Ek was verkeerd

15 Nov

Vriend Johan gebruik hierdie vergelykings-metode, en ek gaan sonder om te blik of te bloos sy idee vandag gebruik.

Juffrou A aan Juffrou B by ‘n straathoek kafeetjie (very European):

“Kyk nou net hoe glip daai taxi om die hoek oor die rooi lig. En daardie metro polisielid aan die oorkant staan maar net en toekyk. Doen niks! Wat word van ons land?”

******

Juffrou A aan Juffrou B, ‘n week later. Op die selfoon. By ‘n gesondheidsplaas buitekant Magaliesburg, besig om te herstel met die hulp van ‘n reeks masserings en modderbaddens:

“En kan jy glo dat hulle my arresteer omdat ek aan die verkeerde kant van die pad gery het? Almal doen dit, maar EK word soos ‘n krimineel behandel!”

******

My Ouma het altyd gesê – What is good for te goose, is good for the gander. Dit gaan oor erken jy is verkeerd, en dit dan nie weer doen nie. Ons roep dit verantwoordelikheid neem.

Advertisements

18 Responses to “Ek was verkeerd”

  1. Johan Swarts November 15, 2010 at 1:31 nm #

    Hulle seg mos goeie kunstenaars steel 😉

  2. PlaasJuppie November 15, 2010 at 3:04 nm #

    My ma het altyd vir my gevra “nou maar as almal in die vuur spring, gaan jy dan ook agternaspring?”
    Integrity is doing the right thing in spite of, not because of, what other people are doing.

  3. Xena Phoenix November 15, 2010 at 3:28 nm #

    Hoe het die oumense gesê? Wys vinger na iemand en 3 wys terug na jou

  4. Hx November 15, 2010 at 5:18 nm #

    Hoor hoor! “Die man bel sy vrou een oggend. My skat!! Almal het mal geraak en bestuur aan die verkeerde kant van die pad!!!”

    -enough said!
    Hx

    • demoerin November 16, 2010 at 7:25 vm #

      Ja, so iets. Ek dink dis ‘n nuwe sosiale siekte. Niemand wil verantwoordelikheid neem vir enigiets nie – Almal is lief om vinger te wys.

  5. Celia Neveling November 15, 2010 at 7:39 nm #

    baie waar, hoe gaan dit met die baba?

    • demoerin November 16, 2010 at 7:24 vm #

      Baie goed dankie… seker nou so amper 35mm groot. hiehie

  6. Andrew November 15, 2010 at 9:57 nm #

    Ek en ‘n vrou het vanoggend amper in mekaar se tjops gery toe albei van ons nie by ‘n 3-rigting stop gestop het nie. Maar sy was meer verkeerd as ek omdat sy behoort te kon gesien het dat ek eerste die wet oortree het en dus ryvoorgang gehad het.

    Of so iets …

  7. Girl van die Suburbs November 16, 2010 at 11:41 vm #

    Hmmm Wonder wat is die moeilikste een om te sê… Ek was verkeerd… Ek is jammer? 🙄

    • demoerin November 16, 2010 at 12:37 nm #

      Sover verantwoordelikheid neem aangaan, dink ek hulle moet dieselfde gewig dra.

  8. toortsie November 16, 2010 at 7:57 nm #

    of….ek was verkeerd….tough luck!!
    ons sal ons sokkies moet begin optrek….. 🙂

    • demoerin November 17, 2010 at 8:52 vm #

      My probleem is baie se sokkies is vol gate… of al lankal verloor 😆

  9. toortsie November 16, 2010 at 7:57 nm #

    het ek gesê ek stem saam? Nie? Wel, ek stem saam met hierdie skrywe. Dankie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: