R50 Uitdaging….

6 Oct

Julle sal julle wat verbeel dat ek 2 posts op een dag plaas!😆

Maar ‘n uitdaging is ‘n uitdaging….. Ek dink dit is makliker as wat mens dink, ek het sommer vinnig aan hierdie twee gedink, en dink daar is nog heelwat opsies soos Hamburgers en Skyfies ensovoorts. Jy kan ook baie vêr kom met pasta en sous….

Nommer 1:

Koop 1kg aartappels (R10). Skil en sny in dun ronde skywe. Maak lae van aartappelringe en aromat (R8). Moenie skaam wees met die aromat nie, want dit dien ook as die sout. As die aartappel en aromat lae klaar is, gooi een 250ml bakkie vars room (R12) daaroor. Bak in voorverhitte oond teen 180 grade vir so 45 minute. (Hierdie is ook perfek vir braaibykos)

Met die R20 kan jy dan varkworsies koop en braai (of selfs ‘n stuk boerewors), of ek dink jy kan selfs nog vark of hoender schnitzels vir onder R20 kry.

Nommer 2:

Braai pakkie maalvleis (R20) in pan met sout en peper. As jy dalk bietjie chutney en/of tamatiesous in die huis het, gooi sommer so lekker klompie daarby. As die maalvleis gaar is, gooi ‘n blikkie AllGold Garlic, Basil en Oreganum Chopped Tamaties (R12) by en laat deurkook.

Hierdie mengsel kan net so op Spaghetti (R12) geeët word, of meng dit met gaar Macaroni (R12) en bak dit ‘n bietjie in die oond. Ek dink met die R7 wat oorbly sal jy nog ‘n stukkie kaas kan kry om bo-oor te rasper voor jy dit in die oond druk.

Nou is ek honger…..

So nou daag ek vir Vlam, Die Wosonki’s en Johanna uit om ons te verras met ‘n R50 ete vir 4 resep.

14 Responses to “R50 Uitdaging….”

  1. stilekke Oktober 6, 2010 at 2:09 nm #

    ..nou is ek de moer in en honger…..

  2. Marius Oktober 6, 2010 at 4:24 nm #

    … is maklik man – vat daai R 50.00, koop bottel drank – gaan na buurman se huis – gee hom paar stywe doppe en begin skimp hoe goeie baas braaier hy is ….. – die manier kry jy dop en tjop vir almal uit daai R 50.00 uit …

  3. Vlam Oktober 6, 2010 at 11:57 nm #

    Aaarrghhh…ek hou tog nie van kook nie! 😦 Maar ek sal kyk wat ek kan doen…

  4. Girl van die Suburbs Oktober 7, 2010 at 7:43 nm #

    waar is die bier?

  5. johanna79 Oktober 7, 2010 at 7:48 nm #

    gooi R20 rand se petrol in jou kar,met die R30 wat oor bly koop jy lugtyd en bel jou ma, laai jou drie vriende en ry na haar huis toe, daar is altyd iets te ete… as jy nie lugtlyd wil koop nie, stuur haar n please call me… die R3o kan dan vir n lekker tjokkie gebruik word om haar om te koop… vir ander resepte lees my blog http://johanna.wordpress.com

  6. johanna79 Oktober 7, 2010 at 7:49 nm #

    oja, ek aanvaar jou uitdaging… haha

  7. toortsie Oktober 8, 2010 at 11:36 vm #

    klink lekker

  8. Xena Phoenix Oktober 8, 2010 at 12:37 nm #

    Dankie vir die saamspeel.

    Lyk my jy is ‘n man wat weet wat om in ‘n kombuis te maak.

    • demoerin Oktober 8, 2010 at 4:30 nm #

      ‘n Man moet maar as jy wil eet😆

Trackbacks/Pingbacks

  1. R50 per maaltyd…min of meer « Wosonki - Oktober 6, 2010

    […] per maaltyd…min of meer Oktober 6, 2010 wosonki Lewer kommentaar Go to comments Demoerin vra om ‘n maaltyd voor te berei vir R50…min of […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: