die Albany Museum in Grahamstad gesien word.

16 Responses to “Kinders van Afrika…James & Jack”

  1. Girl van die Suburbs September 22, 2010 at 9:39 vm #

    Wat ‘n cool bobjaan is dit nie! Ek wonder of ek vir Oscar oor sulke tricks kan leer? 🙄

    • demoerin September 22, 2010 at 11:11 vm #

      Karwas sou ‘n goeie begin wees😆

  2. Xena Phoenix September 22, 2010 at 10:17 vm #

    Dit is so cool!!! Waar het jy dit uitgekrap?

    Hopelik het hulle nie vir James weggejaag toe hulle agtergekom het enige aap kan sy werk doen nie.

    Ek het amper my tong ingesluk omdat James sy werk verloor het na ‘n ongeluk aan diens. Hy sou vandag die hele spoorweg daaroor ape kan maak.

    • demoerin September 22, 2010 at 11:12 vm #

      Jy weet mos ek is dik pelle met google en wiki😆 Watch this space….

  3. leonvonmoltke September 22, 2010 at 10:50 vm #

    Dis ‘n baie nice storie!

    (Laat my dink aan die grappie van die 2 boemies wat besluit om sommer op die spoor te slaap een nag. Deur die nag kom ‘n trein verby en ry een boemie middel drie. Volgende oggend sê die ander boemie: “Kom tjoppies, dis tyd lat ons aanstap stasie toe!”)

  4. johanna79 September 22, 2010 at 8:56 nm #

    laat my dink aan die hond JUST NUSENSE wat n matroos was..

    • demoerin September 23, 2010 at 7:04 vm #

      Ek like daai storie ook baie.

  5. Anna September 23, 2010 at 5:21 vm #

    Eerste keer dat ek hierdie stukkie “geskiedenis” hoor en nou kan ek nie wag vir die volgende aflewering van Kindrs van Afrika nie. Lyk my hier gaan ons lekker kuier.

  6. Charms September 23, 2010 at 2:33 nm #

    Dis nou ‘n interessante storie – dankie.

  7. demoerin September 23, 2010 at 2:35 nm #

    😆 Al wat ek kan see is hou hierdie spasie dop… ek spoor stories oor die interessantste mense op.

  8. Marius September 23, 2010 at 3:03 nm #

    nice – jy moet tog try uitvind hoe kry ‘n “kind” van Afrika dit reg om met ‘n “F” vir houtwerk so gou ‘n R250k horlosie en ‘n huis van R2m plus te kan bekostig ….

    • demoerin September 23, 2010 at 3:11 nm #

      Nee man, ons praat nie van irriterende kinders nie, ons praat van interessante kinders😆

    • Marius September 23, 2010 at 3:13 nm #

      .. of is dit waar familie in hogere poste al begin voorsiening maak het vir die agtergeblewenes …. lol

  9. johanna79 September 24, 2010 at 9:42 nm #

    was mal oor hierdie stukkie geskiedenes

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: