Voortrekkers Vloek Nie

5 Jan

Die Mense van die Voortrekkermonument is ongelukkig want Tuks FM het Die Antwoord as een van die kunstenaars by hulle Nuwejaarspartytjie gehad.

Kyk, ek sal nou nie myself ‘n huge aanhanger van Die Antwoord noem nie, maar hulle het aanklank gevind by heelwat ander, en ek gun elkeen sy plekkie in die son.

Ek kan nie verstaan wat die monument so heilig maak dat vloekwoorde nie daar gebruik mag word nie. Het die Voortrekkers nooit gevloek as hul wa-wiele oor die Drakensberge gebreek het nie? Het hulle nie ‘n gekruide woord ingegooi as hul voorloper Os morsdood neergeslaan het nie?

Ek kan net nie verstaan wat die hele issue is nie. Tuks FM het betaal vir die gebruik van die area, en was volgens kontrak verantwoordelik vir die programsaamstelling en kunstenaars. Dit het so gebeur dat Die Antwoord een van die was.

Ek dink die Generaal van die Monument moet sy persoonlike opinies vir homself hou, vêr weg van die monument se besigheid. (Ek wonder of hy so perfek is dat hy nooit ‘n gekruide woord gebruik nie?)

Elke geval, die Voortrekkermonument is een van my gunsteling geboue in Suid-Afrika, en ek wil met ‘n oop gemoed in die toekoms nog daarkan gaan staan en vir myself sê – Fokkit, dit is ‘n moerse stuk nice argitektuur. Want dit is. Die Monument is ‘n Suid-Afrikaanse Argitektoniese Erfstuk – Vir Almal – Ja, selfs vir Die Antwoord.

Advertisements

25 Responses to “Voortrekkers Vloek Nie”

  1. NetJane Januarie 5, 2011 at 8:12 vm #

    Ag foktog. Mense maak (al hoe meer) my tieties lam.

    Ek glo ook nie die Vootrekkers het die dag as hulle waens groot probleme gegee het hande in die sye daar gestaan en gemompel: “Gits, dis nou vir jou ‘n gedoente. Ek raak sommer kwaad vir die handelaar wat die gebrekkige parte aan my verkoop het” nie. Nee wat. Hulle het ook daar gestaan en stoom. “Fokkit, daar sien die wa sy gat. Dis nou ‘n strontspul. Donnerse etter by die winkel!”.

    En van wanneer af is een gebou (ek praat nou nie van heilige plekke nie) verhewe bo ‘n ander wat die tipe taalgebruik betref?

  2. Vlam Januarie 5, 2011 at 9:08 vm #

    Dit kon Lady GaGa gewees het…ten minste was dit nog een van onse mense. 😆

    • demoerin Januarie 5, 2011 at 10:20 vm #

      In Afrikaans ja – al is hulle Afrikaans so bietjie kleurvol.

  3. PlaasJuppie Januarie 5, 2011 at 9:26 vm #

    Jy kan nie jou venue aanbied vir kommersiële doeleindes (of oorlweing in hierdie geval) en dan die morele hoëgrond wil neem oor wie dit huur nie.

    • demoerin Januarie 5, 2011 at 10:21 vm #

      Presies, dis waar die geld vir die instandhouding vandaan kom – en die monument darem nog in goeie toestand is.

  4. BB Januarie 5, 2011 at 10:13 vm #

    Julle is seker almal reg. (ek stem beslis saam met PJ se reasoning) en ek issie lus om in ‘n moerawiese redekawel en argument betrokke raak nie… suffice to say – Iewers, êrens MOET daar darem wragtig net ‘n bietjie ‘holy ground’ ook oorbly by die Afrikaner, dan nie??!! En die Voortrekkermonument is beslis volgens my nie NET ‘n argitektoniese erfstuk nie!
    Daai plek (net my beskeie mening) is meer ‘heilig’ as menige ‘gewone’ kerkgebou(e) – vir verskeie redes. Dit het NIKS te doen met alledaagse – (on- of regverdigbare gekruide taalgebruik aldan nie. Absoluut niks.

    • demoerin Januarie 5, 2011 at 10:24 vm #

      Dis juis die punt, die Generaal se issue is met die taalgebruik van Die Antwoord. En ek kannie sien dat hul teenwoordigheid by ‘n konsert daar enige afbreek aan die monument self doen nie, of die geskiedenis wat die monument verteenwoordig nie.

      • BB Januarie 5, 2011 at 10:44 vm #

        Dis juis my punt DMi. Ek hét ‘n issue met taalgebruik – veral by so ‘n plek… 😕
        En al nooi ek H se ou mater Sampie oor na my plek en ek wéét daai ou kan vloek dat jou ore tuit, sal hy NIE in my sitkamer so praat nie. Klaar! Dis MY ‘heilige grond’ en die monument is met goeie historiese rede ‘heilige grond’ vir baie Afrikaners. Respek vir so iets behoort eerder aangemoedig word as afgekraak. Ek kan my nie voorstel dat Kid Rock (ek is ‘n groot ‘fan’) sy ongesensorde weergawe van enige een van sy gekruide songs onder die “Statue of Liberty” mag sing nie. En daar is talle plekke wêreldwyd waar dié ongeskrewe reëls gehandhaaf en gerespekteer word.
        Mense en jongmense veral kan gerus leer om respek vir hulle taal en monumente te huldig – die Antwoord o.a. is beslis nie die antwoord op die voortbestaan van die taal en/of volk nie.

        • demoerin Januarie 5, 2011 at 11:08 vm #

          My opinie is dat die amfiteater se parkering niks anders as nog ‘n venue is nie.
          Daar is definitief ‘n groep jongmense wat glo Die Antwoord is wel dit, Die Antwoord. Net omdat ek nie van hulle hou nie, beteken dit nie dat die wat wel uitgesluit moet word van ‘n Nuwejaarskonsert nie.
          Waaroor dit vir my die meeste gaan, is dat die Generaal nie na die tyd kan kla oor dinge wat hy nie voor die tyd duidelik gemaak het, of dit in die kontrak gesit het nie.

          • BB Januarie 5, 2011 at 11:44 vm #

            Jip, met daardie laaste sin stem ek beslis saam.
            Die amfiteater/parkeerarea – watookal… duidelik dus een van die goedkoper ‘venues’ gekies – want nie TuksFM of die nuwe generasie/jongmense met al die antwoorde is bereid om die kaartjiekostes by ‘n plek soos die Dome of SBSA Arena te betaal nie 😕
            Ek verstaan net seriously gladnie hoekom daar ‘n bohaai gemaak word oor iemand wat nog serious waarde heg aan kulturele erfenis – en hoekom respek vir sulke dinge noodwendig onderhewig is aan geskrewe reëls/kontrakte ens nie.
            Dit kom op dieselfde neer as my ongeskrewe reël (en onthou ASB dat ek nie ‘n ‘Afrikaner’ is nie, maar volbloed duitser) – dat my kinders my NIE in Afrikaans/Duits of Engels sal disrepect met hulle MIXIT/SMS taal wanneer hulle vir my iets per epos of selfoon stuur nie. Ek gee nie om vir ‘n afkorting op sy tyd nie, anglisisme of ander oulike sêding wat verpersoonlik word nie, maar jy, as my kind, SAL respek hê vir dit wat vir my as belangrik geag word. Jy SAL ook respek betoon aan ENIGE ander mens se sensitiwiteit m.b.t sy kultuur/taal/geloof. Ek SAL jou in die bek ruk as jy bier in die een hand, sigaret in die ander, onvas op jou voete ‘de la Rey’ luidkeels sing met jou vuis omhoog, maar nie kan spel om jou lewe te red nie.
            En as DIT jou van my as ouer gaan vervreem – so be it. Maar dit het nog nie. Sal ook nie. Want ek respekteer jou en jou sienings ook en gee jou genoeg ruimte en ondersteuning in die dinge wat vir jou saakmaak.
            “Teach your children well…”. Vandat die Afrikaner so te sê die hoop verloor het om ooit weer te regeer in dié land; ooit weer te lei; ooit weer ‘n ware ‘stem’ te hê is dit of ‘hy’
            in die ander ekstreem ingebeweeg het.
            “Letting go…” of seker dan “Laat waai…” beginsels, taal en kultuur het amper oorbodig geraak. Want ons grootmense sit met ‘n houding van “vir wat??”.
            Skuus, ek is seker nou laaaaaankal van koers (en van die onderwerp) af. Eintlik wil ek net weer dit sê:
            Respek het nie ‘n kontrak nodig nie. Dit word ingebore en aangeleer. Ek verkies ‘n ou wat vuurwarm raak oor iets wat vir hom saakmaak as om blasé te bly en maar net oor als ‘God’s water’ te laat loop.
            /me verskoon haarself nou 😳

          • demoerin Januarie 5, 2011 at 12:19 nm #

            Ek stem volkome saam oor die respek deel, en juis daarom glo ek nie die hele issue het enigsins met respek te doen nie.
            Ek glo wel dat dit goed is om vurig oor ‘n saak te raak, maar mens moet altyd op die pasoppens wees dat jou persoonlike opinie nie inmeng nie. Veral nie as dit gesien kan word as die standpunt van die maatskappy nie, in hierdie geval die monument.

  5. NetJane Januarie 5, 2011 at 10:56 vm #

    Is die konsert gehou onder die vaandel van ‘n Afrikaner kulturele “event” of was dit bloot ‘n konsert wat by ‘n gebou gehou is? Ek weet nie of die oemf-oemf-oemf “al die woorde in die liedjie rym met baby” kunstenaars nie net soveel afbreek as ‘n gevloekery doen nie! (Maar my opinie is deesdae nie wat dit moet wees nie- I blame pregnancy!) 😉

    • demoerin Januarie 5, 2011 at 11:09 vm #

      My opninie ook Jane, daar is net soveel mainstream boom-chicky-boom-chicky Afrikaans wat vir my meer afbreek doen as Die Antwoord en Casper op een stage.

  6. Xena Phoenix Januarie 5, 2011 at 11:00 vm #

    Ek moet toegee dat daar ‘n wesenlike verskil is tussen ‘n gekruide woord hier en daar en ‘n gevloek van begin tot einde. Maar ek stem saam, die Voortrekker monument maak nou van ‘n molshoop ‘n berg. Waar kom die kamstige generaal van daan in elk geval. As ‘n gevloekery hulle in aanstaan nie, moet hulle dit vooraf in die kontrak stipuleer.

    As hulle onredelike reëls wil neerlê, moet hulle onthou dat hulle die jonger geslagte moontlik gaan vervreemd. Sonder die mense se belangstelling, raak die monument ‘n waardelose hoop graniet.

    Daar moet ook besluit word wat is onredelik. Van altwee kante.

    • demoerin Januarie 5, 2011 at 11:11 vm #

      Net so, daar is jongmense wat Die Antwoord ook aanhang, en dit maak die monument (lees parkering van die amfiteater) nie minder vir hulle ook nie.

    • PlaasJuppie Januarie 5, 2011 at 11:57 vm #

      Xena,
      In sy verdediging: Genl.maj. Gert Opperman is ‘n werklike Generaal wat sy land met onderskeid gedien het en in my opinie ook uitstekend vaar m.b.t sy take ten opsigte van die monument.
      In hierdie spesifieke geval stem ek nie met hom saam nie, maar hy is die man agter die stuur en ons weet nie noodwendig van watter belangegroepe hy dalk druk kry nie.

      • demoerin Januarie 5, 2011 at 12:38 nm #

        Ek dink die monument baat baie by die uithuur van die fasaliteite – en mens kan dit sien in die goeie onderhoud.
        Ek dink net persoonlike opinie/ belange groepe met druk moet passop om nie die henne met die goue eiers af te piepie nie.

        • PlaasJuppie Januarie 5, 2011 at 12:40 nm #

          Geen argument hier nie.

      • Xena Phoenix Januarie 5, 2011 at 11:50 nm #

        Jammer PJ. My minagting van die generaal was onnodig.

  7. Choppy Januarie 5, 2011 at 12:18 nm #

    Ah fuck, ek’s nou spyt ek’t daai piele party gemis, klink of dit moerse nice was.

  8. rosalindreloaded Januarie 5, 2011 at 4:45 nm #

    Netjane het klaar gese wat ek wou se.

  9. toortsie Januarie 5, 2011 at 5:09 nm #

    Ek hou maar van mooi taalgebruik. Tog gebeur dit dat ekself soms iets laat uitglip. Dis ‘n GEWOONTE wat maklik aangeleer word en nie so maklik AFgeleer word nie.

  10. Jan Twak Januarie 5, 2011 at 5:16 nm #

    Ek het begrip as iemand sy perseel voorwaardelik uithuur, maar dan moet sulke voorwaardes VOORAF duidelik op skrif wees of verduidelik word, VOORDAT ooreenkomste tov huur gemaak word. As ‘n plek se voorwaardes jou nie aanstaan nie, kan jy bloot verbyhou sonder dat mense mekaar die hare invlieg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: