Kontraste

7 Dec

Ek is werklik gelukkig… die foto is wat ek gisteraand kon aanskou, en elke ander dag van die jaar sou ek so lus voel, want dit is die uitsig van buite my voordeur.

Daar is kleur-transformerende verf op die palet wat hierdie onbekostigbare skilderye verf, want nie 2 dae lyk dieselfde nie. Hoekom kan die natuurprag nie genoegsame inspirasie wees nie? Hoekom kan ons as mens nie besef dat ons as deel van hierdie skepping ook bedoel is om sulke pragwerke te wees nie?

Desember is een van my gunsteling maande, juis vanweë die feit dat daar gewoonlik meer vrede, vreugde en welwillendheid onder die mensdom is. Maar daar is iets fout. My hart skeur elke dag as ek die nuus aanhoor en die koerante lees. Ek kry skaam vir my mede-wêreldgenote; BAIE skaam vir my mede-landsgenote; want die huidige stand is verseker nie hoe dit bedoel was om te wees nie.

Hoe vermoor jy iemand koelbloedig? Hoe verkrag jy jou eie kind? Hoe mishandel jy ‘n ander persoon? Hoe..Hoe..Hoe..?

Hoe voel dit om die blerts wit verf op die meesterstuk skildery te wees? Die feit dat die mens kan redeneer is veronderstel om ons beter te maak as die baobab en die Victoria valle, nie slegter nie. Die mens is veronderstel om die skildery af te rond, nie te ruineer nie.

7 Responses to “Kontraste”

  1. Vlam Desember 7, 2010 at 9:09 vm #

    Die “kroon van die skepping” is om van naar te word. Was ons maar altyd so, of berig die media net beter daaroor?

    • Son Desember 7, 2010 at 12:14 nm #

      Ons was maar altyd so. (Kyk vir Kain en Abel; Jakob en Esau; Josef, wie se broers hom wou doodmaak.) Ironies dat God, wat so ‘n wonderlike Skepping gemaak het, so ‘n gebroke mens gemaak het. Of is dit alles te danke aan die boom van goed en kwaad?

  2. Xena Phoenix Desember 7, 2010 at 10:11 vm #

    Baie mooi foto.

    Natuurlik dink nie dat diegene wat tot sulke siek dade instaat is mense genoem kan word nie. Ook nie diere nie.

  3. ekisanna Desember 7, 2010 at 11:57 vm #

    Ons beleef deesdae net sulke asemrowende sonsondergange hier in die Bosveld, blykbaar as gevolg van al die vog in die lug. Ekself vermoed dat al die moord, marteling en verkragtings as gevolg van net een ding is, naamlik die “EK” wat in alles eerste kom. Alles draai om die eie EK en daardie EK moet bo alles bevredig word en daardie EK se wil moet op alles en almal afgedwing word en so vier euwel hoogty, want EK het nie ‘n gewete nie.

    • demoerin Desember 7, 2010 at 12:32 nm #

      Ek dink jy het nogal ‘n punt beet… selfsug isse lelike ding.

  4. BB Desember 8, 2010 at 1:14 nm #

    En steeds, juis oor daardie uitsig, mag die hoop nooit beskaam nie.
    Hopeloosheid het ook nie ‘n gewete nie😦

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: