Vrydagskool….Kerstyd

17 Dec
It is up to us!
 The World. Tired. Anxious. Cold.
Waiting, hoping for someone bold;
To spread around the hope and love;
That was crafted by a single star above.
 Peace and prosperity for all to share;
With selfless brethren who really care.
A mass burial of the anger and hate;
The time for marvel can never be late.
 A grant man chooses not to accept;
Blinded by sin we believe we’re inept.
But in good faith ability was given;
To share this earth as peaceful haven.
 My wish to everyone this festive season;
Is opened eyes to fathom every reason;
Why YOU are the one that must be bold,
To stand up and dispel the gnawing cold.
 ____________________________
 Luister!
 Sit stil en dalk kan jy net aanhoor;
Duisend stemme in die englekoor.
Soek dan die ster in die donker nag;
Sien uit na alles wat more dalk wag.
 Lied van liefde gedeel in die lewe;
En vrede om daagliks na te strewe.
Wees jy die voorbeeld in elke dag;
Van ‘n lewe waarna ander wil smag.
 Sit eers eenkant liggies en geskenke;
En deel met ander hierdie wenke.
Verruil die haat en onmin vir sag;
Al is dit net vir hierdie enkele nag.
 Miskien sal dit soos brand versprei;
En saam met my Kerswense gly;
Om die wêreld met liefde se krag;
Die mens wag al lank vir ‘n beter dag!
 ___________________________

Dit is my beskeie rymelary poging vir hierdie Kerstyd, nes in 2008 toe ek dit die eerste keer gepen het.

**********

Ons het nie almal duisende rande om ‘n verskil in ander se lewens te maak nie, maar die waarheid is, dat soveel geld nie nodig is nie.

Hier is my 2 uitdagings aan almal gedurende hierdie week voor ons die Christusfees vier…..

  1. In Checkers, Spar of selfs die vulstasie quickshop: Kies ‘n victim. Voor die tyd, of selfs net die persoon voor of agter jou in die ry by die kassier. Betaal daardie persoon se aankope vir hom of haar. Dit mag dalk net iemand se brood, pastei en coke wees (gooi sommer ‘n chocolate vanaf die rak ook by), maar ons besef nie hoeveel verskil daardie R30 vir daardie persoon mag beteken nie. Mens sien baie dat die kinders vra vir ‘n sjokolade en die ouers moet nee sê, want selfs ‘n Lunch Bar is vir hulle ‘n luxury. Koop sommer vir hom twee. Moet nou nie skaam wees en dit hou by een winkelbesoek hierdie week nie. R50 gaan jou nie veel armer maak nie, maar dit kan iemand anders verryk;
  2. Tafels dra gewoonlik gebukkend aan al die Kersetes. Tafelpote staan en bewe onder die inspanning om nie in te gee nie. En nadat ons gewoonlik trommeldik is (want Kersete is ‘n toelaatbare indulgence) is daar gewoonlik net soveel oor as wat aan gesmul is. Nou hierdie maak nie saak of dit by jou huis is, en of jy ‘n gas iewers is nie. Vra vir jou gashere vir ‘n woefkardoes, of pak vir jou gaste een. Die doel is dan om oppad huistoe, ‘n klein stukkie van ‘n Kersete aan iemand te gee, tesame met ‘n bietjie goeie wense. Dit mag die ou op die hoek wees by die verkeerslig, of die sekuriteitsman wat jou kompleks se hek beman.

************

My gebed is dat een en elk van julle ‘n ongeloofike geseënde Kerstyd sal hê. My gebed is dat vrede, vreugde en welwillendheid in groter aanbod, en aanvraag sal wees, as die blinkste geskenkies.

7 Responses to “Vrydagskool….Kerstyd”

  1. Girl van die Suburbs Desember 17, 2010 at 8:16 vm #

    ‘n Baie Geseëend Kersfees aan jou en die girls en baby to be!

    Vrede, vreugde en liefde word julle toegewens. Wees asb veilig waar ookal julle, jul bevind,.

    Sien julle weer in 2011. x

    • demoerin Desember 17, 2010 at 8:32 vm #

      Dankie. Geniet die see. Ek bevind my by die huis, en by die werk.

  2. Xena Phoenix Desember 17, 2010 at 8:25 vm #

    Baie Geseënde Kersfees aan julle ook

    Ek hou baie van jou eerste uitdaging. Sal dit beslis doen. Kos uitdeel in die Boendoes? Die bobbejane sal daarvan hou, maar dit gaan op die ou einde meer kwaad as goed doen.

    • demoerin Desember 17, 2010 at 8:34 vm #

      😆 Ja, moet liewers nie die bobbejane in opstand kry nie.

      Ek het al voorheen op die ingewing van die oomblik so iemand se lunch betaal. Kassiere het my baie snaaks aagekyk, toe koop ek sommer vir haar ook ‘n chocolate.

  3. Son Desember 18, 2010 at 3:03 nm #

    Pay it forward! Baie goeie idee. Geseënde Feestyd vir jou en Plein, en volgende jaar is dit pappa DMI😆

  4. toortsie Desember 20, 2010 at 9:06 vm #

    Die koop van iemand se kruideniersware klink na ‘n wonderlike idee. Die 2e idee ook. Weet jy, my oorlede pa het nogals soms die persoon voor of agter hom se kruideniersware gekoop – dit was gewoonlik iemand wie hy geweet het swaar met sy geld deurkom… ek het dit nog nooit gedoen nie. Dalk is dit nou ‘n goeie tyd om dit te begin doen, en daarmee vol te hou.. mens hoef dit mos nie net rondom kersfees te doen nie??? dankie demoerin!! Goeie voorstel!!😀

    • demoerin Desember 20, 2010 at 2:03 nm #

      Partykeer kom dit sommer self oor jou pad… was nou net in Spar om melk vir werk te gaan koop. Man staan by botter met blok stork margarien, vra of ek R5 vir hom het sodat hy genoeg het vir die brood, melk en margarien. Toe seg ek vir hom, as hy 5 minute kan wag… betaal ek sommer alles vir hom, en toe gooi ek choccie ook by. Hy was regtig dankbaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: