Vrydagskool…Leeshoekie

12 Nov

DEEL 1: Wat lees jy op die oomblik?

Op my bedkassie is:

  • CJ Langenhoven – Die Erwe Van Ons Vaad’re
  • Asterix en Obelix – Asterix and the Great Crossing – Ek lees weer die reeks stelselmatig
  • The Fox & The Flies – The World of Joseph Silver – Nou as jy van bio’s hou is hierdie die boek vir jou. Wie was hy? Kom ons seg net ‘n man wat ook ‘n unieke spoor in SA geskiedenis gelos het…. ‘n stukkie uit die voorwoord: “It is the outline of an unfolding personality which, at different moments, assumed the role of arsonist, bank robber, barber, bigamist, brothel-owner, burglar, confidence-trickster, detective’s agent, gangster, horse trader, hotelier, informer, jewel thief, merchant, pickpocket, pimp, policeman, rapist, restaurateur, safe-cracker, smuggler, sodomist, special agent, spy, storekeeper, trader, thief, widower, wig-maker and white slave trafficker.”
  • Dan werk ek ook nog stelselmatig deur Herodotus se Histories – Maar die boek is te groot vir my bedkassie (Hy kan amper as ‘n kassie op sy eie gebruik word😆 ).
  • 

DEEL 2: Wat sal jy aanbeveel?

Dink terug aan die een, of twee boeke wat jy glo MOET gelees word…

  • Martin Meredith se Diamonds, Gold and War: The Making of South Africa. Ongelooflike boek vir meer ernstige leesstof.
  • Vir ontspanning kom daar altyd net een boek by my op, volgens my die beste novel wat ooit gepen is – The Third Twin van Ken Follett

Kom kom – dis maklik om die twee vragies te antwoord… en die lesers dalk op die spoor van nuwe leesstof te sit.

27 Responses to “Vrydagskool…Leeshoekie”

  1. Plein November 12, 2010 at 8:44 vm #

    Ek is tans met ‘n paar boeke besig – maar kannie nou juis een van hulle se name onthou nie. Alles is een of ander riller tipe. Die een weet ek darem is jou aanbeveling van The third twin. Baie cool sover.

    Aanbevelings sou wees defnitief enige van David Baldacci se boek – alles is ongelooflik.

    • Girl van die Suburbs November 12, 2010 at 10:09 vm #

      Ahem… daai kannie onthou nie gaan jou nog 9 maande bly by hoor ek!😛

      Sterkte met die porridge brain!

  2. Xena Phoenix November 12, 2010 at 9:02 vm #

    Ek lees op die oomblik Q & A – waarop Slumdog Millionaire gebaseer is. Wens net ek kan op my as gaan sit en aan die lees kom.

    Ek kan enige iets van Dalene Matthee aanbeveel. Maar ter wille van die oefening gaan ek Ena Murray se Plekkie in die Son aanbeveel. Dit het dalk oor melaatsheid gehandel, maar is nog steeds relevant vandag. Die isolasie en skande oor siekte (melaatsheid, vigs, tering??) en die invloed op mense.

  3. Girl van die Suburbs November 12, 2010 at 10:17 vm #

    Op my bedkassie:

    * Dances with Devils : A journalist’s search for trusth deur Jacques Pauw. Fantasties goed. Hy vertel wat hy as joernalis hoofsaaklik gedurende die apartheids jare oopgevlek het of van kennis gedra het maar nooit berig het nie… onder andere oor vlak plaas,Ruanda slagtings ens.
    * Life on the line – Biografie oor ‘n evangelis Des Sinclair se lewe en hoe God wonderwerke deur hom doen om mense tot bekering te bring… Seker nou nie elkeen se cup of tea nie – nogtans riviting stuff!
    *Captivating deur Staci Eldridge- Ook seker nie almal se cup of tea nie maar die boek handel oor die vrou wat die kroon van die skepping is… The last perfection… Nog steeds cool om jou eie identiteit te soek en te weet wat jou mooi maak.

    • demoerin November 12, 2010 at 10:47 vm #

      Daai Dances With Devils klink goed.
      Captivating laat my onwillekeurig aan Dr. Kelloggs se boek, Man the Masterpiece klink. Seker totaal verskillend, maar konnie help nie.

      • Girl van die Suburbs November 12, 2010 at 1:22 nm #

        Ek’t Dr.Kellog gaan google… Oi… wat ‘n interessante entjie mens was hierdie oompie nie gewees nie! :mrgreen:

        • demoerin November 12, 2010 at 1:41 nm #

          Ja, hy was so bietjie geklap deur die windmeul, maar daai boek was baie amusante leesstof, ek onthou die een hoofstuk waar hy waarsku teen ‘n vrou kies wat korset dra, aangesien haar binnegoed gesquash is…

          Hy het ook mos op een of ander weird manier gedink Rice Crispies gaan kan dien as voorbehoedmiddel – ek probeer nog daai een uitwerk.

          • demoerin November 12, 2010 at 2:02 nm #

            Oops. dit was corn flakes ek dink.

          • Girl van die Suburbs November 12, 2010 at 2:25 nm #

            Hmmmm…. Ek kan nie eers in my wildste drome insien nie.. oh wag! 😯

            As jy die rice crispie tussen jou knieë vasknyp… dan kan dit dalk ‘n voorbehoedmiddel wees, maar dit is net geslaagd as jy dit aanhou vasknyp!

  4. ekisanna November 13, 2010 at 8:44 vm #

    Niks so heftig soos jy nie. Blue Horizon van goeie ou Wilbur (op die bus werk toe en terug)en Google – mens kan Google lees, glo my. Ek het nou net die Twilight boeke klaar gelees (jy kan Johanna daarvoor blameer)en het nog nie weer in iets ander ingekom nie.

    Op my bedkassie is There Were Two Trees in the Garden van Rick Joyner (nie altyd mal oor alles wat hy skryf nie, maar hierdie een kan maar gelees word).

    Ek wonder net of jy al Jeffry Jenkins se boeke gelees het. Oud, maar sal nooit koud word nie. Lekker, maklike stories. Probeer gerus – as jy hulle nog in die hande kan kry.

    • demoerin November 15, 2010 at 7:27 vm #

      Ken nie vir Jeffry nie… sal bietjie gaan google

    • demoerin November 15, 2010 at 7:28 vm #

      Ja… ek weet Asterix is nogal swaar leesstof:mrgreen:

  5. PlaasJuppie November 13, 2010 at 9:51 vm #

    (1) Op my bedkassie is: (En langs my rekenaar en in die troonkamer)
    Tornado..tussen stiltes. Barrie Burger
    Samoe[r]sa reis. Johan Bakkes
    Die wat gewen het. Jannie Geldenhuys
    Ways of staying. Kevin Bloom

    (2) Ek kan 3 boeke aanbeveel. The Shack. The Shack. The Shack.

    • demoerin November 15, 2010 at 7:30 vm #

      Ooo, is dit van daai Kanadese ou, Young ek dink? Dit is nog op my “to read” lysie.

      • PlaasJuppie November 15, 2010 at 9:49 vm #

        Dis net hy daai. Jy sal nie spyt wees nie

  6. Son November 13, 2010 at 1:30 nm #

    Ek lees (nog steeds) Running with Horses van Alan Boesak. Daai man spreek tot my, ongeag. Die ander bubblegum fiksie wat ek tussen-in lees, wil jy nie van weet nie😉
    Dan beveel ek natuurlik als aan van Kathy Reichs, Elizabeth George en Bryce Courtenay. Verder met Vrede van Barry Burger is die een boek wat my binne geslaan het, maar dis ‘n anderste boek. En dan natuurlik lees ek jou blog😆

    • demoerin November 15, 2010 at 7:35 vm #

      Ek is ‘n groot Bryce Courtenay fan. My gunsteling is so ‘n kleinerige hardeband boekie met die naam van The Night Country, ‘n uur of so se leesstof – wat jou vir altyd bybly.

  7. Celia Neveling November 13, 2010 at 10:16 nm #

    Ek lees op die oomblik al my ou Agatha Christie’s weer, seker vir die 1000ste keer!

    • demoerin November 15, 2010 at 7:35 vm #

      Sekere boeke verdien om oor en oor gelees te word.

  8. johanna79 November 14, 2010 at 12:26 vm #

    enige iets wat ek my hande op kan kry. ek kry sulke giere… maar na die twilight reeks is daar niks waarin ek regtig belang stel nie… Stefanie meyer is n briljante skrywer en haar styl is maklik om te volg en nogal verslawend… vra vir anna en die ander tannies van nabomia wat die boeke by hulle tiener dogters gekonfeskeer het net om self tot 4 uur in die oggend op te bly om te sien of bella vir edward of jacob gaan kies…
    op my bedkassie op doe oomblik staan twee half geleesde boeke… Last Song van Nicholis Sparks en Me and MR Darcy van Alexandra Potter. Eks n groot Jane Austen fan en my suster het gedink ek sou van die Potter boek hou, dis ok, raak so bietjie vervelig hier en daar maar ek dink ek sal dit klaar lees. Last song wou ek net begin lees toe sien ek die movie… nou weet ek nie… sal eendag verveeld genoeg wees om dit ook te lees. ek lees gou oor n vrydag en saterdag aand n boek klaar. hierdie soppy mills and boons is nogal entertaining… maar ja.
    toe kry ek my hande op VIER BRIEWE VIR JAN ELLIS… gaan lees my blog om die kommentaar daar op te kry… haha

  9. stilekke November 14, 2010 at 8:47 nm #

    …hhhmmm…op die oomblik….Ted Dekker se “obsessed” en my historiese Engelse digters…en poësie…en bietjie Gibran…
    …aanbeveel…enige John Irving…begin met “world according to Garp”…

    • demoerin November 15, 2010 at 7:41 vm #

      Ek hetdarm al Garp gelees, maar intussen heeltemal van Irving vergeet.

  10. demoerin November 15, 2010 at 7:42 vm #

    Ek het vegeet om te sê ek is ‘n huge Paulo Coelho fan… n dis ‘n sonde as enige een nog nie The Alchemist gelees het nie.

  11. Sonlig November 16, 2010 at 9:31 vm #

    Ja, ek kan The Shack ook aanbeveel. Dié boek het my laat besef dat my persepsies (oor baie dinge) ontsettend baie van my vreugde steel.

    Het al so twee Paulo Coelho’s gelees. Bietjie eienaardige styl vir my…..die man is geneig om homself in die rede te val.

    Wat ontspanningslees aanbetref is ek mal oor Tess Gerritsen – veral as jy ‘n ding het vir mediese rillers.

    Ek het nou al twee Jodi Picoult’s gelees en sy laat mens nogal oor jou eie reaksie op situasies dink. Sy is oukei.

    Elizabeth Gilbert se Eat, Pray, Love was ook een van die beste boeke wat ek nog gelees het. Het nog nie die movie gesien nie, want dis blykbaar (soos altyd) ‘n letdown na die boek. Haar tweede boek het blykbaar ook nie dieselfde impak gemaak nie.

    Ag – daar is te veel om op te noem. Mens gaan deur fases.

    Laastens moet ek darem sê: Deon Meyer, Deon Meyer, Deon Meyer. Ek is besig met Spoor.

    • demoerin November 16, 2010 at 12:39 nm #

      Maak nota – Tess Gerritsen.

  12. frieda herbst November 25, 2010 at 7:45 nm #

    Ek is op soek na n oi novelle – PLEKKIE IN DIE SON – Ken ongelukkig nie die skrywer nie.

    Baie dankie,
    Frieda Herbst

    • demoerin November 26, 2010 at 7:54 vm #

      Net omdat jy comment # 7,800 gemaak het… on obviously in vandag se ekonomiese toestand niks wen nie.. het ek bietjie gaan soek.. Ek kry net inligting oor ‘n 1979 fliek en dan ‘n boek met dieselfde naam geksryf deur Ena Murray.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: