Kinders van Afrika…Modjaji

27 Okt

Die begin soos volg, wel min of meer, na aanleiding van oorvertelling:

Dzugundini was die dogter van die Hoofman van die Monomotapa, deel van die Karanga Empire wat naby Maulwi, in die suide van Zimbabwe gevestig was in die vroeë 1600’s. Die storie loop dat haar broer haar verwagtend gemaak het. Groot skandaal want sy was nie getroud nie, en sy was natuurlik te blameer.

Om die volle helle toorn van haar Pa vry te spring, het Dzugundini toe haar volgelinge bymekaargemaak en besluit om te trek. Haar ma het egter verder die geheime klippies en krale om reën mee te maak gesteel by die kraal se toordokter, en dit aan haar dogter toevertrou.

Die groep het hulle mettertyd tussen die Sotho in die Molototsi vallei bevind, waar hulle die Balobedu Koningkryk gevestig het. Haar seun, Makaphimo was die eerste heerser. Tot omtrent die 1800’s was die manlike nasate heersers, totdat daar onmin tussen die inwoners begin kom het. Mugodu, die huidige heerser het toe sy dogter verwagtend gemaak, met die idee om die matriargiese opvolgings van heersers te herstel, en sodoende weer vrede te bring in die land.

Die eerste Modjadji (“heerser van die dag”) is toe gebore. Gebruik van hier af is dat die Koningin se oudste dogter die opvolger sal wees. Die Koningin volgens gebruik moes op ouderdom 50 selfmoord pleeg deur gif te drink, aangesien daar geglo is dat teen hierdie ouderdom haar reënmaak-kragte besig is om te kwyn.

Die Modjaji leef in afsondering, en haar enigste kontak met haat mense is dikwels deur haar raadgewers. Sy trou nooit nie, maar word vereer deur die hoofmans in die koningkryk met geskenke van “vrouens”. Hierdie vrouens dien grotendeels die doel van diensknegte, en word deur die Koningin se raadgewers goedgekeur.

Modjaji se seksuele maats word ook deur die raadgewers gekies, omseker te maak dat al die kinders blou bloed sal hê, maar dit beteken nie noodwendig daar is ‘n inperking op haar seksuele aktiwiteite nie.. ek meer, after all, sy is die koningin!

Die tradisie van gif drink is egter soort van verbreek toe Modjaji III (ek dink iets in die rigting van QEII wat klou vir al wat sy lewe) wou vasklou aan die troon tot omtrent ouderdom 80… en dit het ‘n heel nuwe tendens begin. Toe Modjaji V sterf moes sy opgevolg word deur haar kleindogter, Makhobo, aangesien haar dogter alreeds gesterf het. Daar word geglo dat al hierdie wegbeweeg van tradisie moontlik ‘n vloek op die stam geplaas het.

Makhobo Modjaji VI was slegs koningin van 2003 tot 2005 en is op ouderdom 27 oorlede… en daarom is daar op die oomblik nie ‘n Modjaji nie. Alhoewel Makhobo ‘n seun, Prins Lekukena, en dogter, Prinses Masalanabo, gehad het, was daar die ‘n onmiddelike opvolg deur die prinses nie, aangesien haar Pa nie koninklike bloed gead het nie… hy was ‘n Jan-Alleman.

Daar is bekommernisse dat die Modjaji dinastie nou gaan doodloop, maar intussen dien Makhobo se broer, Prins Mpapatla as regent vir Masalanabo, totdat die geskille opgelos is…. en die oueres van die stam gelukkig is.

Daar word bespiegel dat Prinses Masalanabo moontlik afgetrou sal word, of verwagtend gemaak sal word, met ‘n Prins van die koninklike stam, om sodoende weer die koninklike bloedlyn te herstel. Sy sal dan Modjaji VII gekroon word sodra ‘n dogter gebore word. Dit is egter ‘n plan vir die toekoms, aangesien Prinses Masalanabo nou eers 5 jaar oud is……..

Advertisements

18 Responses to “Kinders van Afrika…Modjaji”

  1. Xena Phoenix Oktober 27, 2010 at 8:58 vm #

    Ek wonder of die arme prinsessie 10 of eerder 20 jaar gegun gaan word voordat sy moet voortplant?

    En wie sorg nou vir die reën? 😉

    • demoerin Oktober 27, 2010 at 9:15 vm #

      Ek het ook gewonder wie doen nou die reën-duties?

  2. BB Oktober 27, 2010 at 9:09 vm #

    In 1978 was ek in die DSP (Deutsche Schule Pretoria) – was ons tydens ‘n klastoer by die ‘Rain Queen’ aan – Sy was Makoma Modjadji IV…
    Anyways – omme laaaaang storie kort te (probeer) maak – daar is die meisiekinders toegelaat om in die hut van die Queen in te gaan (ons is mooi die liviete voorgelees om ons koppe te laat sak en nie op te kyk voor iemand ons aanspreek nie) – nou ja, toe ekke (jipjip, my myself I – ekketjie), daar instap, loer ek onder my kuif deur vir die spulletjie – en daar tel sy haar kop op en staar my reguit in die oë; mompel ‘n paar woorde en begin om die beads om haar nek oor haar kop te lig. Ek was so verskrik soos ‘n deer in headlights en het warm en koud geraak – baie baaaaaaie eerie gewees. So skuifel sy toe op my af – vir my gevoel asof ek nounou opgeraap gaan word en in ‘n moerawiese groot swart ysterpot vol kookwater, uie en wortels gegooi gaan word…
    Stop sy voor my en knik haar kop vir my – haar chamber maid skarrel tot by haar en vat die krale by haar – en begin dit oor my kop trek. Ek was koue rillings tot op my oorlelle! Seg dié ousie agter die Queen se gebrabbel aan: “Blue blood. blue blood”. En die Queen blaf iets in waffer snaakse dialek ookal en die chamber maid skarrel agter in ‘n donker hoekie van die spelonk in en kom na ‘n ruk weer terug met die mooiste erdepot ooit. Daar kom rook uit die potjie en die weidste geurtjie, maar dié word toe ewe seremonieel in my hande gedruk en die Queen sit haar hand op my een skouer (dis toe ek nie kon kies tussen uitpass of beswyk nie) en mompel weer iets en die chamber maid sê “White rain queen. You. White rain queen.”
    Oh man!! Ek stotter: “Danke Schön” en reverse uit die hut uit. Bewe soos ‘n riet – amper die pot laat val. En my juffrou is omtrent in ekstase oor die hele affêre en ek is net stom! Ek het dit pot ‘n paar jaar terug met ‘n trekkery laat val. Ek was nooit vrek sentimenteel oor die potjie nie, maar ek het nogal vreemd sleg gevoel toe hy breek… Die krale het ek destyds ook saam huistoe geschlepp – en dit het vir lank in my ma se lapa gehang… come to think of it – ek weet nie wat daarvan geword het nie.
    Ek smile nogal vir die ‘blou bloed’ notion – daar het al soveel incest plaasgevind in dié ‘Queendom’, dat dit ‘n wonder is dat daar nie meer kinders met afwykings gebore word nie – then again – miskien steek hulle hulle weg 😕

    • demoerin Oktober 27, 2010 at 9:16 vm #

      Yinne BB, miskien moet jy uitvind… jy is dalk veronderstel om die Interim-Modjaji te wees… hel, geen wonder ons land is so droog nie 😆

      Anyway, baie cool storie!

      • BB Oktober 27, 2010 at 9:21 vm #

        😯 Sjuuuuuuuuuuuuuut!!!!!! kan jy comments delete, DMi??? Netnou g 😯 gle hulle my!!!

        • demoerin Oktober 27, 2010 at 9:57 vm #

          😆 BB.. die picture in my geestesoog… Jy in luiperdvel op ‘n karos – jou hare lyk soos Nina sin in Fiela se kind – besig om in jou pienk toolbox te grawe vir die regte beentjies en krale….

          Ten minste weet ons nou wie om te blameer as dit nie in Gauteng wil reën nie 👿

          • BB Oktober 27, 2010 at 10:18 vm #

            🙄 ek lyk nogal hot in leoveltiertert! en jy willie my hare oppe Sondagoggend sien nie!! 👿 maar wat de dinder isse karos?? 😕
            Wag, laa’k my magic reën-riel gaan doen!! En ek sal wragtig riel TOT dit reën!!
            Oja – en assit begin reën… 40 dae en 40 nagte moet jy nie by my kom huil nie, ja?!

          • demoerin Oktober 27, 2010 at 1:29 nm #

            😆 Jinne nou laat jy my ook wonder…karos is mos een van diervel matte/komberse…

  3. Vlam Oktober 27, 2010 at 12:46 nm #

    Dis nou wat ek ‘n kind van Afrika noem! 😉

  4. BB Oktober 28, 2010 at 7:12 vm #

    Né?! En toe?! Het ek geriel of het ek geRIEL?? :mrgreen:

    • Charms Oktober 28, 2010 at 1:18 nm #

      Jinne BB jou riel het tot hier by my gewerk 😉

      Dankie vir die storie DMI.

  5. Girl van die Suburbs Oktober 28, 2010 at 9:23 vm #

    Sjoe! Hoe was die reen vanoggend gewees?

    Jinne om gif te drink oor jy DINK jy het nie eers meer kragte nie (Wat jy actaully nooit gehad het nie) is bietjie radikaal. Ons boere is regtig boring. Ons het nie sulke sterk oortuigings dat ons so ver sal gaan vir ‘n cause nie!

  6. Marius Oktober 28, 2010 at 11:08 vm #

    jip – tot hier by my ook het jy geriel – lol

  7. rosalindreloaded Oktober 28, 2010 at 5:09 nm #

    Die laaste Reënkoningin is aan vigs dood, sowaar het die nuwe era hulle toe ook ingegaan. Kort nadat pres. Nelson Mandela verkies is, het hy die ou ene gaan besoek – hy het ‘n bok as geskenk saamgeneem.

  8. stilekke Oktober 28, 2010 at 10:06 nm #

    …die het ekke nou baie geniet…die hele storie en BB se rielery en die reën en die kommentare…hehehe…tiervel karos nogal….

  9. ekisanna November 1, 2010 at 7:36 nm #

    Ai BB, jy is kostelik. ‘n Rain Queen wat kan sing en skryf… dit moet ‘n eerste wees.

  10. demoerin November 2, 2010 at 10:23 vm #

    Yinne BB… bêre nou eers bietjie daai kraletjies en beentjies terug in jou pienk toolbox virre klein bietjie 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: