Kinders van Afrika – Johanna Brandt

15 Des

Johanna Brandt (gebore van Warmelo) was ‘n verpleegster, Afrikaner kampvegter, spioen gedurende die Anglo-Boere Oorlog, siener en skrywer.

Die Anglo-Boere Oorlog het uitgebreek, en Johanna en drie van haar broers het as vrywilligers aangesluit. Johanna as ‘n verpleegster. Sy het gehelp as verpleegster tot die Britte Pretoria oorgeneem het.

Johanna het haar by haar Ma aangesluit op hul kleinhoewe genaamd Harmony, in die omgewing van die hedendaagse Sunnyside in Pretoria. Soos die ongeluk (dalk geluk) dit wou bewerkstellig was hul eiendom, weens die ligging, vinnig omring deur die Britse troepe. Die hoofkwartiere van Lord Kitchener, Lord Roberts en die Duke of Westminster, met hul troepe was om hulle.

Mes kan aanneem dat die lewe maar saai vir die twee dames in die huis was. Hulle kon maar net ingaan dorp toe, of hulself in die huis besig hou. Johanna was ‘n stoere Republikein, en het geweier om met die jong Engelse here te meng. Johanna het ‘n ouer suster in die Kaap gehad, en hule het agtergekom dat enige briewe wat hul soontoe stuur, en die wat terugkom word genadeloos by die Poskantoor gesensor.

Hierdie, tesame met die verveeldheid, het Johanna en haar Ma laat begin planne beraam om die briewe in die Kaap te kry, sonder dat hul gesensor word. ‘n Speletjie om die Britte te uitoorlê, wat toe bietjie later gelei het tot ‘n spioenasie-ring, letterlik in die midde van die Britte. Briewe is in vals bodems van geskenkassies, siggarethouers en selfs porselein poppe se lywe versteek.

In 1897 toe Johanna in Nederland was, het sy ‘n Hervormde dominee met die naam van Louis Ernst Brandt ontmoet (met wie sy ook later in 1902 getroud is). Die Nederlanders was nie direk betrokke by die oorlog nie, maar het baie medelye met die Boererepublieke gehad, en Johanna het hierdie kontak gesien as die ideale manier om ongesensorde nuus oor die werklike gebeure van die oorlog na die buiteland te kry, nuus wat ook in Oom Paul oorgedra is nadat hy na Holland toe gevlug het.

Maria, Johanna se Ma, het ‘n wit koevert sorgvuldig oopgestoom, en dan het hul die berig met suurlemoensap daarbinne geskryf (‘n natuurlike onsigbare ink). Die koevert is dan weer mooi aanmekaargeplak, en ‘n onskuldige brief daarin geplaas. Die boodskap is oorgedra dat hierdie spesifieke wit koeverte gebruik moet word. Ander, gewone griewe is met gekleurde koeverte versend. Nadat wit koevert mooi oopgemaak is, sou die boodskap sigbaar gemaak word as jy met ‘n warm yster daaroor stryk.

Maria en Johanna het ook hand bygesit met die uitsmokkel van jong mans uit Pretoria om die kommando’s te gaan help. Hul witkoevert-briewe het ook inligting oor Britse troepe bewegings en ammunisie aan die kommando’s besorg. Terwyl hulle hierdie spioenasie aktiwiteite gedoen het, het hul maar net voortgegaan om soos twee weerlose dames, tusse die see van Engelse te lewe. Dit het baie bygedra tot die feit dat hulle nooit uitgevang was nie. Johanna het selfs die Millitêre Goewerneur, General Sir John Maxwell, bevriend – waar sy natuurlik heelwat brokkies nuus gekry het.

(Vir verder leesstof oor hierdie periode, gaan lees gerus haar boek – The Petticoat Commando – Boer Woman in Secret Service – beskikbaar om online te lees, of selfs verniet afgelaai te word. Dit lees maklik, en is BAIE interessant.)

Deur middel va die metode het Johanna dan ook ‘n berig aan WT Stead deurgekry, deur middel van Ernst, oor die haaglike toestande in die konsentrasiekampe. WT Stead het dit geplaas in die Review of Reviews in Engeland. Hierdie berig, tesame met Emily Hobhouse se ondervindings, het grootliks bygedra tot die afneming van die Britse publiek se ondersteuning van die Anglo-Boere Oorlog. Johanna was ook een van die verpleegsters wat toegelaat was om in die kamp naby Irene te werk, en sy het na die oorlog ‘n boek genaamd Het Concentratie-Kamp van Irene, oor haar ondervindinge daar geskryf.

Net voor die einde van die oorlog is Johanna oor Nederland toe, war sy toe met Ernst getroud is. So bekend was Johanna, en haar spioenasiewerk, dat sy gelukwensinge van bekendes gekry het, onder hulle van Paul Kruger en selfs die Nederlandse Koningin Wilhelmina.

Johanna het verdere boeke, soms net ‘n pamflet, geskryf oor onder meer profetiese visioene wat sy by haar Ma se sterfbed in 1917 gehad het. Sy het verdere visisoene later gepubliseer as Paraclets, or Coming Home Mother. Verder was daar kontroversiële pamflette oor gesondheid, genaamd The Grape Cure en Fasting Book. Veral The Grape Cure het opgang gemaak, aangesien Johanna daarin beskryf hoe sy haarself van kanker genees het.

in 2000 het die Poskantoor ‘n reeks seëls vrygestel om skrywers gedurende die Anglo-Boere Oorlog te vereer. Johanna hetop die R1.30 seël gepryk, tesame met Sol Plaatje en die Anglo-Boere Oorlog Medalje.

Voorwaar ‘n interessante kind van ons aarde, genaamd Suid-Afrika.

Advertisements

8 Responses to “Kinders van Afrika – Johanna Brandt”

  1. Nadenker Desember 15, 2010 at 8:37 vm #

    Baie interessant. Ek is tans besig om Thomas Parkenham se “Anglo-Boer War” te lees (Afrikaanse vertaling).

  2. Xena Phoenix Desember 15, 2010 at 9:18 vm #

    Wow – ‘n tannie so na my hart.

    Ek gaan verseker die boek download en lees.

    As kind het ek dikwels die suurlemoen ink probeer, maar die gloeilamp werk nie te lekker nie. Ek gaan nou weer probeer, met ‘n strykyster.

    • demoerin Desember 15, 2010 at 3:54 nm #

      Klink my die strykyster is die regte ding, volgens Johanna, ek sal ook probeer – as ek my strykyster kan opspoor 😆

  3. Son Desember 15, 2010 at 2:31 nm #

    Dankie DMI – dit was nou lekker interessant. Het sommer al klaar die boek afgelaai 🙂

    • demoerin Desember 15, 2010 at 3:54 nm #

      Dit lees so lekker EN dan is dit nog interessant ook. Lekker lees.

  4. rosalindreloaded Desember 15, 2010 at 4:18 nm #

    Lekker info. Dit is natuurlik gesog indien ‘n mens jou hande kan le op van haar oorspronklikte pamflette, baie kosbare versamelstukke en iets waarvoor ‘n mens in snuffelwinkels se stofrakke maar kan uitkyk.

  5. Vlam Desember 16, 2010 at 9:07 nm #

    Lekker storie! Antie na my hart! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: