En nou weer André….

4 Oct

Elke keer as ek lees van iemand wat selfmoord gepleeg het, of gepoog het, kry ek so ‘n beklemming om my hart. Ek wil ween vir so ‘n vermorste lewe, want ek kan dit nie verstaan nie.

Selfmoord is heeltemal buite my verwysingsraamwerk. En omdat ek dit nie verstaan nie, maak dit my nie net hartseer nie, maar ook briesend kwaad. Hoe kan jy besluit om die gawe van lewe, ‘n biologiese wonderwerk, net so op te gee?

Dit is soos om ‘n blinkrooi Ferrari as verjaarsdagpresent te ontvang. Jy vat hom natuurlik vir ‘n rit. Jy parkeer by ‘n uitkykpunt op die Long Tom Pas. Die uitsig is asemrowend, en jou rooi Ferrari pryk pragtig in ‘n digitale foto met die grasgroen vallei in die agtergrond.

Die volgende stap is om die handrem los te maak, en die droomkar ‘n hupstootjie oor die afgrond te gee. Jou laaste foto van jou bloedrooi Ferrari is ‘n vuurbol vlamme.

Ek kan dit nie verstaan nie, om te lewe is ‘n droom. Dit is ‘n wonderwerk.

In enige slegte situasie, maak ek myself altyd wys ek is nie alleen nie. Daar is mense wat voor my al daardie hekkie oorkom het, daar is mense wat tans besig is om daaraan te werk… en daar sal mense wees wat daardie hekkies sal moet oorkom in die toekoms.

Nie net het ek ‘n verantwoordelikheid teenoor myself, om die meeste te maak van hierdie gawe, LEWE, wat ek ontvang het nie, ek het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor geliefdes… en ‘n verantwoordelikheid teenoor alle mense wat in die toekoms met daardie selfde tammeletjies gaan worstel. My verantwoordelikheid teenoor hulle is die voorbeeld wat ek aan hulle stel dat ‘n probleem oorkom kan word.

Soos ek sê, ek verstaan dit nie, maar dit maak my tog bitter hartseer. Ek verstaan dit nie, want dit lyk na die maklike uitkoms. Die mens is van sterker stoffasie as dit gemaak…. en dit is nou al oor duisende jare bewys.

16 Responses to “En nou weer André….”

  1. Twilight Oktober 4, 2010 at 9:35 vm #

    Nee, ek verstaan dit ook nie. Daar is soveel mense wat enigiets sal gee vir nog net een dag. Mense wat ongeneeslik siek is (sommige met klein kinders wat hulle nog bitter nodig het) of mense wat voortydig in ongelukke sterf.

  2. Girl van die Suburbs Oktober 4, 2010 at 9:55 vm #

    Die hele kwessie aangaande selfmoord nou op sy geskuif…..

    Hoe op aarde met sy arme vrou voel oor die infidelity en dan die feit dat hy nie mans genoeg is om te neem wat sy kant toe kom wanneer hy uitgevang word nie.. hy is ‘n LAFAARD!!!

    Ek persoonoik dink nie hy wou regtig dood gaan nie, dit was net ‘n plooi om sy vrou se wrath te versag. As jy so ‘n hoë seksdrang het om by al wat leef en beef te slaap ly jy verseker nie aan depressie nie.

    Kan nie glo dit word eers as nuuswaardig beskou nie.

  3. Vlam Oktober 4, 2010 at 10:34 vm #

    Hmmmm…

    Ek wetie. As ek Andre was, sou ek seker ook selfmoord oorweeg het. Ek meen, daar is niks, maar NIKS, wat hy kan doen of se wat dit enigsins beter gaan maak nie. En hy gaan vir altyd daarvoor onthou word. Nes Joost.

    Ek kan nie verstaan hoe ons sportmanne – ikone/helde – dink hulle kan doen wat hulle wil nie. Het hulle koppe so groot geword dat hulle dink hulle is onaantasbare godjies? Dit wil voorkom asof dit ‘n siekte onder hulle is. Siesa!

  4. Skoor Oktober 4, 2010 at 11:49 vm #

    Die poepol wou nie selfmoord pleeg nie. Hierdie daad is net so kinderagtig soos die feit dat hy IN ‘n huwelik, sy vrou SWANGER, steeds fokkol voel en geen respek teenoor God, haar, en HULLE belofte het nie.

    Hy is ‘n klein misbaksel wat verdien om sy ballas met ‘n bat bygekom te kry!

    Sorry, maar ek is so siek en gatvol vir hierdie scenarios wat dag vir dag ‘aan die lig kom’ en Vlam, dis ongelukkig nie net die famous mense wat met hulle anatomie gepla is nie! Ek sweer dis iets in die water. Dit maak my naar.

    Andre, drink volgende keer 40 Panado’s en gaan ry ‘n entjie hoor! POEPOL!!!

  5. PlaasJuppie Oktober 4, 2010 at 1:34 nm #

    Vatso Suid Afrika. Daar staan nog een van ons godjies op sy verhogie. Aanbid hom.

    As jy wil “selfmoord” pleeg omdat jy uitgevang is, be my guest. Jou doen waarskynlik jou swanger vrou ‘n guns. Dwis.

  6. Spear The Almighty Oktober 4, 2010 at 2:43 nm #

    Ek dink as jy daai stadium bereik dan werk alles nie meer soos dit moet daarbo nie. Bie dat dit ‘n verskoning is nie.

  7. Son Oktober 4, 2010 at 3:18 nm #

    Ek het nie eers geweet die ou het probeer selfmoord pleeg nie. Ek het nog vanoggend gelees hoe hy rondgefok het en gelieg het en net die indruk gekry hy is eintlik net jammer hy is uitgevang, want nou wil hy kastig net hê alles moet net verby wees. Hy moes flippin daaraan gedink het toe hy nie sy gat op sy plek kon hou nie. Ek het GEEN simpatie vir sy selfmoordplegery nie.

    • johanna79 Oktober 4, 2010 at 8:55 nm #

      wys jou hoe min stel ons belang in die nuus, ek ook nie… van dat jonasL.A begin het is en permanent op 303… maar shit… nout ek eers n knop in my keel…

      • demoerin Oktober 5, 2010 at 6:52 vm #

        Hehehe, ai toggie, daai Disney Channel… ek kyk so af en toe daardie familie van Wizards😆

  8. Charms Oktober 4, 2010 at 6:11 nm #

    Die enigste rede hoekom hy nou so “down” is, is omdat hy uitgevang is. Geen simpatie nie. Dwis.

  9. Xena Phoenix Oktober 4, 2010 at 8:10 nm #

    Dit is in elk geval snot om te wil selfmoord pleeg oor die ongeluk wat jy self veroorsaak het. Tyd om ‘n ruggraat te groei en pa te staan.

  10. johanna79 Oktober 4, 2010 at 8:49 nm #

    nou kyk, van die eerste woord af stem ek met jou saam wat dit vir my nog erger maak is die feit dat jy n ferrari as voorbeeld gebruik die Mona Lisa van motors maar ek stem saam met jou dis hoe ek dit ook sien…WHAT A WASTE!!
    ek self het al harde tye beleef tye waar maak nie saak watter kant toe ek kyk daar geen oplossing is nie tye waar ek so benoud raak met my situasie dat ek letterlik nie kan asem haal nie… maar nog nooit het ek gedink selfmoord is n opsie nie… moord dalk, maar nooit self moord nie… die maak my hartseer tot in die diepste van my diepste dat n persoon so hopeloos is dat hulle geen uitweg kan sien nie, nie eers die kleinste fynste bietjie hoop nie… ek kry n knop in my keel…
    ek het met n meisie gewerk wat op valinteinsdag haar lewe geneem het. syt die vorige dag nog planne gemaak met haar vriende vir daai aand… die oggend het sy in gebel werk toe en gese sy voel siek… die middag na werk het haar vriende by haar gaan draai om te hoor of sy al beter voel en of sy nog kaans sien vir die aand se partykie… daar was geen tekens niemand het n iedee gehad hoe sy werklik gevoel het nie… sy was vriendelik en positief het maklik vriende gemaak en almal het van haar gehou… in haar selfmoord brief het sy gese sy kon nie nog n valintynsdag aleen spandeer nie, sy was moeg om aleen te wees en gevoel of niemand haar lief gehad het nie… wat ons nie geweet het nie is dat sy al lank so gevoel het en dat sy so diep in die gat van depressie in geval het dat sy nie meer die lig kon sien nie… hoe alleen, hoe hartseer, hoe depresief, hoe hulpeloos moet n persoon voel om jou eie lewe te wil neem… eks so bly en dankbaar dat ek n Vader in die hemel het wat vir my lief is wanneer niemand anders is nie, n Jesus wat by my staan as ek alleen staan, n Heilige Gees wat my, soos die Psalm skryfer, deur die daal van doodskadu ly… ek wens net sy het dit ook gehad…
    En nou, as jy die lees en jy voel soos die beskrywing in dimoerin se blog of soos die meisie hierbo, dink asb mooi, daar is n Here wat met Sy arms oop staan en wag vir jou, Hy is jou krag, Hy is jou sterkte, Hy is jou liefde, Hy is jou hoop..

    Wel gedaan my vriend jyt my weer bietjie aan die dink.

    • johanna79 Oktober 4, 2010 at 9:01 nm #

      EN ANDRE NEL, SHAME ON YOU!!! wees n man en vat jou pak moet nie lafhartig wees en weg hardloop nie… HANSIE HET NIE!!!

      • ekisanna Oktober 5, 2010 at 4:55 nm #

        Oh no! Terug by Hansie… maar ja, ek onderstreep elke woord wat jy hier skryf. Ongelukkig het nie alle mense daardie verhouding nie en besef sommige nie eers dat hulle nooit alleen is nie.

    • demoerin Oktober 5, 2010 at 6:51 vm #

      Dit is juis die ding, ek kan my nie indink hoe so ‘n persoon moet voel nie. Ek kan dit glad nie voorstel nie, want NIKS kan SO erg wees nie.

  11. demoerin Oktober 5, 2010 at 6:57 vm #

    Weet julle wat… en dis hoekom ek sê NIKS kan SO erg wees nie. Ek wil nie goedpraat wat hy gedoen het nie
    (ek kan nie want dit is laag), maar ek het wel ‘n bietjie meer respek vir iemand wat Pa-staan vir hulle fokops, en dit ten minste PROBEER regstel.

    Maar aan dei een kant kry jy die wat dit met hand en tand sal ontken, en nou aan die anderkant kry jy nou weer die wat dink selfmoord is ‘n uitkomkans. Ek kan maar ent my koppie skud.

    Ek verstaan regtig nie hierdie selfmoord ding nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: