Vrydagskool…Menswees201

8 Oct

Ons het vandag ‘n gasspreker in die klas….

Rasta sê jy moet suinig wees met jou woorde waar dit gaan seermaak;

Rasta sê jy moet vrygewig wees met  jou woorde, dit laat stort soos ‘n somerreëns wolkbreuk, waar dit vreugde gaan bring.

Woorde spruit maklik soos die eerste lentegroen  met die doel om iemand seer te maak, te verkleineer of sleg te sê. Maak ‘n doelbewuste poging om daardie woorde te sluk, en begin konsentreer op die mooi en positiewe wat jou lewe verryk.

Daardie positiewe denke gaan die katalisator wees vir ‘n vreugdevolle hart en lewensuitkyk. En wat die hart van vol is, loop die mond van oor.

My hart borrel oor van liefde, ek hoop jy kan dit op my lippe proe my lief.

6 Responses to “Vrydagskool…Menswees201”

  1. Girl van die Suburbs Oktober 8, 2010 at 8:29 vm #

    PROE❓ 😯 Ek dog hierdie page is PG 😉

    Dis maar hoe party mense terug kap wanneer hulle seer in hulle lewe ervaar. Dis eintlik ‘n crap verskoning maar dis hoe die sielkunde werk… Jy is happy en ek nie… so kom ek piepie op jou parade!

  2. leonvonmoltke Oktober 8, 2010 at 9:42 vm #

    Nice lessie v rasta af!

  3. Charms Oktober 8, 2010 at 12:09 nm #

    Snaaks hoe daai skerp woorde so maklik uitkom maar die mooies sukkel bietjie. Wyse Rasta.

    • Charms Oktober 8, 2010 at 12:15 nm #

      Be kinder than necessary,because everyone you meet is fighting some kind of battle.

  4. Xena Phoenix Oktober 8, 2010 at 12:31 nm #

    Ek dink dat dit ‘n geval is dat ons eerstens op ons behoeftes ingestel is. Iemand kom jou te na en daarom moet jy hom/hulle op hulle plek sit. Jy hoef jouself nie te ‘handaf’ as jy ‘n kompliment uitdeel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: