Cowboy Geregtigheid

29 Dec

Sodra ek ‘n link kan opspoor, sal ek hom hier plaas (Link). Vanoggend was daar ‘n berig op Eye Witness News, 702 (Ek skryf nou wat ek kan onthou). ‘n Graad 10 leerling en sy vriend was oppad huistoe laasweek. Die metro/polisie was besig om ‘n voortvlugtige te jaag, en het die outjie as daardie persoon aangesien.

Die jong man is met ‘n rubberkoeël uit ‘n haelgeweer getref in die oog (Hy sê hy was net bloot op geskiet, die metro/polisie se weergawe is dat die haelgeweer afgegaan het toe hulle hom probeer arresteer het). Toe hy op die grond geval het, is hy verder aangerand. Hy is daarna na Chris Hani Baragwanath Hospitaal geneem waar sy oog, en die rubberkoeël verwyder is onder bewaking.

Die jong man is daarna vir nog 3 nagte in selle aangehou (oor Kersnaweek), om sodoende Dinsdagoggend in die hof te verskyn, waar hy natuurlik deur die Magistraat vrygelaat is, omdat hy heeltemal onskuldig is.

Die seun se lewe is vir ewig verander, en al wat die Metro/Polisie kan doen, is om dadelik laer te trek en om onmiddelik die offisier te verdedig, met ‘n weergawe wat duidelik teenstrydig met die van die seun is.

Nou wonder ek net… Is dit die tipe cowboy geregtigheid wat ons mee tevrede moet wees?

Word mense links en regs gearresteer om die Metro/Polisie goed te laat lyk? Hoeveel mense word na naweke in aanhouding net deur die Magistrate op ‘n Maandagoggend vrygelaat? Ons lees atyd van hoeveel mense gearresteer is (en die getalle klink altyd indrukwekkend), maar hoeveel maak dit tot in ‘n hof (of tot in ‘n tronk)? 

Al het die skoot in die onderonsie afgegaan (volgens die Polisie se weergawe), hoe probeer jy iemand arresteer en boei met ‘n gelaaide haelgeweer in die hand (Sekerlik kan dit nie normale prosedure wees nie?) Gaan daar ooit iets met daardie beampte gebeur, of word die “amptelike” weergawe maar net so aanvaar (komende van die Polisie wat ons weet alreeds deurtrek met korrupsie is)?

4 Responses to “Cowboy Geregtigheid”

  1. Choppy Desember 29, 2010 at 8:39 vm #

    Ek hoop hy dagvaar die klere van die Metropolisie se lyf af en nog meer.

    • demoerin Desember 29, 2010 at 9:00 vm #

      Net so, Poepholle. Maar jy kan sommer sien hulle beskerm mekaar dadelik.

  2. Son Desember 29, 2010 at 5:18 nm #

    Hy gaan nerens kom nie. Een jaar is ‘n vrou reg voor ons beroof op Bellville stasie – die mans het probeer help en ek het gehardloop na die hokkie (met bankies) waar ek vroeer twee polisiemanne sien inloop het. Toe ek daar kom, sit hulle en drink (in uniform!). Nodeloos om te sê die rower het weggekom, en toe ek die saak by die polisiestasie gaan aanmeld, met die name van die twee wat gedrink het, is ek net so gesideline en geen haan het weer daarna gekraai nie.

  3. Xena Phoenix Desember 30, 2010 at 8:38 vm #

    Die almagtige polisie laat my deesdae voel of ons in n polisiestaat woon. Tog moet ons seker onthou dat almal dit doen. Dit maak dit natuurlik nie reg nie. Dokters spring in om een van hulle eie se onbevoegdheid toe te smeer. Onderwysers bou n muur om n kollega wat met n kind mors. Al wat n dominee spring op hulle agterpote wanneer iemand kla dat een se preek te lank is.

    As almal die probleem gaan aanspreek, ten spyte van die individue, sal dit sommer 10 miljoen keer beter gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: