My Naam Innie Modder

12 Jan

Jan Twak wil graag hê ek moet julle vertel van ‘n geleendheid waar ek my naam verloor het – want hy het in ‘n krater ingedonder….

So ‘n paar jaar gelede nooi my neef en sy verloofde my na die kinders se doop toe in Durban. Ek maak verskoning met die idee om hulle te verras, en beplan toe om net vir die dag af te vlieg (wat in hingsight, en die feit dat ek weet hoe daar in Durbs gekuier word, al klaar ‘n kak idee was)

Daar aangekom het ons bietjie gekuier, en toe die Dominee opdaag is die hele doop formaliteite gedoen. Almal is happy en gereed vir ‘n lekker middagete in die tuin…

My neef en sy verloofde staan toe op om ietsie te sê – en dis hierdie punt waar jy kan aanteken die dag se wiele begin afbliksem het. Na 10 jaar saam, en met die Oom Dominee daar – surprise hulle toe sommer almal met ‘n troue.

Nou kyk, daardie Oom Doom het skaars ge-amen toe ons begin feesvier… ons het GROOT gegaan (daar was mos allermits iets groots om te vier). Ek was baie traag om te groet, en het sleg gevoel dat my ander neef my nou lughawe toe moet vat (maar met my geskiedenis van vlugte (ja “te”) verpas, was dit beter om eerder vroeër as later te gaan.)

Ek was in tyd… net-net, maar intyd. Nou het my brein al klaar begin speletjies speel. Gedagtes van alkohol gebruik (nevermind besope wees) en vlieg is voor my voete gewerp. In my oë was die beste idee – kry sitplek – sit – vertel die ou langs jou om die lugwaardin te sê jy soek niks – maak oge toe – rus tot in Jozi. So besluit, so gedaan. Ek het geen rekoleksie van taxi, opstyg, vlieg of land nie. Hemels.

Of so sou mens dink….

Daar was ‘n ligte tik aan my skouer, miskien meer ‘n gepluk want as ek slaap, dan slaap ek (ek is een van daai mense wat bo-op my gesteelde bed in Soweto sal wakker word.) Met die stadige oopmaak van my oë – want hulle was BAIE swaar (ek weet nie of dit van die slaap, of die feit dat ek nog dronk was nie) kyk ek toe vas in die groot wit oge van die lugwaardin.

Skrik natuurlik eers myself in ‘n nuwe bloedgroep in – want ek sal erken, haar gesig was baie naby aan myne, en sy was nie wit nie. MAAR, sy was nie alleen nie, om haar was elke ander bemanningslid in gelid aan weerskante van die paadjie (insluitende die kaptein). Die res van die passasiers was al klaar met gee oog te bespeur nie (ja selfs daai wat altyd sit tot almal van die vliegtuig af is, en die geriatrics wat afgehelp moet word.) Hulle het seker almal al met hul bagasie langs die carousel gestaan.

Na die eerste skrik merk ek toe die vriendelike glimlag, en voel ek onmiddelik bietjie meer gerus, tot die plank neerkom en my naam vir ‘n ses bliksem –

“Uhmmm, Sir, Do you require assistance disembarking?”

Met hierdie dan my uitdaging aan Jane en Sonnie – Let the year begin with a healthy blush.

Advertisements

25 Responses to “My Naam Innie Modder”

  1. Xena Phoenix Januarie 12, 2011 at 10:12 vm #

    😆 😆 😆

    Ek sal self in Soweto op my eie bed wakker word, maar mag dit my nooit tref nie.

  2. Jan Twak Januarie 12, 2011 at 10:22 vm #

    Nou is my dag ook gemaak!

    • demoerin Januarie 13, 2011 at 7:40 vm #

      Ek is bly ek kan ‘n bietjie vreugde versprei.

  3. PlaasJuppie Januarie 12, 2011 at 11:09 vm #

    Hehehehe

  4. PlaasJuppie Januarie 12, 2011 at 11:45 vm #

    Jip. Dit was ‘n mooi fris plank daai.

  5. BB Januarie 12, 2011 at 1:53 nm #

    Jy moes gevra het : “Where’s my wheelchair??”. 😛

    • PlaasJuppie Januarie 12, 2011 at 2:20 nm #

      Of: G’day sheila. Are we in Perth already?

  6. toortsie Januarie 12, 2011 at 3:56 nm #

    Jy het my daar in my boksie gewaarsku van ‘n brandweerwa…. eks bly jy was nie SO warm dat dit nodig was nie!! 🙂

  7. Son Januarie 12, 2011 at 4:53 nm #

    Ag fok tog DMI – ek het SO geweet ek gaan hierdie nie vryspring nie. Okay, ek sal gaan dink oor die keer waar ek my naam die ergste mettie plank geslaan het 😆

  8. adoonsie Januarie 12, 2011 at 7:25 nm #

    Ja Nee . Ten minste was jy nie ‘n pyn innie gat vir die ou langs jou nie. uitgepass – no problems.

  9. Choppy Januarie 13, 2011 at 9:10 vm #

    Hahahahaha!
    Kon jy darem reguit loop uit die vliegtuig uit, of het jy effens geslinger? :mrgreen:

    • demoerin Januarie 13, 2011 at 11:46 vm #

      Ek onthou sterk koffie by Spur – want ek mos nog huistoe bestuur.

  10. meermin Januarie 13, 2011 at 9:28 vm #

    Alo jy … 😉 ek probeer so stadig maar seker weer bietjie opvang … lees so hier en daar en dan weer daar en hier … 😉 😆

  11. bloedbek Januarie 13, 2011 at 9:47 vm #

    Ag nee wat demoerin niks om oor sleg te voel nie. Dink net daar die vlug sal jy nie vergeet nie hehehe. Lekker om weer terug te wees.

  12. ekisanna Januarie 13, 2011 at 11:17 vm #

    Ek wonder mos nou net of hulle bewus was van die feit dat hulle met ‘n “celebrity” (ten minste hier by ons op WordPress) te doen gehad het. Ek hoop net hulle het jou met die nodige respek en eerbetroon begelei tot in die lughawe. :mrgreen:

    • demoerin Januarie 13, 2011 at 11:47 vm #

      😆 Anna… uh uh, jy moet onthou daar is net EEN internet celeb.

  13. bloedbek Januarie 13, 2011 at 4:09 nm #

    Demoerin, nou wie is die een celeb, ek weet rerig nie?

  14. Marius Barnard Januarie 13, 2011 at 4:12 nm #

    kan nou nie “claim” vat vir die ene nie – maar dit laat my in elk geval dink aan die vrou wat in middel van die nag wakker word en beangs uitroep “gou – kruip weg – my man is hier” – die ou skrik homself in ander bloedgroep in en probeer om onder die bed in te kruip terwyl hy broek aantrek – tot hy besef hy is in sy eie kamer …..

  15. netjane Januarie 13, 2011 at 6:22 nm #

    Sien ek nou ek is getag… Moet ek nou regtig my beeld skade aan doen deur te erken dat ek (omtrent) daagliks my naam met ‘n plank slaan?

    Sal bietjie dink…

Trackbacks/Pingbacks

  1. Slaan my naam met ‘n plank « Kouevuur - Januarie 14, 2011

    […] Demoerin wil nou hê ek moet vertel hoe ek my naam met ‘n plank (dalk ‘n paar planke) geslaan het. Ek het nogal daai gawe om dit redelik gereeld te doen, of eerder my voet in te druk waar my mond is. Soos net nou die aand, by ‘n braai waarheen ons genooi is. Dis ‘n lekker klomp mense en daar is so ‘n blonde girl, wat nogal lekker gesels, maar so hoogs Engels soos kan kom. Ek gesels gewoonlik makliker met die mans, wat hulle praat nie koekie-bediende-kinder-tee praatjies nie. Maar ek vind dadelik aanklank by die meisiekind. […]

  2. Jou naam gat maak | NetJane se blog - Januarie 18, 2011

    […] Demoerin vra dat ek ook moet vertel van die dag toe ek my naam lekker vergat het. Ek moes mooi dink, aangesien ek dit nogal gereeld regkry, veral omdat ek ‘n geneigdheid het om nie my mond te hou nie… […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: