WEW….1310 van 2010

13 Oct

Soos wat ek hier tik, en my gedagtes probeer orden, is die Phoenix besig om uit die stof op te rys en een vir een die Chilliese myners van onder die grond na die oppervlak te bring. Hierdie 33 mans was vir 68 dae onder die grond vasgevang.

Nie net het hulle weereens bewys dat die mens van veel sterker stoffasie gemaak is, as wat ons onsself somtyds wil wysmaak nie… maar steeds selfs tydens die reddingspoging toon hulle ongelooflike krag van liggaam en gees.

Daar is geen ongeordende geskarrel en onenigheid nie. As die reddings-kapsule onder kom, kom slegs die volgende gekose man vorentoe om na die oppervlak geneem te word.

Ek wonder hoeveel neem dit van jouself sielkundig, om selfs na 68 dae se fisiese en psigiese hel, nog steeds te besef dat dit nie oor jouself gaan nie, maar dat dit oor almal saam met jou in die verknorsing gaan.

Ek dink dit is hoekom die wêreld voor die TV’s vasgenael sit. Ons hou daarvan om vir ‘n verandering nuus te lees en te sien, waar ‘n totale ramp omskep is in ‘n positiewe verhaal.

Dis net jammer dat nie meer mense van hier af vorentoe die lesse van hierdie storie saam met hulle gaan neem en dit implimenteer nie. Die werklike storie gaan nie oor die veiligheid in myne nie. Dit gaan nie oor NASA se voorstelle vir die Phoenix kapsule nie. Dit gaan nie oor die mense wat die tonnel ontwerp en geboor het nie. Die werklike storie (lees lesse) gaan oor kameraderie, menswees, selfbeheersing, die uithouvermoë van die menslike liggaam en gees……  en ‘n tweede kans.

22 Responses to “WEW….1310 van 2010”

  1. leonvonmoltke Oktober 13, 2010 at 8:21 vm #

    Kameradie wat ongelukkig klaarblyklik deur ‘n spul onbeskofde en ongemanierde joernaliste uitmekaar getrap en geskop is klink dit my (http://www.news24.com/World/News/Mine-rescue-Media-mayhem-mars-joy-20101013).

    Terloops, ek dink nie mense besef hoeveel onwettige myners in SA vir bitter lang tye ondergronds bly nie (sonder NASA en TV dekking en sielkundige hulp).

    Wat vir my treffend was, is hoe hulle onder mekaar gestry het om die laaste een te wees wat opgehys word.

    • demoerin Oktober 13, 2010 at 3:30 nm #

      😆 Ek het bitter min liefde vir joernaliste wat so optree. Nes ‘n spul aasvoëls.

  2. Xena Phoenix Oktober 13, 2010 at 8:51 vm #

    Ek wonder nogal hoeveel keer die ingenieur wat dit moes oplos het, oorweeg het om die skag heel per ongeluk te laat intuimel en die probleem te begrawe.

    Siek grappie, ek weet. Dit is tog wonderlik dat hulle nie opgegee het nie en dat die mense darem gehelp kon word al was hulle nog nie gered nie.

    Die positiewe menslike eienskappe word nie genoeg erken nie.

  3. Gogga Oktober 13, 2010 at 1:33 nm #

    Ek stel voor hulle word nie betaal vir die laaste 2 maande wat hulle daar onder gesit en niks doen het nie. Hulle het mos al hulle gereedskap gehad hulle kon bietjie gewerk het.(grappie)

    Dit is ‘n lekker voel storie van hoop. En met so baie dinge in die wereld wat opgee is die dalk net wat ons nodig gehad het om ons bietjie meer uithouvermoe te gee as iets bietjie knyp.

    • demoerin Oktober 13, 2010 at 3:31 nm #

      Net soos jy daar sê, alles is nie altyd so kak as wat ons wil uitmaak dit is nie.

  4. Charms Oktober 13, 2010 at 1:46 nm #

    Om na 68 dae nog steeds ‘n ander ou voor jou te stel is beslis iets om oor te dink.

  5. Marius Oktober 13, 2010 at 3:14 nm #

    ek wonder net of een of ander firma darem vir hulle sun block borg vir die eerste paar dae buite …… maar sonder grappies – daai moes een verskrilike ondervinding gewees het

    • demoerin Oktober 13, 2010 at 3:33 nm #

      Ek moet erken… dit is een boek wat ek wel sal koop en lees. Ek kannie myself indink hoe dit mens aantas nie.

  6. Son Oktober 13, 2010 at 3:36 nm #

    Hulle het blykbaar elkeen ‘n duur vakansie gekry op een of ander eiland (en ek dink hulle verdien dit dubbel en dwars). Eintlik is die mensdom quite alright as mens mooi daaroor dink. Daar is beslis nog meer goed as sleg in hierdie ou wêreldjie van ons🙂

    • demoerin Oktober 13, 2010 at 3:58 nm #

      Ek is ook bly oor daai vakansies… jaloers, maar bly.. ek sien al hoe sip hulle aan Ouzo en eet hulle lekker aan Moussaka by ‘n tafeltjie langs die blou see.

  7. Girl van die Suburbs Oktober 13, 2010 at 5:07 nm #

    68 dae onder die grond sit my maande sonder my motor nogal in perspektief!!!

    Ek wonder of my wil om te oorleef sterk genoeg is om uit te hou na soveel dae? 😐

  8. johanna79 Oktober 13, 2010 at 10:19 nm #

    wys jou net, as jy n posetiewe gesintheid het kan jy n silver randjie om enige donker wolkie sien…

  9. stilekke Oktober 13, 2010 at 10:28 nm #

    …dit is interessant dat daar soveel”honour” tussen daardie vasgekeerde mans bly staan het….veral ook as mens in ag neem die wye spektrum van ouderdomme…..en ons het altyd grootbek hier maar baie van veral die Spaans/Portugees sprekende lande het nog baie van die ou styl van respek onder hulle mense….en baie geloof…

  10. meermin Oktober 14, 2010 at 2:14 nm #

    Dit was amazing, het gisteraand so rukkie gesit en kyk, wonder werke gebeur nog!! Ek voel net so jammer vir daardie mans wat vir so lank daar onder vasgekeer was!!

  11. stefaniewerth Oktober 14, 2010 at 9:54 nm #

    Regtig ‘n storie wat die hele wereld aangegryp het. Daai manne moes defnitief veranderd daaruit gekom het. Jy kan nie daardie trauma deurgaan en dieselfde mens bly nie.

  12. PlaasJuppie Oktober 15, 2010 at 8:18 vm #

    Ek moes lag vir ‘n berig in gister se koerant van vier van die manne wie se vrouens en skelmpies mekaar ontmoet het terwyl hulle vir die manne gewag het om boontoe te kom. Ek reken daar is ten minste 4 manne wat dalk eerder so verkies het om ondergronds te bly as hulle geweet het wat wag op die oppervlak.
    Toe lees ek van die een ou wat niemand gehad het wat vir hom gewag het op die oppervalk nie. Dis vir my baie sad

    • Girl van die Suburbs Oktober 15, 2010 at 9:06 vm #

      JO! EK kry daai 4 manne bitterlik jammer!

      Ek dog hulle joke oor die een ou wie niemand gehad het wat gewag het nie. Jinne… dis verskriklik!

      • demoerin Oktober 15, 2010 at 1:49 nm #

        😆 Ja, die een se skelmpie het blykbaar vir hom gewag… sonder sy vrou byderhand.

  13. Celia Neveling Oktober 15, 2010 at 9:05 vm #

    Die man wat so alleen was wat PJ na verwys was vir my net so hartseer, maar ek is baie bly dat almal veilig is en dat daar soveel positiewe “goodwill” vloei hieruit. Lekker naweek vir julle!

    • demoerin Oktober 15, 2010 at 1:50 nm #

      Dit is sad… maar ek kan jou versekr hy het nou 32 ander “broers” bygekry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: