Vydagskool – Matriek 2010

7 Jan

Dit wil voorkom of iemand dalk moet teruggaan en Graad 2 Wiskunde oordoen, want dit lyk of die slaagsyfer vir 2010 dalk net 57% is. Iemand gaan met eier op hul gesigte sit.

Ek is egter regtig bly vir diegene wat goed gedoen het (alhoewel ek nie meer so seker van vandag se standaarde is nie) en hoop regtig hul begin fokus op die skole met 0% slaagsyfer. Ek glo daardie skole se hoofde, onderwysers en bestuursliggame moet “Gename & shame” word. Daar was ‘n skool met meer as 200 matrieks wat nie eers EEN deur is nie! Dis ‘n skande!

En ja, sosio-ekonomiese toestande gaan dalk voor my voete gewerp word. En wat ek vir jou gaan sê is : KAK man, dis nie net dit nie. As daar ‘n rerige WIL is, is daar ALTYD ‘n weg. Ek is al gatvol vir halfgebakte verskonings.

Hulle het gister met die hoof van ‘n skool in Orange Farm gepraat, ‘n area wat gereeld gebukkend onder massa-aksies deurloop. Daai man, en jy kan die passie in sy stem hoor, het binne bietjie meer as ‘n jaar daardie skool se slaagsyfer van 45% amper verdubbel na 89%. Dit kan gedoen word. Ten spyte van omstandighede het hy met voorbeeld die onderwysers, leerlinge en beheerliggaam gelei. Die matrieks was sonder probleme elke oggend voor 7 by die skool, om dalk onsekerhede van die vorige dag se werk uit die weg te ruim, voor daar met die nuwe werk voortgegaan word.

Dit KAN gedoen word, en ek haal my hoed af, en salueer diegene wat REGTIG WIL.

Advertisements

10 Responses to “Vydagskool – Matriek 2010”

  1. PlaasJuppie Januarie 7, 2011 at 8:44 vm #

    Die agbare minister is ten minste oor een ding in die kol. Suid Afrika moet drasties iets doen aan wiskunde geletterdheid. Miskien kan ons sommer begin by die mense wat die slaagsyfer persentasies bereken het?

  2. Xena Phoenix Januarie 7, 2011 at 9:02 vm #

    Ek het geweet daar is n slang in die gras. Gaan die land ooit n regering met integriteit he?

  3. Jan Twak Januarie 7, 2011 at 9:18 vm #

    Ek sien Volksblad is op die oomblik van lyn af, maar gaan kyk gerus hier wat gebeur met onderwysers wat swak prestasie lewer.

    http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrae-oor-leerkrag-se-bevordering-20101211

    Hulle word bevorder tot inspekteurs.

  4. BB Januarie 7, 2011 at 9:36 vm #

    Ek kan om de dood steeds nie die hoo-haa rondom “Matriek” verstaan nie. Sommige kinders is net nie akademies aangelê nie. En wiskunde se g@t ook. Regtig. Hou op om ALMAL te MOET laat Matriek skryf en bring ordentlike ambag-beroepskole in. My stiefpa is St6 uit die skool (in Duitsland, ja, maar steeds). Hy was op 18 ‘n trained Chef en het toe gekwalifiseer om onder Paul Bocuse se vlerke verder opleiding te kry. Hoogs suksesvolle besigheidsman geword. My een gewese skoonpa het desjare in St7 skool verlaat en amabgsman geword. Ook suksesvol – finansieël en otherwise. Lees elke dag die koerant en kan aan gesprekke deelneem saam met ‘hooggeleerdes’ soos dokters, boekhouers en prokureurs. Trots op wat hy kan doen – en probeer steeds op hoë ouderdom te verbeter daarop.
    My middelkind is ‘n voorbeeld van ‘n onsuksesvolle moet-matriek-hê notion. Het toe uiteindelik matriek gekry nét na ek gedreig het om hom uit te haal (siende dat ek hom ‘ingebring’ het 😉 )
    Probleem hier ter lande vir ‘n akademiese (lees teoretiese) ‘nul’: hy kan nie hotelskool toe gaan hier, aangesien 50% van die slaagvereiste teoretiese toetse is. Die ander opsie is om hom nou maar Duitsland toe te stuur om slagter/bakker of kok te word – op die goeie ou manier te leer: prakties.
    Ek reken dat die helfte van elke jaar se matrieks eintlik al in hulle St8 / Gr 10 uitgesif behoort te word om ‘n beroep/ambag te gaan aanleer. Sodat hulle waarlik aan die einde van wat hulle ‘matriek-jaar’ sou wees actually ‘n bydrae kan lewer in die gemeenskap.
    Die slaagsyfer pla my gladnie. 50% give or take… dit bewys tog maar net weereens dat kinders of dan jongmense in baie gevalle kosbare ware aanleg-leertyd op skool mors.

    • demoerin Januarie 7, 2011 at 10:00 vm #

      Ek stem BB, maar ongelukkig in SA is die realiteit dat jy nie vandag ver gaan kom sonder die papiertjie nie. Daar is net te min werk, en te veel wat wel matriek het en voorkeur bo die sonder dit gaan kry.

      • BB Januarie 7, 2011 at 10:04 vm #

        Jy wil nie die hordes mense (lees Zimbabwiërs) voor Binnelandse sake vandag sien nie – hulle reken daar is sowat 70 000 wat aansoek doen vir tydelik verblyf/werkspermitte. Hoeveel van hulle kry nou ten koste van matrieks die werk? Kan hierdie land dit nou wragtig bekostig om lojaal te wees teenoor buurstate??

        • demoerin Januarie 7, 2011 at 12:25 nm #

          Ons kan dit nie bekostig nie – maar dinge in die buiteland blyk belangriker as tuis te wees.

  5. toortsie Januarie 7, 2011 at 11:14 vm #

    Ja, DMI, die kind wat WIL, SAL ‘n sukses maak. Dit werk mos in elk geval orals so…

  6. Son Januarie 7, 2011 at 7:25 nm #

    DMI, ek voel ‘n vy vir die matriekuitslae, so op jou Vydag 😆

    • demoerin Januarie 10, 2011 at 7:37 vm #

      Bwahaha – Hoe maak jy ‘n keyboard se disleksia gesond?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: