Vrydagskool…Pouse

5 Nov

Dink terug… neem diep asem, want vir party mag dit bietjie verder terug wees, met bietjie meer inspanning. Stof af daardie argiefbokse en klim saam op die nostalgietrein….

Ek onthou ons het touchers gespeel (kissing-touchers as jufrou nie gekyk het nie). Ons het kaartjies uitgeruil om ons plakboeke vol te maak… onthou julle die Superheroes en A-Team (Ek probeer onthou watter die skaarstes was?) Dan het ons ook balle rondgeskop, en mekaar lekker blou kolle besorg met ‘n tennisbal in die speletjie King. Ek onthou Running-Red-Rovers en albasters wat jy soos goud opgepas het (ek probeer die name onthou – Chinas, clearies, tigers, catseye, bloodies(?) ens.)

Ons het tolle gespin in die krieketnette en die meisies het verskillende tou of rekspring speletjies gehad.

Pouse was altyd ‘n fees….veral lang pouse.

Wat kan julle nog onthou?

12 Responses to “Vrydagskool…Pouse”

  1. Girl van die Suburbs November 5, 2010 at 8:10 vm #

    Behalwe al daai wat jy genoem het, het die girls soos wat hulle ouer word skryfpapier uitgeruil! Ek sien jy kry darem in party skryf behoefte plekke mooi skryf blokke… Its a dying art I tell you! Maar ook nie of ons nou daarop geskryf het nie.. jy het dit net uitgeruil soos jy albasters uitruil.

  2. BB November 5, 2010 at 8:41 vm #

    Ek het BA Baracus se (miniature) ‘toolbox’ van ‘n kys gekry vir ‘n verjaarsdag. VOL tool(tjies)!! die boksie is so 3×1 cm rectangular – ek het destyds gedink dis my awesomste besitting – en om die een of ander rede koester ek die boksie nogal… ek was ‘n HUGE A-Team fan!
    Hahaha!!! Ek onthou nog een spesfieke episode toe BA koffie bestel en die waiter hom vra: “How’d you like it?” seg BA: “In a cup, FOOL!!!”. :LOL:
    Aaaag ja… “I love it when a plan comes together”:mrgreen:

    • demoerin November 5, 2010 at 4:07 nm #

      Hehehehe… ek kan hom hoor “fool” sê.

  3. Dellie November 5, 2010 at 10:59 vm #

    In die koshuis kon ons nie wag vir snoeityd nie. Dan het ons die takke gebruik om huisies mee te bou. Sommer hele dorpe en dan het ons oor en weer gekuier. En ons was vreeslik ontsteld as alles ‘n paar dae later weggery is …

  4. leonvonmoltke November 5, 2010 at 11:43 vm #

    Ons het rounders en rugby ook gespeel pouses. Of sommer in die son gesit en bak in die winter😉

  5. Xena Phoenix November 5, 2010 at 11:50 vm #

    Ek onthou ook skryfpapier

    Jy was natuurlik nie ‘n kind as jy nie op ‘n stadium met sywurms geboer het of fiets gekry het nie.

    O heng, amper vergeet ek. Daar was elke paar jaar ‘n yo-yo fase. Ek was mal oor ‘n yo-yo.

    Daar is ook ‘n speletjie van name, vanne, diere, dorpe. Kry ek nou ‘n idee

    • demoerin November 5, 2010 at 4:08 nm #

      O ja! Die sywurms en die alewige blare gesoekery😆

  6. Plein November 5, 2010 at 1:06 nm #

    Ons het probeer om die eerste meisies rugbyspan van die laerskool te wees, elke pouse en voorskool geoefen. Wel toe het die droom nou nie so uitgewerk nie, dankbaar is ek nou.

    Ek onthou klippieskool op die trappe van die pawiljoen.

    Oe en die Yo-yo, Fanta, Coke, Cream-Soda – kannie onthou watter een was die coolste nie. Albasters speel het maar my gunsteling gebly.

    • demoerin November 5, 2010 at 4:09 nm #

      Yip, nou onthou ek ook die yo-yo’s… daai “prize-posession” ene… die rooi coca-cola ene!

  7. hx November 5, 2010 at 5:03 nm #

    Ons het rek gespring op laerskool. Hasie Blou en hopscotch!

    Ai, hoe verlang ek nou na pouse, net om te kyk wat my ma vir my ingepak het!

  8. johanna79 November 6, 2010 at 9:19 vm #

    dink coke was die coolste ons speel nou nog name vanne diere dorpe as ons nie besig is by die werk nie ons het n game gespeel bad badkamer… weti wiet dit uit gedinkkk ni ma almal wou seep en het pouses om in die tou gestaqn en wag om gekies te word… uit ruil papiere ja en allas cenes uit movies soos dirty dancing uit geact oja en natuurlik klippieskool LEGEND!! wat speel hulle deesdae? of speel hulle nie meer nie

    • demoerin November 8, 2010 at 7:09 vm #

      Scenes uit Dirty Dancing uitgeact???? Goeie ouers, klink of julle ‘n heel “progressive” skool was:mrgreen:😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: