Nog net een asseblief?

13 Dec

Die Pastoor by ‘n troue Saterdag het my aan die laat dink… kanse.

Sonder tweede, of dalk meer kanse sou die lewe maar kort vir die mens gewees het. Ons het dikwels meer as een kans op liefde en vergifnis. Ons word talle kanse gegun om jammer te sê. Elke nuwe minuut is nog ‘n kans om op die vorige minuut te verbeter. Elke sonsopkoms is ‘n kans om op die vorige dag te vebeter, of om reg te maak waar ek verbrou het.

En ek het offisieel al 13,097 sulke nuwe dag – kanse gehad, en hoop om nog heelwat sulkes te hê – maar die feite van die lewe dikteer anders. My denke, en wense,  is nie in beheer van hoeveel nuwe dagbreke ek gaan sien nie. Ek wonder hoeveel verbroude kanse lê in daardie 13,097 dae opgesluit?

24 Responses to “Nog net een asseblief?”

  1. Xena Phoenix Desember 13, 2010 at 9:54 vm #

    ‘n Lewe sonde tweede kanse sou darem wreed gewees het. Almal van ons jaag iewers aan, sommige van ons jaag meer aan as ander. As dit verewig teen ons gehou word, sal dit ‘n gemors gewees het.

    ‘n Tweede kans is een ding, maar hoeveel kanse moet daar meer wees. As iemand altyd byvoorbeeld kwetsend is, hoeveel kanse moet jy daardie persoon gee. Dit is in hulle hande om te verander en jy hoef seker nie ‘n slaansak te bly nie.

    • demoerin Desember 13, 2010 at 11:54 vm #

      Ek stem, ‘n tweede kans aa iemand wat my tenakom is juis dit… tweede. Ek is jammer, ek is nie so vergewingsgesind dat daar sommer ‘n derde kans gaan wees oor dieselfde issue nie.

  2. Girl van die Suburbs Desember 13, 2010 at 10:44 vm #

    Hmmmm…. jy kry twee tipe mense…

    Die wat glo in tweede kanse en dit ook gun aan ander en dan daardie wat so loop en spog wat sê… Ek sal jou nooit vergewe nie. Tweede kanse is bevrydend… vir die wat dit gee EN ontvang.

    Net jammer daar is so min ek-is-jammers EN Dis-okay-kom-ons-vergeet daarvans. 😉

  3. demoerin Desember 13, 2010 at 12:00 nm #

    Nou laat julle twee my verder wonder – Word sekere mense nie slaansakke of “suckers” omdat hulle dieselfde persoon aanhoudend ‘n nuwe kans gun nie?

  4. Plein Desember 13, 2010 at 12:05 nm #

    Is vergifnis dan vergifnis as mens boek hou van wie jy hoeveel kanse vir wat gegee het?

    • BB Desember 13, 2010 at 12:26 nm #

      😕 goeie vraag Plein…

      • demoerin Desember 13, 2010 at 12:39 nm #

        Nope, dit gaan oor opregtheid – en genoeg savvy om te besef wanneer jou vergewingsgesindheid oor en oor misbruik word.

        • Plein Desember 13, 2010 at 12:57 nm #

          Wel as ek dan misbruik word, so be it! Anyway makliker op myself! Heeltemal te lui om grudges te hou, en te dom om track te hou van wie my te na gekom het!

          • demoerin Desember 13, 2010 at 2:43 nm #

            Toemaar liefie, ek sal vir altwee van ons track hou, en Superman sal hulle uitsort.

          • demoerin Desember 13, 2010 at 2:44 nm #

            Gmf… en van wanner af is jy dom? Moet ek Superman inroep?

          • BB Desember 13, 2010 at 3:49 nm #

            Birds of a feather, dis ons daai Pleintjie… ok, nie ‘dom’ nie, dalk net ‘n bietjie ‘starrig’:mrgreen: Ek hou ook nie grudges nie – die H3 daarenteen – aijaijaijaijai!!!🙄 intussen het ek hom al ‘n paar keer geleer (en bewys) dat jy jou letterlik kan dooddra daaraan.

    • Girl van die Suburbs Desember 13, 2010 at 12:42 nm #

      Vergifnis moet onvoorwaardelik geskied. Die 70 keer maal 7 prinsiep… dan nog ‘n 100 maal daarna. So ek dink DMI het ‘n punt beet want daai “suckers” sal aanhou vergewe want dis hoe dit hoort.

      MAAR… Jy het dan ‘n keuse om daardie persoon(e) in jou lewe wil hou. Jy mag wel besluit genoeg is genoeg en omdraai en wegstap – maar sonder kwade gevoelens. Jy moet verantwoordelik vir jou eie emosionele welstand ook wees.

      • demoerin Desember 13, 2010 at 2:45 nm #

        Yip, jy het daardie keuse.

      • Son Desember 13, 2010 at 9:40 nm #

        Dankie Girl – terwyl ek hier lees, toe wonder ek of almal dan vergeet het van 70 x 7. Maar vergewe beteken NOOIT dat jy jou self moet laat misbruik nie. Haat en wraak vreet mens van binne op, sonder dat die een wat teenoor jou gesondig het ‘n vinger hoef te lig. Vergifnis bring vrede in jou hart.

        • Girl van die Suburbs Desember 14, 2010 at 7:54 vm #

          Hey Sonnie

          Onthou daar is ‘n verskil tussen versoening en vergifnis. Jy vergeef iemand in jou hart, en beweeg aan… (en sê nou maar julle is kwaai vriende…) dan hoef jy nie dinge reg te maak om weer vriende te wees nie. Daai vergifnis is die klip tussen jou en God. God haat eintlik onvergewens gesindheid… maar dit nou daar gelaat.

          ‘n Mens doen dit want dit is die regte ding om te doen en dit is regtig sooo bevrydend.

  5. Choppy Desember 13, 2010 at 5:23 nm #

    Gewoonlik as mens nog net daai 1 kans soek, kry mens dit nie. Gebruik die wat mens het ten volle.

    • Plein Desember 13, 2010 at 5:54 nm #

      Oe oe oe. Ek dink ek het dit. Probeer so lewe dat ander of jy jouself moet vergewe nie. En gee soveel kanse aan ander tot hulle hul les geleer het. Vergewe beteken nie jy spring gevolge vry nie. Om n moordenaar wat reeds in die tronk sit te vergewe beteken mos nie hy is nou vry nie, dis jy wat vergewe het wat nou vry is.

      • demoerin Desember 14, 2010 at 7:12 vm #

        Ek verstaan die punt, maar daar is definitief gevalle waar jy iemand oor en oor gaan kanse gun, en hulle nie hul les gaan leer nie. Kyk bv. na vrouens waar hulle mans hul mishandel. Ek glo in hierdie geval gee die vergewingsgesindheid juis die VERKEERDE indruk. Dit sal amper voorkom of sy OK is daarmee.

        • Plein Desember 14, 2010 at 8:41 vm #

          Presies die punt. Mishandel my, ek sal vergewe. Ten volle. Moet se ek sal dalk vir so week kwaad wees, maar dan is dit done. Maar ek sal mos n dwaas wees as ek by jou bly na dit. So easy, vergewe sal ek defnitief, maar jy sal nie weer die kans gegun word om my seer te maak nie.

  6. BB Desember 14, 2010 at 6:29 vm #

    Dis eintlik so eenvoudig soos dit: Jesus Christus het ons nie verniet die “Onse Vader” geleer nie: “vergeef ons ons sondes (skuld) SOOS ons ons skuldenaars vergewe…”.
    Op hoeveel vergifnis sal ek my regtig kan beroep? En dankie tog HY draai nie sy rug op my en ‘skryf my af’ vir ‘n bad experience, omdat ek aanhou oor dieselfde swakheid struikel nie.

    • demoerin Desember 14, 2010 at 7:09 vm #

      En daarvoor kan mens net dankie sê – Maar vir hoeveel mense is God se vergifnis nie dalk die verskoning om oor en oor dieselfde sondes te doen nie? Die feit dat jy vergewe word vir jou sonde (bv moord), beteken nie dat jy nou maar weer kan gaan moor want jy word elke keer vergewe nie.

      • BB Desember 14, 2010 at 7:37 vm #

        Hang altyd daarvan af met hoeveel erns en opregtheid jy om vergifnis vra/gevra word. Met hoeveel oortuiging jy/die sondaar voor God/jou staan en die beste bedoeling het om nie dieselfde fout te maak nie.
        Enigste verskil: God weet of jy gaan struikel of nie en vergewe jou steeds – jy weet nie of hy/sy gaan struikel nie – kans is goed dat hulle gaan, maar jy mag nie vergifnis daarop baseer nie.
        Die punt is nie om ‘n ou geleentheid te gee om weer te val nie – dit punt is net om die ou te vergewe. Regtig te vergewe. en dit beteken geen kwade gevoelens – só vergewe asof hy nooit oortree het nie.
        En ek praat van die ‘kleiner’ sondes (geld leen, ‘bad mouth’, verkeersreëls verontagsaam, my kar stamp, my hond doodry…)
        (ek verstaan dat moord en verkragting totaal ander issues is, en watter audacity sou ek hê om van ‘n slagoffer of sy/haar familie te verwag om te vergewe?)

  7. demoerin Desember 14, 2010 at 10:11 vm #

    Mmm, ek dink wat ons wel uitgeklaar het, is dat daar ‘n verskil tussen “nog ‘n kans gee” en “vergifnis” is.

  8. Lida Desember 15, 2010 at 10:41 vm #

    “Klein” sondes is maklik om te vergewe maar dan
    wil ek tog vra, hoe vergewe jy ‘n man wat jou dogter verkrag het? Iemand na aan haar en wie sy vertrou het. Jy kan dalk dink jy het daardie gedoen, maar wanneer jy toekyk en sien watter pyn sy moet deurwerk, is dit menslike natuur om te sukkel met so ‘n ingrypende lewens veranderde aanval.
    Mense wat vertel dis so maklik en dan net aan te gaan want jy is dan bevry, weet nie regtig presies hoe moeilik daardie kan wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: