Verseker Ja!

2 Nov

Ek sit nou en dink aan ‘n bumpersticker wat ek jare terug gesien het vir die Nasionale Bloeddiens om mense te kry om bloed te skenk. Dit was iets in die rigting van – Bloed is soos ‘n valskerm – Jy het dit nie werklik nodig tot jy dit werklik nodig het nie.

Ek glo versekering is so…. dis nou veral motorversekering op ons paaie, en mediese versekering om nie in ‘n staatshopsitaal te beland nie. Ons kerm en kla oor die maandelikse premies, en die feit dat ons dit dikwels nie gebruik nie… MAAR

Dan gebeur daar iets soos laas week wat die ou wat die ongeluk veroorsaak het weggejaag het… so wie sou ek gesue het vir die R42,000 wat dit gaan kos om my kar reg te maak?

Daar is ‘n mooi uitdrukking – necessary evil – dit is wat versekering is, en ja, jy gaan dit moontlik nie nodig kry tot die dag wat jy dit werklik gaan nodig kry nie. Dit mag dalk ‘n “pie-in-the-sky” uitgawe wees… maar net tot die dag wat die paw-paw die fan strike. Partykeer moet mens net ‘n bietjie verder dink.

5 Responses to “Verseker Ja!”

  1. Xena Phoenix November 2, 2010 at 11:06 vm #

    Ek kan wavragte vol sê oor versekering en die meeste is nie goed nie. Ek word deesdae soos ‘n misdadiger by hulle behandel, danksy ‘n paar eise wat nie eers my skuld was nie. Drolle.

  2. PlaasJuppie November 2, 2010 at 3:13 nm #

    Dis nie ‘n lekker uitgawe nie, maar soos jy sê: As eendag aanbreek is jy maar te dankbaar dat jy dit wel spandeer het.

  3. rosalindreloaded November 2, 2010 at 5:51 nm #

    Oh aarde, ek is te bang om sonder versekering te wees so ek doen maar daardie ding.

  4. leonvonmoltke November 2, 2010 at 9:45 nm #

    Ek het vanoggend weer met ‘n kollega gesels wat versekeringloos was en nou huisraadloos is. Ai.

    • Bloedbek November 3, 2010 at 12:43 nm #

      Kom ons noem versekering maar “Vreesbelasting” en voeg dit maar by al die ander belastings as nog ‘n euwel wat ons moet dra.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: