Vuurwerke!

11 Oct

Partykeer werk plannetjies nie heeltemal uit soos wat mens beplan nie. Partykeer oordink en oorbeplan mens situasies…. maar dan kan die onverwagte gebeur, wat totaal en al ‘n teenstelling is van hoe jy dinge in jou kop uitgewerk het.

Vreugde verg nie bepeinsing nie. Dit verg ‘n GENIET DIT!

EK GAAN PA WORD! (Tegnies gesproke het ek gehoor die term is : Ons is swanger)

Dit voel of ek ‘n bungee tou om my enkels het. Die adrenalien vloei en die opgewondenheid begin opborrel… maar ek is ook vreesbevange. Dis onbekende waters wat ek met my opblaasbootjie invaar.

Ek weet egter ek SAL ‘n great Pa wees. Ek weet ook ek is MOER lief vir Jen. Ek weet ek sou nie ‘n ander Ma vir my kind gekies het nie. Lief jou babelicious, en ek kan nie wag vir ons avontuur wat voorlê nie.

28 Responses to “Vuurwerke!”

  1. Xena Phoenix Oktober 11, 2010 at 8:14 vm #

    Baie geluk en baie sterkte. Duidelik is daar iets in die blogwaters.

    • Girl van die Suburbs Oktober 11, 2010 at 2:54 nm #

      Ek wonder of dit aansteeklik is ❓ 😉

      • Xena Phoenix Oktober 11, 2010 at 3:59 nm #

        Shit!!!

        Ek hoop nie so nie. 😯 😯

        Dan moet ek vandag nog ophou blog.

        • Girl van die Suburbs Oktober 11, 2010 at 4:40 nm #

          Dink ons moet maar kniege bymekaar sit hier voor die keyboards :mrgreen:

          So kan Plein nie maar asseblief begin blog om te vertel van haar wonderlike swangerskap ervaring nie? Of dalk ‘n gasspreker hier word ❓

          Just a thought …. 😉

  2. Girl van die Suburbs Oktober 11, 2010 at 8:15 vm #

    WWWWOOOOOOO – HOOOOOOOOO!!!!! ‘n LEO babatjie :mrgreen:

    Baie, Baie geluk!

  3. Savanha Oktober 11, 2010 at 9:49 vm #

    Weereens geluk!! Dis rede vir party!😉

  4. NetJane Oktober 11, 2010 at 10:17 vm #

    Jou ou yster!! Baie geluk! Hoop dis ‘n mooi dogtertjie dat my seuntjie ‘n girlfriend kan kry.

  5. leonvonmoltke Oktober 11, 2010 at 10:56 vm #

    Baie baie geluk, dit gaan jou lewe vir die beter totaal verander!

  6. Pagoda32 Oktober 11, 2010 at 11:26 vm #

    Ek weet presies hoe jy voel DMI.

    Toe ek die eerste keer gehoor het ek word pa het die vreemdste gevoelens in ‘n millisekonde oor my gespoel. Vrees, opgewondenheid, die gevoel van “my lewe is nooit weer dieselfde van hierdie oomblik af nie” en selfvoldaanheid.

    Ek was vir jare al gereed vir ‘n kind van my eie en het ook, nes jy, geweet dat ek ‘n great pa sal wees.

    Een stukkie raad van een nuwe pa aan ‘n ander….
    As jy die dag voel jy maak foute, relax…daar bestaan nie so iets soos die perfekte ouer nie. Wees so flexible soos jy moontlik kan wees. O ja…en nog iets. As die volgende paar maande dreig om julle mal te maak as gevolg van al die “planne” wat gemaak word…

    Take a step back en besef die volgende: Al wat daai kind nodig het om gelukkig en gesond te wees en te bly is liefde, doeke, klere vir ‘n paar maande en ‘n boob. Moenie honderde of duisende rande gaan spandeer op carrycots, klere, booties, ens nie. Dis cute, maar die kind groei uit dit uit. Ons het steeds klere hier wat selfs my 2de laitie nog nie eers gedra het nie…Kry genoeg vir 7 dae en was gereeld. Soos hy/sy iets ontgroei, koop nuwes. Gebruik eerder die spaar geldjies en bele dit in ‘n universiteits fonds.

    Waarmee jy wel kan “bos” gaan is speelgoed vir babas en kleuters. Alhoewel daai speelding se “3 to 5 years” kan jy al daai speelding vir jou baba gee…jy sal verbaas wees hoe vinnig dit uitgefigure word en die outjie ver slimmer as sy tydgenote gaan maak.

    En as ENIGIETS pla….mail my!!!

  7. Dellie Oktober 11, 2010 at 11:46 vm #

    Baie, baie geluk! Dit voel soos gister toe julle twee begin flirt het met die kaskar en die feather boa ….😆

    Hierdie is die begin van die mees amazingste reis … geniet elke oomblik!

    • demoerin Oktober 11, 2010 at 5:22 nm #

      Hiehiehie… dit doen nê!

  8. Sonlig Oktober 11, 2010 at 1:42 nm #

    WOW! Ek het sommer hoendervleis!

    Baie geluk! Ja – dis ‘n amazing journey en elke bietjie energie, ongerief en sent werd wat jy daaraan gaan spandeer!

  9. demoerin Oktober 11, 2010 at 1:48 nm #

    Ek kan net baie dankie sê vir julle almal se mooi woorde, en die blydskap wat julle met ons deel.

  10. Celia Neveling Oktober 11, 2010 at 2:08 nm #

    Baie, baie geluk, om ‘n goeie ouer te wees is maklik:

    1. Daag net elke dag op. As jy daar is gaan jy ok wees.
    2. Wees konsekwent. Bv. Dit is nie ok om op die meubels te psring as dit jou verjaarsdag is nie, dit is nooit ok om op meubels te spring nie.

    Geniet elke oomblik!

  11. Plein Oktober 11, 2010 at 2:17 nm #

    Wow wat n lekker warm gevoel is dit nie om elkeen se opregte blydskap saam met ons aan te voel nie. Oh en ek lief jou ook baie DMI

  12. PlaasJuppie Oktober 11, 2010 at 2:29 nm #

    Baie geluk julle twee.

  13. Son Oktober 11, 2010 at 2:38 nm #

    WoW julle twee! Baie, baie geluk. En onthou – in die Kaap het julle altyd ‘n babysitter😆

  14. BB Oktober 11, 2010 at 3:01 nm #

    Geluk! Baie geluk! en onthou – ek is ‘n HOPELOSE babysitter!!😆 Maar as jy een aand die ‘sitting’ sal doen, sal ek vir “Mamma” virre cocktail vat om dit te vier!!:mrgreen:

  15. Charms Oktober 11, 2010 at 3:14 nm #

    Dis fantastiese nuus. Baie baie geluk, en ja, jy gaan ‘n great Pa wees vir die kleinding.

  16. Pikkie Oktober 11, 2010 at 4:45 nm #

    Baie, baie geluk! Be blessed!

  17. demoerin Oktober 11, 2010 at 5:23 nm #

    Ek sê maar net weer dankie aan almal vir die mooi wense… en die babysitter aanbiedinge😆

  18. johanna79 Oktober 11, 2010 at 11:21 nm #

    ja, dis great, geluk… En sterkte… Drie pieps vir DMI…

  19. Vlam Oktober 12, 2010 at 1:37 vm #

    Vat jy nou die wind uit my seile! Ek’t nie eens geweet daar is ‘n blogromanse aan die gang nie! 😆

    Baie, baie geluk!

    • demoerin Oktober 12, 2010 at 7:36 vm #

      Lyk my nuus kom maar stadig by die Vrystaat uit😆

  20. Roer Oktober 12, 2010 at 9:37 vm #

    Baie geluk! Maak gereed vir ‘n emosionele roller coaster van epidermiese perporsies. Dis great.

  21. Anna Oktober 12, 2010 at 10:20 vm #

    Demoerin, jou doring!… en baie geluk ook vir Plein.

  22. stefaniewerth Oktober 13, 2010 at 9:04 nm #

    Mooi man! Wat ‘n wonderlike avontuur wat voorle! Geniet elke dag van nou af, al knor mamma party dae in jou rigting!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: