Woordspel…Bon Voyage!

17 Nov

Ewe peraat in die ingangsportaal. Dis nou ek en Sus, en Ma en Pa. Die vier van ons in ‘n ry in afwagting op die taxi. Nie een van daai minibus gedoentes nie. Nee, ’n regte Merc ene met blinkgepoetsde swart bakwerk wat glinster in die son. Die taxi sal ons met seremonie by die lughawegebou aflaai… en dan kan ons weer ’n pretrit op die bagasietrollie geniet. Dit is altyd lekker by die lughawe om tussen ander kinders te wees wat vol opwinding uitsien na die vlug.

Ek wonder of neef Pieter al die nuus gekry het? Hy gaan tog so jaloers wees. Hy is mos die een met sy neus in die boeke, gaan nogal elke dag na die Graad 3 klas toe. Hy hou homself altyd tog so beterweterig, so asof ons oorseese reise hom nie pla nie. Pieter se sussie, my niggie Susan, is al so bietjie ouer. Graad 6. Sy kla weer alewig oor die swaar boeke wat sy moet rondkarwei. Ek hoop nie dit is my voorland eendag nie.

Neef Pieter wil in sy Pa se voetspore volg. Dis nou Pa se broer, Pieter Snr. wat glo dat hy met harde werk in dokters spreekkamers opgeeindig het. Nogal chirurg offe ding. Iets met jou ore en neus te doen. Tannie Zelda, of eerder Esmerelda deesdae (soos dit die dokter se vrou betaam) is ietwat van ‘n sosiale vlinder. Lê die hele dag in koffiewinkels rond. Dra ook alewig ‘n laptop saam. As jy my vra, en tussen my en jou is dit wat Ma agteraf ook sê, is daai ding seker vir die show, wat ons glo nie sy weet eers waar die “On” knoppie sit nie.

“Diiiiing – Doooong”. Ek raak sommer weer opgewonde want dit is die hekklokkie, en seer sekerlik is dit nou uieindelik die taxi. Binne ‘n oogwink is ons in die Merc oppad lughawe toe. Daar is so ‘n vanilla aroma in die lug, en ek kannie wag vir hierdie nuutste avontuur nie. Pa het iets gesê van Hawaii. Goue strande en helderblou see – en toe voeg hy girls in bikini’s by toe Ma nie meer luister nie. Hy is ‘n regte klein rampokker.

Ek hoor Ma sê iets vir Pa oor Philip. Dis nou Ma se broer wat nie getroud is nie. Pa sê altyd hy sal ook nooit trou nie, want dit is onwettig, of so iets. Ek verstaan nie die storie nie, maar verstaan Philip hang saam met ander mans in klubs uit. Pa sê ook dan altyd iets van sagte leer en klinknaels wat Ma laat bloos. Deur die dag dra hy ontwerpe vir klere saam met hom rond. Dis nog iets wat ek nie verstaan nie. Mens koop mos klere in ’n winkel, en enige vrae van my kant af kry net altyd dieselfde ”Jy is te jonk om te verstaan”. Ek is seker daarvan Sus verstaan, maar om haar te vra is soos om jouself herhaaldelik met ’n skoen te skop. Alles tevergeefs.

Ek hoop net hierdie pilot weet wat hy doen. Die laaste vlug was so stamperig, dit was ‘n hele deurmekaarspul soos almal rondgeval het, en dit was so hittete of so ‘n groot Tannie het my platgeval. Daar sou niks van my oor gewees het nie – en dit kan ek in eerlikheid vertel sonder ‘n smile op my bakkies. Dit sou dieselle gewees het as om ’n aktetas in ’n japtrap in ’n presentationfolder te verander – iets wat jy net met oortollige gewig kan vermag.

Die opstyg was sonder voorval… en nou kan ek my oë toemaak en droom oor blou lug en goue strande en groot rooi strandballe, en ’n tweede of derde rondte op die bagasiebelt in ”Arrivals” en die hoop dat doeane my nie gaan omkeer nie. Dis feitlik onmoontlik om alles weer netjies in te pas… yip, die lewe van ’n reistas is nie alles maanskyn, rose en vêraf plekke anderkant die horison waarvan ek plakkers bymekaar maak nie. Draai jouself bietjie in bubblewrap toe en kyk of jy gemaklik kan asemhaal.

Bon Voyage! Ek wonder of Ma my nametag onthou het?

Advertisements

12 Responses to “Woordspel…Bon Voyage!”

  1. BB November 17, 2010 at 12:17 nm #

    Bril-friggin-jant!!!

    • demoerin November 17, 2010 at 1:23 nm #

      😆 Ek was net lus vir ietsie speels… waar niemand doodgaan nie.

      • BB November 17, 2010 at 1:37 nm #

        Hmmm… 🙄 en sê nou maar sy Ma het sy name-tag vergeet? En sê nou die vliegtuig val en hy spoel uit oppe verlate strand? En sê nou… :mrgreen:
        Whateva! steeds regtig great! Nee – ek volstaan by BRIL-friggin-JANT! Ja!

        • demoerin November 17, 2010 at 3:35 nm #

          Mmmmm…ja, die posibilities is eindeloos..

      • Girl van die Suburbs November 18, 2010 at 10:46 vm #

        WWWWWWWAAAAAAAAAAAAATTTTTTT ❓

        Niemand gaan dood nie! 😯

        • BB November 18, 2010 at 12:38 nm #

          …maar iemand kan dalk nog gekidnap word… 😉

          • demoerin November 18, 2010 at 12:49 nm #

            Of convert en ‘n fundamentalisitese selfmoord-bom-tas word…

          • Son November 18, 2010 at 2:39 nm #

            Gaan hierdie storie vervolg 😉

          • demoerin November 18, 2010 at 4:28 nm #

            Ek glo nie son….. ek het klaar gesukkel om nêrens bloed, guts en ontploffings in te bring nie 😆

          • demoerin November 18, 2010 at 4:29 nm #

            Mmmm…miskien kan die vliegtuig val?

  2. toortsie November 18, 2010 at 8:38 vm #

    gelukkig was jy te jonk om te verstaan, want anders kon ons nou nie jou vrae en jou wonder lees nie!!
    ag, vakansie hou is lekker, van die beplanning af dwarsdeur!
    vertel nog!!

  3. Charms November 18, 2010 at 1:36 nm #

    Dit was nou lekker 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: