Toyi Toyi Met die Mummies

1 Feb

Die Egiptenare beplan ‘n 1 miljoen persoon sterk protesaksie vir vandag. Die mense is dik vir hulle President, en soek ‘n nuwe een.

Dit is goed en wel om mense in 2011 in massas bymekaar te kry vir ‘n bewusmakingsveldtog. Dink byvoorbeeld aan Sisters with Blisters. Dit plaas ‘n kollig op die saak.

Deur die geskiedenis heen is dit egter duidelik dat mense in ‘n massa opgesweep kan word vir ‘n doel. Dit is ook makliker om ‘n samehorigheidsgevoel onder ‘n groep te bewerkstellig. Die leier praat ‘n paar sinne van inspirasie, en die massa sorg vir die res.

Vir my lê die probleem egter by die punt of dit vreedsaam kan bly. Kan ‘n vreedsame massaprotes van 1 miljoen mense ‘n werklike verskil in Egipte maak?  Ons is al verby bewusmaking. Almal weet wat aangaan, en hulle weet verseker wat hulle wil hê.

Dink byvoorbeeld aan die onlangse stakings van munisipale werkers in Suid-Afrika, en ook protesaksies in Griekeland (om maar net twee voorbeelde te noem). Hier praat ons maar van ‘n paar honderd, miskien ‘n duisend mense – en dit draai elke keer millitant uit met beserings, eiendombeskadiging en selfs dood.

Kan 1 miljoen mense ‘n vreedsame optog hou, wat die doel gaan dien wat die mense van Egipte voor vra?

Is dit Walk Like An Egyptian, of Die Like An Egyptian?

10 Responses to “Toyi Toyi Met die Mummies”

  1. BB Februarie 1, 2011 at 8:27 vm #

    LOL!! Toe daai song net uitgekom het, het ‘n vriend van ons dit duidelik misverstaan… eendag vra ek hom : Wát sing jy?? Hy seg ewe verwonderd: Walk like a dipsh!t😯 Waaahahaha!! Ek sal daai wragtig nooit vergeet nie! En hy kon nogal nie glo dat die song dit verby die sensuurraad gemaak het nie😆

  2. toortsie Februarie 1, 2011 at 8:41 vm #

    ek is nogals baie bakommerd oor die hele egipte-situasie. Want as ek na RSG luister, wil dit vir my al hoe meer klink of dit ook vir ONS hier kan raak. As hulle die Seuz-kanaal tydelik sluit, beinvloed dit die vloei van olie….. en en en
    maar weet jy wat? Ek ken heelwat mense in Cairo. Ek is sommer BAIE bekommerd oor hulle.

    • demoerin Februarie 1, 2011 at 12:19 nm #

      Mens kan al klaar sien hoe styg die olieprys…eish.

  3. Choppy Februarie 1, 2011 at 9:42 vm #

    Ek wonder ook maar hoe dit gaan uitdraai.

  4. Vlam Februarie 1, 2011 at 12:11 nm #

    History in the making. Soos die Franse die Bastille bestorm het, gaan die Egiptenare die piramides bestorm. 😆

    Interessant hoe hulle dit in die nuus “protestations” noem. In Suid-Afrika is dit “protest actions”. Is daar ‘n verskil, en indien wel, wat is dit? 🙄

    • demoerin Februarie 1, 2011 at 12:18 nm #

      Interessant daai. Sover ek dink is protestation as jy iets sterk verbaal uitdruk, teenoor die aksie aan die anderkant. Maar miskien hap ek bubbles?

  5. Xena Phoenix Februarie 1, 2011 at 12:22 nm #

    Die Egiptenare het duisende jare oud geword sonder protesaksies. Ek wonder nou of die protesaksie (moderne uitvindsel) Egipte gaan verwoes? Oor tyd nou?

    Ek sal ook protesteer as hulle my internet afvat.

  6. Son Februarie 1, 2011 at 3:03 nm #

    Hokeom vlug almal dan skielik uit Egipte as dit “vreedsame” optogte gaan wees?

  7. adiratna Februarie 3, 2011 at 6:28 vm #

    salam kenal….di tunggu kunjungan baliknya

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: