WEW…. ((2.835×3)x2) van (502.75×8)/2

17 Jan

Skoolkinders word in/buite Shebeens met alkohol afgeneem. Hulle sukkel om die skoolkinders te kry om aan sport deel te neem. Jy brand ‘n klaskamer af as jy ongelukkig is. Jy hang na skool slordig in jou skoolklere rond.

Wat het van skooltrots geword?

17 Responses to “WEW…. ((2.835×3)x2) van (502.75×8)/2”

  1. ekisanna Januarie 17, 2011 at 7:45 vm #

    Ek dink ons moet dalk vra wat het van trots, soos in selfrespek, geword in die algemeen. Selfs hier op die platteland sien ek elke skoologgend twee seuns wat openlik in hulle skoolklere op pad skool toe loop en rook. Dit sal ook nie help om hulle aan te spreek nie, want hul ouers dink blykbaar nie daar is fout daarmee nie!

  2. BB Januarie 17, 2011 at 8:45 vm #

    Skooltrots is saam met vrees vir die ‘buk vir 6’ by die agterdeur uit. So ook enige ander vorm van dissipline en respek. Ek beleef time ‘n time again hoe kinders met hulle ouers praat… net gisteraand my vriendin se seun (wat ná kerk by ons vir haar gewag het) in die bek geruk. Wat egter hartseerder is as hoe hy met haar praat is hoe sy toelaat dat hy só praat.
    My peetkind wou my blykbaar lankal al ‘onterf’ of ‘skei’😛 – sy kry gereeld met my te doen oor dieselfde ding.
    En uiteindelik is dit nie die kinders nie, maar die ouers (hoofsaaklik my generasie en jonger) wat die eintlike drolle in die drinkwater is.😦

    • demoerin Januarie 17, 2011 at 12:08 nm #

      My vuiste bal ook as ek hoor hoe sommige kinders met ouers praat, en dit heel gelate aanvaar word.

  3. toortsie Januarie 17, 2011 at 8:45 vm #

    Die probleem is dat die volwassenes nie soos volwassenes optree nie…
    Moet ons die antwoord op daardie som gee???? Is jy ernstig? 17103.555 (gits, HOOP dis reg!!) het jy dit ooit self uitgewerk? Hoekom gee jy sulke moeilike somme?

    • demoerin Januarie 17, 2011 at 12:06 nm #

      😳 My som was verkeerd😆

      • toortsie Januarie 18, 2011 at 4:24 nm #

        nou kry ek dan ‘n ander antwoord???? 34207.11. nee ek kan nie meer somme maak nie

  4. toortsie Januarie 17, 2011 at 8:47 vm #

    ‘n heel ander gedagte… ek het een keer gelees dat met die val van kommunisme, als sommer geval het. Toe kommunisme nog ‘n groot rooi gevaar was, moes ons hou met als wat ons het aan als wat ons het. Nastietrots. maniere. noem dit. Toe val kommunisme en toe hoef ons ook sommer nie meer om te gee nie…. (nie dat ek jammer is dat kommunisme geval het nie!!!)

  5. Adoonsie Januarie 17, 2011 at 9:40 vm #

    demoerin – help my bietjie uit asb.

    Wat is dit met die WEW en syfertjies as ‘n opskrif ? Is dit ‘n wiskunde som ?

    • demoerin Januarie 17, 2011 at 12:05 nm #

      😳 Daar wasse foutjie…. As jy dit (nou) uitwerk gaan jy 17.01 van 2011 kry (die datum)😆

      • demoerin Januarie 17, 2011 at 12:05 nm #

        O.. WEW – Waaroor Ek Wonder

  6. Xena Phoenix Januarie 17, 2011 at 9:44 vm #

    Is dit net die kinders wat te blameer is? Die onderwysers self voel ook maar ‘n veer oor skole of onderwys. As hulle houding verbeter, behoort dit op die kinders ook af te smeer.

    Ek wonder nou ook oor die storie van dat almal wenners is. Hoekom dan nou uithaal en wys om te kan wen?

    • demoerin Januarie 17, 2011 at 12:06 nm #

      Juis, blykbaar drink die onnies saam met die kinders in die pub.

  7. PlaasJuppie Januarie 17, 2011 at 4:09 nm #

    Buitemuurse aktiwiteite beteken duidelik iets heeltemal anders as toeons nog skoolgegaan het.

    Die pad na ‘n (seuns)kind se ore loop deur sy gat en kinders leer nie deur wat jy vir hulle sê nie, maar deur wat jy vir hulle wys. Dit is waar jy die oorsaak gaan soek.

    • Son Januarie 17, 2011 at 4:17 nm #

      Amen PJ. Hoor is voel het die oumense altyd gesê. Ek dink hulle het ‘n punt beetgehad.

    • demoerin Januarie 18, 2011 at 7:40 vm #

      Juis my punt. Ons het nie ‘n keuse gehad of jy aan uitdunne vir ‘n span deelneem nie – om mee te begin. En as jy gekies was, was jy trots om vir jou skool deel te neem – en ek kan maar gekruisig word vir die een, maar in my tyd was daar nie soveel oorgewig kinders op skool nie.

      • bloedbek Januarie 18, 2011 at 8:40 vm #

        Ek moet begin deur te seg: Jy kry nie slegte kinners nie net kak ouers.

        Dissiplinne begin by die huis, ek neem onnies nie kwalik oor hul houding nie, alhoewel daar baie is wat nog probeer, al is dit tevergeefs.

        Hoe kan jy verwag ‘n kind moet “goed” wees as sy ouers en almal wat ‘n voorbeeld moet stel die kind faal?

  8. Charms Januarie 21, 2011 at 9:49 nm #

    Ek stem saam met BB op die een.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: