Mense wat ek nie like nie….

27 Jan

Daar is bitter min mense wat ek nie van hou nie. Ek het mos ‘n keuse. Meng of laat spaander. So maklik soos dit. Ander ding wat ek ook nog nooit was nie is starstruck….. “Jinne, Steve het by die tafel langs my aan ‘n steak gesmul giteraand”. So what! En toe het hy dit vanoggend soos almal van ons uitgekak. Ding is, die celebs kla oor privaatheid, want hulle moet voorgee dat dit hulle pla. Eintlik is dit kak aanjaag en in die publieke oog wees ( en die beriggewing daaroor) wat hulle flieks en musiek verkoop, en hulle televisiereekse se ratings opjaag vir nog ‘n seisoen. Dit is die agtergrond….

Hierdie is een persoon wat ek minder like as ertjies. Ek kon net nog nooit vat aan Oprah kry nie. Ek kan nie verstaan dat miljoene mense oor die aardbol een persoon so slaafs kan navolg, en selfs verafgod nie. Dit gaan oor ratings mense! Ek kan slange vang as mens ‘n gesprek met vriende oor ‘n onderwerp aanknoop, en een van hulle se straaltjie is ” Ja, die ander middag op Oprah…”. En mens kan sien Oprah se gewildheid moet besig wees om te kwyn… eers was dit die mishandeling onthulling, toe die lang verlore halfsuster – volgende gaan sy seker uit die kas uitbliksem en erken sy is ‘n Alien van planeet Oprah in ‘n verre sterrestelsel (en sy sal ‘n hele program daaroor hê, insluitende ‘n onderhoud met die Opperhoof van Planeet Oprah, foto’s van haar tuisdorp en scrapbookbladsye van haar jeug (die stadium na kokonpapie-fase)).

Ja, ‘n rags to riches storie is oulik, en wonderlik maar op die ou einde is Oprah ‘n mens soos ek en jy. So ook Steve en Juanita en Bill Gates en Angelina en Brad. Hoe kan jy aan die lippe van iemand hang wat jy nie persoonlik ken nie? Voel jy nie stupid om iemand aan te hang na aanleiding van hulle voorgee glanslewe nie? Dink jy werklik dit wat jy op televisie sien en in koerante lees is die werklike persoon?

Miskien moet ek Oprah persoonlik leer ken, en dan voel ek anders – Nah, ek eet eerder ertjies.

35 Responses to “Mense wat ek nie like nie….”

  1. Xena Phoenix Januarie 27, 2011 at 10:06 vm #

    Net een mens? JY is ‘n goeie mens, ek sal ‘n maand lank verskeie posts elke dag kan skryf van wie ek nie hou nie.

    Ek het self al gewonder oor die mag wat Oprah oor mense het. Hoe pas almal saam met haar op een seepskis? Niemand probeer ooit met haar debateer nie. Kan een mens wragtig alles weet?

    • demoerin Januarie 27, 2011 at 2:31 nm #

      Met genoeg geld en bemarking kan mens maak of jy alles weet.

      • Son Januarie 27, 2011 at 4:07 nm #

        Julle vergeet – Hitler was ook net een mens en kyk hoe is hy aangehang. Dis die skape, mense, dis die skape van ons samelewing! Die truuk is om die skape van die bokke te skei👿

        Ek het nog NOOIT, nie eers as tiener, plakkate van mense teen my mure gehad nie. Ek HOU NIE eers elke dag van gewone mense nie, wat nog van flippin celebrities😉

        • demoerin Januarie 27, 2011 at 4:11 nm #

          Ek het ‘n plakkaat gehad… Ek siet haar nou nog voor my met die wille hare en elektriese kitaar – Kim Wilde

  2. Jan Twak Januarie 27, 2011 at 10:35 vm #

    As sy vir my ‘n kar gee, belowe ek, dat ek van haar sal hou!

    • ekisanna Januarie 27, 2011 at 11:10 vm #

      Stem nogal saam met jou Jan! Sal selfs self die belasting agterna betaal.:mrgreen:

  3. boerinballingskap Januarie 27, 2011 at 11:28 vm #

    Voel nogal dieselfde….

  4. BB Januarie 27, 2011 at 12:10 nm #

    Ek like Oprah nogal. Wel, ek like dit wat ek dink ek sien agter die image, die hype. Sy’t my nog nooit niks gedoen om haar nie te like nie. Ek ken haar nie en is ook nie ‘n vreeslike ondersteuner nie – as ek 2 keer per jaar Oprah sien/kyk is dit baie. M.a.w ek vrek nou nie juis oor haar nie, maar ek like haar. Ek like haar nou nie soos ek vir jou of van die b(l)oggers like nie – is daar trappe vir ‘like’??

    Ek like ook vir Ellen.
    En ek like Hugh Hefner.
    En ek like Steve.

    Weet jy wie like ek minder as die really groot glanspersoonlihede??
    Die wannabe’s wat optree of hulle reeds celebs is. Daai is die minder likables! Dis hulle wat my ‘n serious pyn in die kanale kan gee. Die ‘divas’…
    So ja, ek stem beslis saam met jou oor star-struck people – dis idioties!

    • demoerin Januarie 27, 2011 at 2:32 nm #

      Idioties – Dis nou mooi gestel.

    • Son Januarie 27, 2011 at 4:09 nm #

      like, liker, likeste😆

      • demoerin Januarie 27, 2011 at 4:29 nm #

        Issie – Like Liker Demoerin.

  5. Plein Januarie 27, 2011 at 2:28 nm #

    Ek onthou te min celebs se name om n opinie te he. Maar ek weet darem wie Oprah is!

    • demoerin Januarie 27, 2011 at 2:35 nm #

      Ek tog nog altyd ek is ok ‘n celeb?

      • BB Januarie 27, 2011 at 2:37 nm #

        😆 nou dalk, ja!

      • Plein Januarie 27, 2011 at 2:55 nm #

        Ag jy kan maar my celeb wees, ek kan jou naam meeste van die tyd onthou! Onthou net ek mag dan nie idioties optree deur aan jou lippe te hang nie. Jy mag nie kla as jy silent treatment kry nie

        • demoerin Januarie 27, 2011 at 2:59 nm #

          Jippeee, my eie groupie. Ek worry nie juis oor die praat nie…

          • Plein Januarie 27, 2011 at 3:06 nm #

            Uhm waarvoor is jy famous lief?

          • BB Januarie 27, 2011 at 3:13 nm #

            Kyk af Plein🙄 daar in die spasie iewers tussen jou ogies and where you voetjies used to be😉 dis waarvoor:mrgreen:

  6. Plein Januarie 27, 2011 at 3:20 nm #

    Wahahaha, BB ek is mooi gewaarsku dat ek nie talente buite die slaapkamer mag bespreek of oor brag nie

    • BB Januarie 27, 2011 at 3:48 nm #

      Slaapkamer? Jinne maar julle IS outyds, huh??😛
      Waaaaaahahahaha!!! Toema… Pleintjie – spaar ons!!😳 (verskoon my nou maar asb – netnou word ek gemoderate of iets…

      • Plein Januarie 27, 2011 at 4:00 nm #

        Bwahahahahahaha

        • demoerin Januarie 27, 2011 at 4:08 nm #

          Ek watch vir julle! **kyk ek maag groot oë**

      • Son Januarie 27, 2011 at 4:10 nm #

        BB!!! Is jy nog steeds besig met daai directions wat ek jou gestuur het in my nuwejaarswense sms?!😆

        • demoerin Januarie 27, 2011 at 4:29 nm #

          Ek sidder om te dink hoe ek deel van julle nuwejaarswens sms’se was…😆

          • BB Januarie 28, 2011 at 7:27 vm #

            Daai Nuwejaarswens van die ☼ het amper gesorg dat ek ook ‘n “extra-extra-read-all-about-it” post gedoen het!!😯 Waaaaaaaaahahahaha!!!

          • Son Januarie 28, 2011 at 1:28 nm #

            😆 DMI, laat ek jou ook maar die nuwejaarswens stuur, al is ons al ‘n maand in – Die sms het so gelui:

            Vir 2011… wens ek jou vrede, liefde en gesondheid blah blah blah. Ag fok, vergeet dit… ek wens vir jou baie seks, alkohol en orgasms toe en hoop jy wen die Lotto! Geniet 2011!!😈

          • demoerin Januarie 28, 2011 at 1:57 nm #

            Julle kan maar al die seks, alkohol en orgasms kry – Ek sal die lotto vat dankie.

  7. BB Januarie 27, 2011 at 4:05 nm #

    Ek wou nog vra: lyk nie of jy vreeslik baie van ertjies hou nie, DMi??

    • demoerin Januarie 27, 2011 at 4:09 nm #

      Ek hou verskriklik min van ertjies😆

      • BB Januarie 28, 2011 at 7:37 vm #

        Gryp ‘n ui. Kap hom fyn. Braai dit sag in olyfolie – nie te hoë hitte nie.
        Spoel gevriesde ertjies onder kookwater af. (Of gryp sommer ‘n blikkie).
        As hulle glansend is (nie bruin nie – dis nou die uie!!), sprinkel ‘n teelepel kerriepoeier daaroor en en ‘n knerts (of 2 – wat noem julle dit🙄 ‘n knippie) suiker en roerbraai netso 30 sekondes. Bietjie sout en peper.
        Gooi die ertjies daarby en onderskep die uie – moenie stukkend roer nie!! Gooi ‘n blerts of 2 (of 3) room oor – hoe dikker hoe beter. haal van die hitte af en proe of jy nog sout kort.
        NJAM NJAM! En dit, behalwe vir erbspuree saam met bloed en lewerworsies by die Oktoberfest is AL manier waarop ek ertjies eet!
        Jy kan selfs fyngekapte spek net voor die uie brosbraai virre meer smokey flavor.
        As jy dié ertjiespulletjie laat afkoel, kan jy croutons in ‘n slaaibak gooi die spulletjie daaroor gooi en liggies skud om te meng – mildelik gakapte pietersielie daaroor. Virre braai slaai. Ook lekker.
        (Maar maak dan at least 2 keer soveel. Dis nogal ‘n wenner!)
        (As jy nie room het nie, kan jy vir die braaislaai mayo meng met ‘n biiietjie melk om dit net effe saucy te maak – gebruik dan nes die room)

        • demoerin Januarie 28, 2011 at 7:57 vm #

          Ek glo dat enigiets wat slegs met moeite op ‘n vurk gehou kan word, verdien nie om geeet te wod nie😆
          Ek moet seg daai eerste reseppie klink nie onaardig nie.

          • BB Januarie 28, 2011 at 8:21 vm #

            Jy gebruik daai eerste reseppie vir die 2de een ook😉 As jy dit dus vanaand maak en jy hou niks daarvan nie, koop jy môre croutons by Woolies (of maak eerder jou eie), nooi ‘n spul mense virre braai en verras hulle met jou ertjieslaai. Iemand gaan daai bak leegeet!!

          • demoerin Januarie 28, 2011 at 8:32 vm #

            Iemand sa dit vir my moet maak. Ek het nog nooit ertjies gekoop nie, en sien dit nie vinnig gebeur nie. Ek het “mental shopping lists”, en ertjies feature nie daarop nie😆

  8. toortsie Januarie 27, 2011 at 9:36 nm #

    wat sou van my kommentaar geword het??? maar moenie worry nie. ek kan mos nie die mense se name onthou nie!! Dis baie sleg om ‘n ster te wees en jou aanhangers ken nie eers jou naam nie! shame

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: