Konfussie

18 Oct

My brein voel soos wat my lessenaar lyk, en dit omdat ek laat by die werk aangekom het. Ek voel heeltemal verlore. Dit is asof ek nie weet wat om te vat en wat om te los nie.

My kar is ook Vrydag opgeneem… so ek ry met ‘n huurkar. Nog nooit het ek my kar soooooo baie gemis nie. Ek probeer elke keer die huurkarretjie in 6de rat gooi… net om reverse daar te vind. Kom ons hoop die huurmotormaatskappy kry hulle karretjie met ‘n ratkas terug… hehehehe.

So ek het vanoggend vir 2 ure in ‘n kar gesit… wat NIE baie gemaklik was nie. My gat was so lam aan die einde van die trippie werk toe, dit het gevoel of ek ‘n maraton gehardloop het.

Dit lyk of ek baie het om te sê, maar eintlik is ek so deurmekaar ek het vergeet waaroor my post vandag sou gegaan het… kom ons hoop dus vir more…

16 Responses to “Konfussie”

  1. BB Oktober 18, 2010 at 10:21 vm #

    I know that you believe we understand what we think you said, but I’m not sure you realize that what we heard is not what you meant😕 of so iets…

    Dit is ‘n given feit dat swanger vrouens ‘n paar IK punte verloor so met die tyd saam –🙄 maar ek’t nog nooit dieselfde gehoor van swanger mans nie… no fear – hulle sê dit tel weer stadig maar seker op na die eerste twee jaar se gebrabbel:mrgreen:

    • demoerin Oktober 18, 2010 at 10:26 vm #

      😆 Ek hoop dit is nie waar nie, want ek kannie bekostig om enige IK punte te verloor nie.

      Ek blameer alles op ‘n uitvloeisel van die gebreekte kar… and I stick to it!

    • NetJane Oktober 18, 2010 at 6:01 nm #

      Ek’s bly jy noem die swanger vrou gedeelte Beeps – toe ek DMi se post lees dog ek by myself, wait a minute, dis hoe ek deesdae elke dag voel!

  2. Son Oktober 18, 2010 at 12:53 nm #

    Jy klink so bietjie soos daai verkleurmannetjie op die smartieboks😆

    • demoerin Oktober 18, 2010 at 2:57 nm #

      Ek voel nou nie meer heeltemal so nie… net so bietjie van die rooi-smartie kleur oorgehou met sekere mense waarmee ek vandag deel😆

  3. Charms Oktober 18, 2010 at 1:02 nm #

    Ek hoop jy het nou al kalmeer sodat jy kan raakvat.

  4. Girl van die Suburbs Oktober 18, 2010 at 1:33 nm #

    ‘n Mens se kar is ‘n ekstensie van … wel … speel ‘n groter rol as ‘n mens se groot toon. Veral vir die langerate onder (bo ons) wat nie sommer in enige ander kar pas nie😉

    Hoop nie die ingaan operasie is te ernstig nie!

    • demoerin Oktober 18, 2010 at 2:58 nm #

      Clutch het gegaan….. (en nogal sonder om te groet)😆

      • Girl van die Suburbs Oktober 19, 2010 at 8:40 vm #

        Dis nie cool nie… Jy kan ‘n kleuter deur day-care sit vir ‘n hele jaar met daai bedrag! 😯

        (Ons moet so bietjie jou verwyssingsraamwerk verander 😉 )

  5. leonvonmoltke Oktober 18, 2010 at 1:34 nm #

    Voorspoed, hoop jou kar is al terug!

    • demoerin Oktober 18, 2010 at 2:59 nm #

      Ek hou duim vas vir more.

  6. Gerda Oktober 18, 2010 at 2:07 nm #

    n kar is n kar. solank dit ry.

    • demoerin Oktober 18, 2010 at 2:59 nm #

      Die probleem is as hy nie kan ry nie😆

  7. Gogga Oktober 18, 2010 at 7:35 nm #

    Dit laat vir my al hoe meer lyk na internasionale chaos dag.
    my treine was almla vanoggend stukkend en ‘n trip van gewoonlik 50 minute het my 2 ure en 6 treine later gavat om by die werk te kom.

  8. Celia Neveling Oktober 18, 2010 at 9:02 nm #

    Ek kan nie sonder my karretjie gaan nie, ek haat dit as sy gediens oet word, of reg gemaak moet word as ek so ‘n glipsie of twee gehad het…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: