Vrydagskool…Maatjies

3 Dec

Onthou julle altyd die opwinding as nuwe maatjies in die klas inkom? Wel, ons het mos ‘n nuwe maatjie in wording vir die Vrydagskoolklas… en hier is die eerste foto wat ek in die hande kon kry –

Daar is 2 definitiewe dinge wat in 2010 uitstaan as absolute hoogtepunte:

  • Hierdie pot het ‘n deksel(s) gekry. Ek het 2 ongelooflike girls in my lewe bygekry en
  • Die opwinding rondom die swangerskap.

Ek moet eerlik erken, dat behalwe vir die absolute opwinding, dit natuurlik baie aanpassing is om te gaan van single – na ‘n gesin – en dan ‘n verwagte verdere toevoeging tot die gesin. Dit voel nog steeds soos bungee jumping – Absolute opwindende adrenalien rush, gemeng met absolute vrees. Die vrees is natuurlik soos gewoonlik oor die “onbekende” faktor, die feit dat jy nog nie self daardie paadjie voorheen gewandel het nie. Wat ek wel oor seker is, is dat ek die nuwe avontuur met niemand anders as die 2 girls in my lewe sou wou deel nie.

28 Responses to “Vrydagskool…Maatjies”

  1. BB Desember 3, 2010 at 8:04 vm #

    Oits! Cute! check die lyftaal (houding)!! Nogal heel kordaat, dié meisiekind😆

    • demoerin Desember 3, 2010 at 8:22 vm #

      Meisiekind? Weet jy iets wat ek nie weet nie… het jy met jou reënmaker-krale gespeel en inside info?😆

  2. toortsie Desember 3, 2010 at 8:23 vm #

    Geluk!!! Dis ‘n WONDERLIKE tyd in ‘n mens se lewe!! Geniet ELKE oomblik!!

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:21 vm #

      Ek geniet elke oomblik toorts, elke treetjie

  3. Vlam Desember 3, 2010 at 9:14 vm #

    Cute! Met daai “haarlyn” lyk dit nogal na die Skim se babietjie. 😆

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:20 vm #

      Ek sal bietjie met Plein moet gesels… hehehehe

  4. Son Desember 3, 2010 at 12:16 nm #

    Julle gaan okay wees, meer as okay. Sommer vrek happy! Daarvoor sal ek MY reënmaker-krale verwed😉

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:20 vm #

      Dankie sonnie, weet jy dit is die wonderlikste gevoel, as mens WEET dit is waar.

  5. Girl van die Suburbs Desember 3, 2010 at 1:28 nm #

    Hoe cute is dit nie! Ek sal ‘n bookie-besigheid begin en julle kan alle wedenskappe op die geslag van hierdie wonderwerkie begin insit.

    Ek dink dit gaan ‘n seuntjie wees! 😉

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:19 vm #

      😆 Ek dink op die oomblik is dit so 50/50…

  6. ekisanna Desember 3, 2010 at 8:13 nm #

    Die wonder van tegnologie word by verre oortref deur die wonder van nuwe lewe. Net die mooiste, lekkerste en beste vir jou en jou twee girls.

  7. Charms Desember 3, 2010 at 9:00 nm #

    Lyk my diè kleintjie het alreeds ‘n “don’t mess with me” houding🙂

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:18 vm #

      Ek check ook daai kiekie so😉

  8. Plein Desember 4, 2010 at 6:17 vm #

    Is ek en Jessie nie net die luckyste girls nie?

  9. Gogga Desember 4, 2010 at 7:24 nm #

    Dit is wonderlik as jy so geluk gevind het. Om dan nog verder jou familie uit te brei met ‘n kleinding is werklik ‘n top TOPpunt vir die jaar.
    Julle klink na ‘n baie mooi gesin.

  10. ekisanna Desember 5, 2010 at 7:30 vm #

    DMI, nou het jy my skoon deurmekaar gemaak. Ek weet die een girl is in, maar wie is Jessie?
    Plein, dan wonder ek ook oor hierdie naam van jou, want ek is oortuig dat dit nie ‘n afleiding van “plain” kan wees nie… jy klink vir my alles behalwe “plain”.

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:17 vm #

      Jessie is Plein se dogter… ek kom nou agter ek het baie mense geconfuss….😆

  11. ekisanna Desember 5, 2010 at 7:31 vm #

    Damn stukkende keyboard! Dit moet lees:”Ek weet die een girl is Plein….”

  12. netjane Desember 5, 2010 at 7:56 vm #

    Dit moet ‘n dogtertjie wees, waar anders gaan my seuntjie ‘n blogger girlfriend kry?🙄

    Baie geluk – as julle nie weet wat om te doen nie, klop maar by my aan, ek gaan ‘n paar maande voor julle wees en dus weet dat ek nie weet wat om te doen nie!😉

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:15 vm #

      😆 Jane

    • demoerin Desember 6, 2010 at 7:22 vm #

      Wanneer is die groot datum nou weer?

      • netjane Desember 6, 2010 at 7:31 vm #

        29 Januarie – juis vanoggend weer ‘n scan, maar die datum het nog sover konstant gebly.

  13. Xena Phoenix Desember 6, 2010 at 11:28 vm #

    Shit, ek is seker ek het hier gecomment.

    Die detail in sonars is vir my verstommend. Ek is seker sy gaan ‘n hartebreker word.

    • demoerin Desember 6, 2010 at 12:21 nm #

      As dit ‘n sy is…😆
      Ja nee, dis scary… daai 4D scans is incredible.

    • Girl van die Suburbs Desember 6, 2010 at 1:13 nm #

      SY❓

      Ek sê jou dis ‘n HY! 😉

  14. Gogga Desember 6, 2010 at 3:58 nm #

    Ek stem saam dit is ‘n Hy.
    Check die oudingtjie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: