Extra! Extra! Read all about it!

18 Jan

Vir die wat nou nog nie weet nie……

Sy sal Lisa heet.

Partykeer is dit goed dat alles in jou lewe nie volgens jou eie plan verloop nie. Partykeer is dit goed dat alles nie prakties beplan word nie. Partykeer is dit goed om ou issues een vir een te begrawe. Partykeer is dit goed om nuut gevonde geluk met ope arms te verwelkom, en te vertroetel. Partykeer is dit goed om lief te hê, en te aanvaar dat jy dit in ontvangs ook verdien. Partykeer moet jy minder oordink.

Dit is lekker as Partykeer metodies plek kan maak vir Elke Keer. Dit is nie ‘n oornag-wonderwerk nie, maar ‘n gelydelike lewensuitkyk verandering … ons is almal werke-in-wording, solank dit vooruitgang en nie agteruitgang is nie.

‘n Goeie begin, is om dankie te sê vir die mense in jou lewe, veral die wat kies om deel te wees daarvan (want face it, hulle hoef nie). Ek sê elke dag dankie vir die 2 (nou 3) dames met wie ek my elke dag kan deel. Ek sê elke dag dankie vir ‘n hegte familie. Ek sê elke dag dankie vir ‘n ongelooflike vriendekring. Ek is werklik geseënd met net die beste.

17 Responses to “Extra! Extra! Read all about it!”

  1. netjane Januarie 18, 2011 at 8:19 vm #

    Geluk! (Weereens) Nou kan my laaitie ‘n blog-girlfriend he! Met die spoed wat daar deesdae dogtertjies arriveer weet ons darem daar’s nie ‘n oorlog oppad nie.

  2. PlaasJuppie Januarie 18, 2011 at 8:37 vm #

    En dit is afterall die goed wat regtig saakmaak. Ek lees tussen die lyne hier is nog ‘n daddy wat klaar om ‘n klein pienk pinkie gedraai is🙂

  3. Plein Januarie 18, 2011 at 8:51 vm #

    Jinne is ons nie net die drie bevooregste girls ooit nie?!?!

  4. Xena Phoenix Januarie 18, 2011 at 9:01 vm #

    Wanneer word Lisa gebore?

  5. meermin Januarie 18, 2011 at 9:51 vm #

    DMI baie baie geluk weereens van my kant af!! ‘n Maand voor my b’day!! O ek sien sy het paar pappa klaar om haar kleine pinkie gedraai!!!🙂😀😉

  6. toortsie Januarie 18, 2011 at 4:20 nm #

    ag, dis lekker!!

  7. Son Januarie 18, 2011 at 5:00 nm #

    Jy het gesien wat ek daar op FB gesê het ne? Overgesetsynde – jy kwalifiseer as pedigree bul (dis ‘n kompliment, hoor!)😉

    • BB Januarie 19, 2011 at 6:40 vm #

      Isse pedigree bul blou😕

    • demoerin Januarie 19, 2011 at 7:01 vm #

      😆 Dankie son… ek wonder net wat my Ma van die idee sal dink dat jy haar tegnies gesproke ‘n koei noem… bwahahahaha

  8. BB Januarie 19, 2011 at 6:45 vm #

    Lisa is een van my favorite name ooit – as ek nog ‘n dogtertjie gehad het, was sy een van twee: Lisa of Mia.
    Praat julle darem met haar? Die ongelooflikste gewaarwording ooit is wanneer daardie piepkleinste baby duidelik te kenne gee dat sy ‘n stem ‘herken’ wanneer sy eers hier is – Monique het destyds gereeld saans vir Era gesing terwyl ek met hom swanger was – dieselfde liedjie soms oor en oor (sy was 10 toe hy gebore is) – en man, kon daai baby van my rustig raak as sussa hom so teen haar ‘vasgesus’ het en vir hom daardie ou ‘bekende’ deuntjie gesing het…

    • demoerin Januarie 19, 2011 at 7:03 vm #

      Is dit te vroeg om vir haar die Financial Times voor te lees? hehehehe
      Ons is net bly dat ons nou van Lisa, en nie meer peanut hoef te praat nie.

  9. ekisanna Januarie 19, 2011 at 2:16 nm #

    Ek is sommer skoon opgewonde vir julle onthalwe. Daar is niks lekkerder as so ‘n piepklein nuwe mensie nie en moenie bang wees om haar te geniet nie, selfs nou al. Luister gerus ook maar na die wyse BB se raad. Onthou, sy begin julle leer ken lank voor sy haar gesiggie vir julle gaan wys (okay, met die nuwerwetse sonars, sien jy haar gesiggie ook baie vroeer).

  10. Charms Januarie 21, 2011 at 9:40 nm #

    Jy moet darem maar baie spesiaal voel om omring te word deur drie mooie dames.

  11. Louwie Januarie 23, 2011 at 7:46 nm #

    Baie geluk man (en vrou natuurlik!) Het self net twee dogters gemaak en dit was een hengse plesier (die maak en die grootmaak!)Ek ruil my meisiekinders vir niks in die wêreld nie.

  12. Girl van die Suburbs Januarie 27, 2011 at 10:13 nm #

    Sjoe dit exciting stuff! Baie geluk x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: