Vrydagskool….Hoop101

15 Okt

Ek het gister in die kar hierdie gesprek geluister op 702… ek weet nie eers wat die vrou se naam is nie, maar weet ek het allie pad Sandton toe trane weggevee. Die bietjie wat ek uit die inligting kon bymekaarmaak verloop min of meer soos volg…..

Sy het hierdie man ontmoet, het vir hom lief geraak…. en toe het hy verdwyn. Sy het mettertyd iemand anders onmoet, hulle is getroud… maar het gelukkig kondome gebruik nog op daardie stadium. Eendag sien sy toe die eerste man se gesig in die koerant …. hy word deur ten minste 7 ander vrouens gedagvaar omdat hy hulle opsetlik met die HIV virus besmet het… haar toetse het dit bevestig, sy was positief.

Dit het haar en haar familie se wêrelde uitmekaargeruk, maar sy het saam met haar man, en familie besluit dat sy dit nie sal wegsteek nie. Sy sal nie wegskram vir die stigma wat die wêreld om ‘n HIV positiewe persoon se nek hang nie. Sy gaan openlik daaroor wees, met haar man se ondersteuning, en mense eerder probeer opvoed, of andersins net ignoreer.

Sy het ook die eerste ou se Ma gebel, en by haar gevra vir sy adres. Hy was op hierdie stadium alreeds in ‘n Hospice opgeneem. Sy het hom gaan besoek, en toe sy in die kamer inloop het hy onmiddelik aggressief voorgekom, en haar gevra of sy hom nou ook vir geld wil dagvaar. Sy het egter aan hom gesê sy wil net weet – Hoekom? – Het hy geweet? Hy het dadelik meer gerus geraak na aanleiding van haar sagte houding… en deur trane het hy gesê dat ja, hy geweet het… maar dat hy dit net nie aan iemand kon vertel nie omrede hy self gesien het watter stigma aan ‘n HIV positiewe persoon kleef… hoe hierdie mense deur die gemeenskap verstoot word.

Hulle het albei gesit en huil… en hy het haar gevra of sy hom ooit sal kan vergewe. Sy het in die radioonderhoud erken dat sy kwaad was, maar dat sy op daardie oomblik ongelooflike hartseer en simpatie vir hom beleef het, juis oor sy gesondheidtoestand waarin hy homself toe alreeds bevind het. Sy liggaam was so uitgemergel dat hulle hom basies vir alle praktiese redes met “cling-wrap” aanmekaar gehou het. Sy het besluit dat sy hom moet vergewe.

Sy het net daar vir hom gesê dat sy hom vergewe… en hy het toe net daarna in haar arms gesterf.

Ek sê nie wat hy gedoen het is reg of verkeerd nie. Ek kan nie oordeel nie.

Ek hoop en bid net, dat ek nooit so mag optree teenoor enige ander persoon, wat hulle sal bang maak om dinge te deel, of met ander te praat nie. Daardie man het letterlik weggekwyn omdat hy geen mediese hulp ontvang het nie. Hy het geweet as sy HIV status sou uitkom, was daar dadelik ‘n bordjie om sy nek gehang… en sou hy soos ‘n melaatse behandel word. Ek dink almal sit maar met daardie vrees dat jy nie iewers sal “behoort” nie.

Ek haal my hoed vir daardie vrou af. In een woordjie, vergifnis, het sy baie meer gedoen as wat ek ooit myself bekwaam sien om te doen. Daar is hoop, en dit kom soms in die vreemdste vorme. Daar is engele om ons, en somtyds is hulle in die vorm van mense.

Advertisements

5 Responses to “Vrydagskool….Hoop101”

  1. PlaasJuppie Oktober 15, 2010 at 8:15 vm #

    Om onvoorwaardelik te kan vergewe is seker een van die hoogste menslike eienskappe wat jy kan behaal.

    • demoerin Oktober 15, 2010 at 1:47 nm #

      Akkoord, ek weet nie of ek dit sal kan doen nie… mens kan maar net hoop

  2. Girl van die Suburbs Oktober 15, 2010 at 8:22 vm #

    Oh my…. Dis sad.

    Die hemele jeug oor elke stukkie vergifnis wat ons mekaar toevertrou!!! Dis ongelooflik kosbaar en bevrydend.

    Daar was ‘n program op Oprah waar so 10 vrouens wat deur dieselfde man besmet was bymekaar gekom het om hulle storie te vertel want hy self het ook geweet hy is ‘n draer en het AL 10 vrouens op dieselfde tyd gedate. 😯 Hy is egter in die hof skuldig gevind op poging tot moord en dien tronkstraf uit.

  3. stilekke Oktober 15, 2010 at 11:16 vm #

    Die is terselfdertyd wonderlik en skokkend..en tog so naby aan elkeen van ons….

  4. Xena Phoenix Oktober 15, 2010 at 2:12 nm #

    Al blyk dit of vergifnis ‘n geskenk teenoor ‘n ander is, is dit eintlik ‘n geskenk aan jou self.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: