In Flanders Fields….

11 Nov

Red Poppy

In Flanders Fields

In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.

We are the dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved, and were loved, and now we lie
In Flanders fields.

Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.

Lt.-Col. John McCrae (1872 – 1918)

Op die 11 de uur van die 11 de dag van die 11 de maand is die ooreenkoms onderteken wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog beteken het. Ten spyte van die verskriklike lewensverlies, en die duisende poppies wat in die omgedolwe velde opgekom het om as herinnering te dien….. het baie min in amper ‘n eeu verander…….

********

Bloed verkleur die modder tussen bene en arms en ander stukke wat voorheen lewe was en nou as ’n boete dien vir ander se besluite, terwyl die gewere en bomme ’n kakofonie dirigeer oor die eindelose groen velde en nog ’n naam in die lys van tere herinneringe gebeitel word. Stukkies word geskraap en onder eindelose rye spierwit kruise in die omge-oorlogde aarde begrawe. Daar waar die nuwe lente duisende poppies tot aandag gaan roep in kleur so rooi soos veldslagbloed. Die mooi ter gedagtenis aan geskiedenis wat mense was, en soveel meer as name gebeitel in marmer sou kon wees.

 ********

Ek weet dis ‘n cheat (ek het hierdie laas jaar gepost) maar dis ‘n saak wat my na aan die hart lê. Die tyd en datum – 11de uur van die 11de dag van die 11de maand, was juis so maklik om te onthou. Lest we not forget. Maar die mens vergeet vinnig, al lê ons die claim vir die hoogste lewensvorm op aarde. Na WWI was daar nog WWII, Vietnam, Korea en die Midde Ooste (om net ‘n paar te noem). Maar bo dit alles, voer ons as mens elke dag oorloë met die vuis, en tong, en hart, en denke.

‘n Veldslag hoef  nie wonde te los wat bloed uitdrup, om letsels te los nie. Dink voor jy doen. Dink voor jy praat. Dink voor jy dink. Lest we not forget.

33 Responses to “In Flanders Fields….”

  1. Girl van die Suburbs November 11, 2009 at 8:42 vm #

    Jinne… Oukie… Ek is mal oor die ritme van die bloed verkleur stukkie!

    Ek sal nou nie weer dieselfde na ‘n poppie kan kyk nie… Herinnering op ‘n veld, maar tog sag op die oog.

    • demoerin November 11, 2009 at 10:07 vm #

      En tog vergeet die mens om te onthou.

  2. Betsieboop November 11, 2009 at 9:21 vm #

    wat sê mens hierop?

    Stukkies word geskraap en onder eindelose rye spierwit kruise in die omge-oorlogde aarde begrawe.
    SO ongelooflik treffend

    dankie dmi

    • demoerin November 11, 2009 at 10:08 vm #

      Mens kan niks sê nie – Vandag dalk net treur oor die mensdom vandag.

  3. Plaasjuppie November 11, 2009 at 10:02 vm #

    “God gave men courage and women tears, the one to fight and the other to mourn for what men do to each other”

    Mag ons tog eendag leer . . .

    • demoerin November 11, 2009 at 10:08 vm #

      Ek glo nie in ons leeftyd nie PJ… maar daar is tog nog hoop.

  4. Vlam November 11, 2009 at 4:07 nm #

    Ag, dis ‘n helse sad geskiedenis. Die mensdom is evil.

  5. Sonkind November 11, 2009 at 7:59 nm #

    Dankie vir hierdie stukkie geskiedenis. Ek het vroeg al hier kom lees en dit het my heeldag bygebly. Oorlog is SO ‘n onnodige ding, maar waar mag te sprake is, sal die mens seker nooit leer nie.

    My ouma se twee broers in in die oorlog oorlede. Sy het altyd vir my ‘n foto van hulle grafte in die vreemde gewys. Dis al wat hulle gehad het. Ek gaan bietjie loer na daai website.

    • demoerin November 12, 2009 at 6:54 vm #

      Yip… mag, energiebronne… dalk binnekort kos en water…..

  6. Louwie November 11, 2009 at 9:39 nm #

    Doodgaan op die slagveld is dalk so `n klein bietjie beter as om keelaf gesny te word in jou eie bed.
    Ek sien Ghadafi sê die Palistyne behoort hulle eie A-bomme te hê. Dalk is hy reg ……. daar is te veel mense op aarde.
    Wat van `n bom wat alle mense steriliseer vir die volgende 50 jaar?

    • demoerin November 12, 2009 at 6:53 vm #

      Ons het vir lank nog nie die einde van oorloë gesien nie…… daai bom is dalk nie so ‘n slegte idee nie.

  7. Alta November 12, 2009 at 8:02 nm #

    En ek kan niks meer se as wat alreeds gese is nie. Daai link wat jy gegee het is baie interessant.

  8. Louwie November 13, 2009 at 10:37 vm #

    Miskien moet Die Bom die mense net impotent maak vir 50 jaar?
    Ag tog. Dan sal baie pynpil vervaardigers ten gronde gaan. (nie vannaand nie skat ek het hoofpyn!)

    • demoerin November 17, 2009 at 7:43 vm #

      Ek dink die sterilisasie is ‘n beter idee as impotensie….. regtig.

  9. Marius November 11, 2010 at 11:33 vm #

    uhm …. is dit net ekke – of is hierdie stuk so jaar terug se storie ??

    • Marius November 11, 2010 at 11:36 vm #

      oops – miskien moes ek eers die post se repost admitting gelees het … sorrrryyyyy

  10. ekisanna November 11, 2010 at 1:03 nm #

    “Daar waar die nuwe lente duisende poppies tot aandag gaan roep in kleur so rooi soos veldslagbloed.” – WOW! Ek is so bly jy het onthou!

    • demoerin November 11, 2010 at 1:13 nm #

      Mens moet probeer onthou al is dit soms maklik om te vergeet.

  11. Charms November 11, 2010 at 2:02 nm #

    As meer mense net onthou……

  12. hx November 11, 2010 at 2:47 nm #

    Poppy Day was Started by Two Women

    “In Flanders Fields” left a strong impression on two women – Anna E. Guerin in France and Moina Michael in the US state of Georgia. These two women worked hard to sell artificial poppies in order to help children left as orphans or people made impoverished by World War I. In 1922 Moina Michael thought the flowers should be used as a symbol in remembrance of the war. She turned to the Veterans of Foreign Wars (VFW) who helped make the Memorial Day poppy official. Although poppies are used to honor both Veterans’ Day and Memorial Day, it is traditionally done on the latter.

    Lees meer by: History of the Memorial Day Poppy: Poppy Day is a Time to Honor Those Fallen in Service to Their Nation http://www.suite101.com/content/history-of-the-memorial-day-poppy-a114676#ixzz14yfPgOnw

    • demoerin November 12, 2010 at 7:51 vm #

      Dankie vir die interessante skakel

  13. hx November 11, 2010 at 2:49 nm #

    Jammer, weet nie hoekom post 2keer op is nie!! Delete asb die eerste een!

    Dankie

    x

  14. rosalindreloaded November 11, 2010 at 4:31 nm #

    Oorlog is nooit, ooit die verlies werd nie, hoekom die mens as sogenaamde denkende en slim wese tot dit oorgaan, begryp ek glad nie. Daar is myns insiens ook geen rede, nie ‘n enkele een, wat oorlog regverdig nie.
    (en om oor ou boeke te baklei is die domste ene nog)

  15. Gogga November 11, 2010 at 8:54 nm #

    Ek was verlede jaar by die Somme in Frankryk en dit laat koue rillings deur jou lyf trek as jy naam na naam op daai monument lees. dankie vir die post.

    Ek onthou ek was die hartseerste oor die feit dat die britte hulle dood daar begrawe het. hulle is nie huis toe gebring nie en die springbok grafstene van die jong outjies het my net met trane en meer waardering vir die opofferings gelos.

    • demoerin November 12, 2010 at 7:58 vm #

      Dit is een van my groot drome om so ‘n WWI, WWII sites toer eendag te doen… sommer allie plekke gelyk (so ek moet begin lotto speel😆 )

  16. Andrew November 12, 2010 at 9:21 vm #

    Demoerin daai toer is ‘n moet doen.

    Ek het In Flanders Fields twee weke terug vir my ma oor die telefoon gelees en toe kom dit uit dat die woord “blow” in die eerste lyn eintlik “grow” moet wees. Sien hierdie handgeskrewe weergawe deur McCrae: http://en.wikipedia.org/wiki/File:In_Flanders_fields_and_other_poems,_handwritten.png

    Het al ooit na Pink Floyd se The Final Cut geluister?

    • demoerin November 12, 2010 at 9:32 vm #

      Snaaks genoeg… elke keer wat ek dit lees, lees ek “grow”… miskien probeer John McCrae my rehelp?

      • demoerin November 12, 2010 at 9:39 vm #

        Oor The Final Cut – Die song en die album glo ek, in teenstelling met wat die “die-hard” fans sê, het van die diepste en treffendste lirieke wat hulle ooit gesing het.

        • Andrew November 12, 2010 at 2:33 nm #

          Ek stem saam.

  17. rosalindreloaded November 12, 2010 at 3:40 nm #

    By Al Alemein (nie seker oor spelling) uit WWII le baie SA soldate se grafte daar in die woestyn in die sand, hoor ek.

    • demoerin November 12, 2010 at 3:55 nm #

      Yip, daar is baie versprei. My ouma se eerste man, my twee ooms se pa, is in WWII dood. Ek het laas jaar online opgespoor waar sy graf is. Ek weet nou dit is in Italië naby Pisa ek dink, het nogal grafnommer en alles op die site. Baie cool website:
      http://www.cwgc.org

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: