Reg en Geregtigheid

8 Nov

Die skaal van geregtigheid toon ‘n bietjie meer gereeld uit balans te wees. Geregtigheid sal seëvier; moenie die reg in eie hande neem nie; mooi gedagtes wat deesdae meer gereeld uitoorlê word met ‘n sak vol geld en ‘n goeie prokureur en advokaat – en halwe en/of tegnies onvoldoende ondersoeke deur die polisie. In ‘n perfekte wêreld seëvier gereg dalk, maar Suid-Afrika is nie ‘n perfekte wêreld nie.

Dit is dalk hoekom mense gefrustreerd raak en wel die reg in eie hande neem? Wraak is immers soeter as om die krimineel op straat te sien, en geduldig te moet wag vir die wiel om te draai. Die skaal kort ‘n bietjie van ‘n kallibrering. Iets is fout, en die slagoffers raak moeg.

Waar is die geregtigheid in hierdie verhaal?

 ‘n Jong meisie word deur ‘n groep seuns in skoolure verkrag. Hulle maak selfs selfoonvideos van die daad. Seker een of ander siek vorm van ‘n trofee. Sy is so getraumatiseerd, dat sy nie haar eksamens op die oomblik kan voltooi nie….

Die groep seuns…. hulle gaan doodluiters voort met eksamen skryf asof niks ooit gebeur het nie, want Jeppes Polisiestasie sê hulle het nog geen arrestasies gemaak nie juis omrede die feit dat die seuns besig is met eksamen.

Nou waar presies is die reg en geregtigheid in hierdie gebeure? ‘n Meisie se lewe word verwoes – en die kriminele gaan voort met hulle lewens. Iewers is iets groot fout as die polisie so ‘n verwronge idee van die reg kan openbaar.

12 Responses to “Reg en Geregtigheid”

  1. ekisanna November 8, 2010 at 9:40 vm #

    Ek stem saam met jou, dis ‘n siek samelewing waarin ons leef.

  2. Xena Phoenix November 8, 2010 at 10:36 vm #

    Wee jy!!!

    Plaas gaan haal hulle daardie snotkoppe uit die lokaal terwyl hulle eksamenskryf as ‘n les vir ander. Ek is seker die ander meisies voel ook nie gemaklik met die drolle in die omtrek nie.

    Ek het die gevoel dat dit net die punt van die ysberg is. Maar daardie sotte en almal wat in hulle siekespel gedeel het moet gekastreer word. Summier.

  3. Girl van die Suburbs November 8, 2010 at 11:37 vm #

    Ek is stom verslae…. weet jy die program waar ek ‘n fasiliteerder is wat kinders help op ‘n beradings platvorm (Dit is anoniem so jy weet nie met jy werk of waar hulle van afkomstig is nie)het al twee gevalle gehad waar seuns gebieg het om aan sulke aktiwiteite deel te neem EN op te neem… Dit is ongelooflik erg waarmee die jeug te doen het… en die sad ding is meeste van hulle kom weg daarmee. Een geval het die seun se gewete hon gepla en die ander geval het die seun gespog.

    Die polisie maak verskonings want dit gaan heel waarskynlkik ‘n papier nagmerrie wees. Jy is reg, daar is regtig min justice in ons justice sisteem.

  4. Johan Swarts November 8, 2010 at 3:03 nm #

    Dis asof ons vir jare al net nie meer kan voel nie.

    • BB November 9, 2010 at 10:41 vm #

      Jip😦

  5. Charms November 8, 2010 at 3:53 nm #

    Met sulke gevalle sal dit my nie verbaas as iemand die reg in eie hande neem nie. Daar is geen geregtigheid as die seuns se lewens kan aangaan en daardie meisie se lewe in stukke is nie.

  6. demoerin November 9, 2010 at 7:17 vm #

    Ek sien hulle het toe 2 van die outjies in hegtenis geneem.
    Ek hoop net die res van die kinders het die ordenklikheid om daardie snert van hulle fone af te vee soos wat dit rondgestuur is.

  7. johanna79 November 9, 2010 at 8:19 nm #

    ek was eintlik vanllan om self hier oor te blkg maar ek lewer sommer komentaar op joune… hierdie voorval ruk my tot in my binneste dit laat n slegte smaak na en n kol kp my maag. ek is fiesies siek hiervan. waar iss daai arme girl se regte… haar lewe is okr… nie net haar eksamen nie… mense wat verkrag en koelblkedig vermoor MUTNIE regte he nie… bybel se okg vir n oog, ok dit se ok kns mag ni judge nie en JESUS se genade maak dat ons vry geslreuk is… maar iemand wat ietssk afgrysliks dl
    oen het nie JESUS eb
    n do
    ie HEIGE GEES in hkm nie en is dus nog onder die wet nie dke genade nie… so hulle moet volgens die wet vervolg word. nie zuma se wet nje maar die een wat in levitikus voorkom… BRING TERUG DIE DOKDSTRAF!!!!! CHEARS EK TREK EERDER SWITSERLAND TOE!!!

  8. johanna79 November 9, 2010 at 8:23 nm #

    VERSKOON DIE FOUTE EK TIK OP MY STUPID FOON EN SY TOUCH SCREEN IS OP GEVOETER… JKL KAN I OF O WEES QWZ KAN A OF E WEES JAMMER HOOP JULLE MAKIT UIT

  9. Matahari November 12, 2010 at 11:25 vm #

    Ek is biter bang vir mense wat so met hulle werk met kinders loop en spog. Ek ken een berader. Ek het hom nog nooit gehoor se hy doen trauma berading nie. Ek vermoet hy mag dit nie se nie.

    • Girl van die Suburbs November 12, 2010 at 1:41 nm #

      Jy is reg. Ek moet dalk nie vertel nie.
      Dankie vir die uitwys daarvan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: