Media Vryheid…Happy Happy (of nie?)

19 Oct

Geluk liewe Media Vryheid, omdat jy verjaar…. (of dalk nie?)

Vandag is media vryheid dag, en Suid-Afrika het baie ver gekom in die laaste 33 jaar. Suid-Afrika het gedien as voorbeeld aan die res van die wêreld aan watter belangrike hoeksteen van ‘n gesonde (dalk gesonder) demokrasie media vryheid is.

Kom ons hoop dat die skille van die oë sal afval, van die voorstaanders van die inperking van hierdie regte. Kom ons hoop hulle besef dat media vryheid, en daarmee saam natuurlik vryheid van spraak, belangriker is as die Ministeriële Handboek, oorseese reise en die blinkswart motors.

Viva Media Vryheid! Lank Lewe Media Vryheid!

“The freedom of the press is one of the great bulwarks of liberty, and can never be restrained but by a despotic goverment”

– Thomas Jefferson –

9 Responses to “Media Vryheid…Happy Happy (of nie?)”

  1. Girl van die Suburbs Oktober 19, 2010 at 8:43 vm #

    Again… One word comes to mind… Z-I-M-B-A-B-W-E! 😕

  2. leonvonmoltke Oktober 19, 2010 at 1:17 nm #

    Ons sal maar seker eers oor jare weet wat die impak was van die huidige onderstrominge.

  3. Son Oktober 19, 2010 at 3:24 nm #

    Ek wonder nog steeds of hulle dit REGTIG gaan regkry om die media se mond te snoer. Vandag is daar soveel tipes media – die internet, selfone, ens.

    Dit gaan maar donder om almal se gate toe te plak😆

    • alleman Oktober 20, 2010 at 9:06 vm #

      Son, die ANC hoef net die media genoeg te snoer dat die waarheid oor die omvang van hulle korrupsie nie te veel uitlek na hul arm kieserkorps nie.

      Eers wanneer hulle mag regtig bedreig word, sal hulle alle gate probeer toestop, soos wat diktature doen.

  4. Marius Oktober 19, 2010 at 3:25 nm #

    Klasieke voorbeeld van “the more things change, the more it stays the same” – wonder net of aan hierdie absurde idee ook ‘n naam “getag” gaan word …. ?

  5. Xena Phoenix Oktober 19, 2010 at 7:02 nm #

    Om demokrasie te beskerm, is persvryheid ononderhandelbaar. Die een kan doodeenvoudig nie sonder die ander nie.

  6. stilekke Oktober 19, 2010 at 9:22 nm #

    …met al die “global highways” gaan dit moilik wees….en daar sal weer so in vroe dae `n ondergrondse pers opstaan…

  7. demoerin Oktober 20, 2010 at 7:12 vm #

    Die sad ding is dat hul enigsins wil probeer… tsk tsk tsk

  8. Vaktap Oktober 21, 2010 at 10:25 vm #

    Ek vind die foto baie eroties.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: