How do I love thee?

3 Feb

…..Let me count the ways…..

Julle is die son in sonneblom

Xena het huiswerk uitgedeel, en ek is veronderstel om ‘n liefdesbrief aan my geliefde(s) te skryf (en as jy wil saamspeel, consider yourself tagged).

Dit is moeilik om in gewone mensewoorde te omskryf wat ek voel.

Daar is nie genoeg woorde om te beskryf hoe julle die stukkies is wat my legkaart voltooi, of die encore van my opus is nie. Hoe beskryf jy die krackle in my Milky Bar, of die titsel kaneel oor my oats? Of dalk my eerste beker koffie in die oggend? Hoe verwoord jy die bries op ‘n snikhete dag, of die son op my gesig? Wat ek egter weet, sonder die gebruik van ‘n miljoen woorde, is dit voel net reg. Perfek. Volmaak. Die son in my sonneblom.

Die som van julle drie, is 42.

8 Responses to “How do I love thee?”

  1. BB Februarie 3, 2011 at 8:46 vm #

    *sug* mooi!

  2. seegogga Februarie 3, 2011 at 8:56 vm #

    Ag, ek het gehoop dat deaar iets moois sal uitpop as ek julle vra om liefdebriewe te skryf, en kyk nou net: Julle almal skryf PRAGTIGE briewe!

  3. toortsie Februarie 3, 2011 at 9:01 vm #

    Mooi! So mooi! Ek WENS ek kon so mooi skryf!!

  4. Xena Phoenix Februarie 3, 2011 at 10:24 vm #

    Ek hou van jou sonneblomme. Mag jou girls die remote control hou?

    • demoerin Februarie 3, 2011 at 12:08 nm #

      Ek is al lankal nie meer in beheer van die remote nie, gelukkig kyk ons almal sport ** sug **

  5. Plein Februarie 3, 2011 at 12:32 nm #

    Wow speachless

  6. Son Februarie 3, 2011 at 1:32 nm #

    Ai, dis mooi *sug*

  7. Charms Februarie 3, 2011 at 4:57 nm #

    Mooi geskryf – gee jy lesse?

Lewer kommentaar op Plein Kanselleer antwoord