Dankie….

25 Oct

Die regter-voorkant van my kar is moer toe… en ek is properly demoerin.

Ek wil net hiermee baie dankie sê aan die poephol wat die ongeluk veroorsaak het, waarin ek en ‘n ander persoon toe betrokke was… dat hy gestop het om seker te maak dat sy handewerk nie enige beserings opgelewer het nie… NOT. Jou poephol, jy het weggery… so vinnig dat jy dit aan die verkeerde kant van die pad moes doen om verby die verkeer weg te kom!

So ingeval jy gewonder het…. ons is amal ok.

Jy kan so bly wees dat dit so vinnig gebeur het, en jy toe oor ‘n bultjie verdwyn het… want as ek jou details gehad het… sou jy nooit weer rustig geslaap het nie. Maar die wiel draai poephol… justice is justice… en eendag gaan jy terugsit en wonder oor al die kak wat met jou gebeur, en dan sal jy onthou dis oor daai dag wat jy soos ‘n lafaard weggejaag het.

23 Responses to “Dankie….”

  1. Plein Oktober 25, 2010 at 10:22 vm #

    Ek is net so dankbaar jy is ok!

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 10:23 vm #

      Mwah liefie! Ek is darem ok… my kar is ongelukkig nie. This to shall pass.

  2. Girl van die Suburbs Oktober 25, 2010 at 12:05 nm #

    Oh My Soul!!!!!!! Weggery ❓ 😯 😯

    Na jy soos in miljoene spandeer het om jou ryding reg te maak? 😡

    Hmmm… dalk moet jy net ‘n ander ryding kry? As in ASAP!

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 12:39 nm #

      Yip…ek is in die mark vir ‘n donkie as jy ‘n goeie handelaar ken.

  3. Xena Phoenix Oktober 25, 2010 at 12:22 nm #

    Ek neem aan dat hy ook skade het aan sy kar. Wat ook reggemaak sal moet word. Daar sal seker helaas nie veel moeite gedoen word om hom te soek as daar nie juis beserings was nie.

    Poepholle is orals. Jammer ‘n mens kan hulle nie uitroei nie.

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 12:40 nm #

      Nee, die aap wat veroorsaak het dat die ander ou moes uitswaai en in my vasgery het… is weg sonder ‘n stampie of krappie.

      • Girl van die Suburbs Oktober 25, 2010 at 1:17 nm #

        Dink jy daai ou het dit actually gesien? Soos in weet hy waarvoor hy verantwoordelik is?

        • demoerin Oktober 25, 2010 at 1:58 nm #

          Yip… hy het in die verkeerde kant van die verkeer weggery.

  4. Celia Neveling Oktober 25, 2010 at 1:43 nm #

    Die vark! Gelukkig is julle darem ok, maar ‘n mens se hart is seer oor jou kar en die ongerief, sterkte!

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 1:59 nm #

      Net so, dis daardie ongerief. Ten minste moet ek 2 hoera’s gee vir Sandton polisiestasie, vinnig en effektief.

  5. Son Oktober 25, 2010 at 2:51 nm #

    Ai DMI! My kar is soos my kind. Ek dink die dag as iemand my stamp, slaan ek hom met die kaalhande dood😈

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 3:54 nm #

      Daai ou/vrou kan bly wees hy/sy het nie gestop nie… ek en my “friend-by-accident” was heel moerig😆

      • toortsie November 2, 2010 at 8:29 vm #

        dis dalk hoekom hy weggejaag het…. hy het besef hier wag MOEILIKHEID!!

  6. Charms Oktober 25, 2010 at 3:31 nm #

    My Ma het ook so ‘n geval gehad laas week. R25000.00 skade later. Die poepol het ook weggery asof hy niks verkeerd gedoen het nie.

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 3:55 nm #

      Lyk my disse nuwe trend… lafhartige poepholle

  7. Sonlig Oktober 25, 2010 at 3:47 nm #

    Ag tog! Om die week so te begin is om jou in jou hanne te laat huil!

    Sterkte!

    • demoerin Oktober 25, 2010 at 3:55 nm #

      Dankie… as ek klaar in my hanne gehuil het sal ek maar ietsie drink😆

  8. NetJane Oktober 26, 2010 at 7:16 vm #

    Hoop jou Dinsdag verloop beter. Look on the bright side, ten minste is jy nie (soos ek) deur First for Women verseker nie, want dan so jy eindelose bollie gehad het om die kar reggemaak te kry!

    Sulke poepholle laat my wens ons bly in ‘n wereld waar video game reels geld, jy kon net skiet-skiet en dan’s hy uit jou lewe /game uit.

  9. stefaniewerth Oktober 26, 2010 at 2:21 nm #

    Jammer om van die stront te hoor. Maar ek glo nes jy dat die wiel draai. En as die stront hom nie tref nie, tref dit dalk (ongelukkig)iemand waarvoor hy omgee.

  10. Leon Oktober 26, 2010 at 4:25 nm #

    Ai tog, dis nou slegte nuus! En ja, sy dag kom.

  11. Gogga Oktober 27, 2010 at 3:12 nm #

    dis ‘n bad een daai. Dalk het hy ‘n groot nood gehad. In dien nie gaan hy binnekort ‘n helse pyn in sy g@t he met al die wense hier vanaf blogland uit.

  12. nica Oktober 29, 2010 at 1:30 vm #

    leke gese boetie,ek hoop die vlooie van n duisend kalahari donkies kruip in sy hol op en dat sy arms te kort sal wees om te krap,net ekke eat ok demoerin raak v padvarke, toema elke hond kry sy dag x

  13. rosalindreloaded Oktober 31, 2010 at 3:26 nm #

    Ek weet presies hoe daai voel en is ‘n k*kke

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: