Wat betaal beter?

22 Nov

Ek lees ‘n berrig in Beeld oor die nuut voogestelde immigrasie wette. Die Nasionale Tesourie bemark Suid-Afrika aan buitelandse maatskappye as die “Hoofkantoorbestemming” vir Afrika. Dit maak sin, want behalwe miskien vir openbare vervoer, is ons infra-struktuur gewys nie vêr agter enige eerste wêreldse land nie…. en elk geval baie vêr voor die meeste ander Afrika lande.

Maar dan kom Binnelandse Sake, en maak dit uiters moeilik vir hierdie maatskappye om in Suid-Afrika te investeer. Ja, investeer – hulle wil geld die land inbring. Hulle wil dit net al hoe moeiliker maak vir hierdie mense om werkspermitte wettiglik te bekom… en soos wat die Tesourie maanskyn en rose verf, is Binnelandse Sake besig om daardie skildery met swart verf toe te maak.

Binnelandse sake is blykbaar alreeds ten minste 10,000 aansoeke vir permitte agter, en dit is nog voor die voorgestelde wetsveranderings. Hulle voorstel is dat expats in die toekoms in hulle eie lande moet aansoek doen – en dan slegs SA toe kan kom na goedkeuring. Dit sal ook dan beteken dat as jy ‘n verlenging nodig het, jy eers SA moet verlaat, en dan in jou eie land aansoek doen, en wag vir die goedkeuring.

Ek werk vir ‘n Griekse maatskappy, en tot dusver was bewys dat jy aansoek gedoen het genoegsaam, juis omdat die proses so lank vat.

Feit is, goeie idees is net goeie idees vir sovêr jy dit tydig kan uitvoer.

Feit is, investering bring ekonomiese groei, moenie die mense afskrik nie.

Feit is, onwettige immigrante kry oorkoepelende amnestie terwyl hul aansoeke verwerk word.

Feit is, dit betaal blykbaar nie meer regtig om jouself ten volle aan die landswette te onderwerp nie, en die feit dat ek so iets kan kwytraak maak my bang.

8 Responses to “Wat betaal beter?”

  1. Xena Phoenix November 22, 2010 at 11:14 vm #

    Ons het maar ‘n teenstrydige regering. Ek gaan by twee voorbeelde volstaan.

    1) Almal is gelyk, ongeag van ras, geslag ens. Tog word BBBEE afgedwing.

    2) Niemand onder 16 mag aan enige seksuele aktiwiteite, selfs soen deel neem nie. Maar almal ouer as 12 mag voorbehoeding of selfs ‘n aborsie sonder toestemming kry.

    Die Grieke is seker te Europees vir hulle. Dit blyk alhoemeer asof net Chinese beleggings vir hulle goed genoeg is.

    • demoerin November 22, 2010 at 11:19 vm #

      Yip, ss dit nie so ernstig was nie, was dit eintlik seker skreeusnaaks.

  2. Johan Swarts November 22, 2010 at 2:16 nm #

    Feit is, jy’s reg.

  3. Girl van die Suburbs November 23, 2010 at 8:21 vm #

    Wel… Die sad ding met die ene is… Niks wat ek of jy of al die ander landsburgers doen sal dit kan verander nie. Dis so unayoba!

    Die oorstroom van immigrante is duidelik sigbaar by elke verkeerslig en stop straat… Dit word al hoe minder Suid Afrikaners wat bedel en meer Afrikane van oral oor… Seker 7 uit 10 wat ek sien op straat is uitlanders. Nou dink nou net… Dit is vir hom veel beter om op die strate van Jozi te kom bedel as om ‘n bestaan te probeer maak in sy eie land. Ek glo die staat draai ‘n blinde oog want so help hulle mos maar tog hul eie soort.

    Dan kry jy die Europeers wat wil belê en Suid Afrika help bou, maar oor die anti-koloniale – I as African will not submit to an European… sal dit nooit in der ewigheid toelaat nie want dan verraai hy sy nuut gevonde demokrasie.

    Kan nie wen met die een nie

  4. BB November 23, 2010 at 3:18 nm #

    Apparently necessity has no law…😦

  5. Charms November 23, 2010 at 3:44 nm #

    Dit maak my ook bang.

    • demoerin November 23, 2010 at 3:49 nm #

      😆 Die feit dat EK dalk reg is… of die FEIT dat ek dalk reg is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: