Ag…hoe Moeranties

9 Feb

Ek is so bietjie meer ‘n fan van die skop, skiet, boomklim en bliksem movies. Gooi ‘n paar emmers vol bloed en bietjie gruwel in die mix, en ek is so happy soos ‘n ANC ledekaarthouer wat hierdie week uitgevind het hy het ‘n Hemel-vrypas gekry.

Maar terug by die romanse. Volgens Channel24 het hulle gestem, en is hierdie toneel as die mees romantiese ooit gestem.

Net-net in tweede plek was die toneel in Love Actually waar Andrew Lincoln sy ewige liefde deur middel van signs aan Keira Knightly verklaar het… die res van die top 10:

  • Ghost se pottebakkerswiel toneel. Ek kon sedertdien nie na Unchained Melody luister sonder om vlieënde stukke klei voor my oë te sien verbyvlieg nie.
  • The Notebook – the writing scene (ek weet nie)
  • Pretty Woman – Finale stuk waar die “ridder” die leer uitklim. 1,2,3… AAAAAAHHHHHH
  • Dirty Dancing – Nobody puts Baby in the corner toneel
  • Sleepless in Seattle – Finale Empire State Building toneel. Ek het diemovie gekyk. Dit was heel moontlik nie te impressive vir my nie, want ek onthou dit glad nie.
  • Lost in Translation – Finale fluister toneel. Selle as bo, onthou fokkoli.
  • An Officer and a Gendleman – Onthou ook nie veel nie, maar die “final factory floor scene” beskrywing laat my gedagtes los op ‘n gallop….😳
  • Casablanca – Soen Toneel. Weet ook nie – maar is daar regtig net een keer in die movie gesoen?

Is jy ‘n sucker vir ‘n romantiese fliek? Stem jy saam met die lys… of is daar ‘n ander toneel wat jy naby aan die hart koester?

23 Responses to “Ag…hoe Moeranties”

  1. Xena Phoenix Februarie 9, 2011 at 11:21 vm #

    Die een ding wat my keer op keer fassineer oor daardie toneel in Ghost. Hulle begin mekaar besmeer met klei, maar wanneer hulle opstaan is hulle hande skoon.

    Ek het nog nooit aan my gunsteling tonele gedink nie. Dink dit kan in elk geval eerder uit n boek as n fliek kom. Miskien. Romanse nie n hoe prioriteit by my nie.

    • demoerin Februarie 9, 2011 at 1:14 nm #

      😆 Ek het nou nie so intens na die scene gekyk nie… Demi Moore het so bietjie my aandag afgetrek.

      • bloedbek Februarie 10, 2011 at 1:43 nm #

        Ja, Demi bly maar Demi… selfs sonder hare

  2. Plein Februarie 9, 2011 at 12:50 nm #

    Ek onthou scenes uit Saw en Final Destination. As bloedige scenes moeranties is kry jy dalkies net n soen vir v-day!

    • demoerin Februarie 9, 2011 at 1:15 nm #

      Yippeeee!!
      Die Rollercoaster scene in FD is my favourite!

  3. PlaasJuppie Februarie 9, 2011 at 2:09 nm #

    Ek dink nie ek het een van daai flieks waarvan jy praat regdeur gekyk nie, so ek sal maar buite stemming bly.

    • demoerin Februarie 9, 2011 at 3:56 nm #

      😯 Nie een nie, nie eers Dirty Dancing of Pretty Woman (lees Julia Roberts) nie?

      • PlaasJuppie Februarie 9, 2011 at 4:13 nm #

        Ek het dele van hulle almal gesien…

        • bloedbek Februarie 10, 2011 at 1:41 nm #

          Ja Plaasjuppie en jy kyk ook nie 7de laan nie, ne.😉

          • PlaasJuppie Februarie 10, 2011 at 4:19 nm #

            Net in noodgevalle😉

  4. BB Februarie 9, 2011 at 4:56 nm #

    Gee my eerder ‘n lekker comedy. Ek doen nie Schmalz nie😉

    • demoerin Februarie 10, 2011 at 8:11 vm #

      Moet sê ek geniet nogal black comedy… ek kan lag as mense seerkry :lol;

    • demoerin Februarie 10, 2011 at 8:18 vm #

      EN…hoekom is jou blog “private” vanoggend?

  5. Knipoog Februarie 9, 2011 at 6:02 nm #

    ‘n Romantiese fliek op sy tyd is soo lekker soos …mmm laat ek nou nie my verbeelding heeltemal op hol kry op die onderwerp nie. Het almal gesien behalwe die laaste 3 op die lys….defintief AHA oomblike as dit by die romanse kom. Een van my gunstelinge is waar blonde James Bond vir Vesper troos in die stort na ‘n paar van die baddies gesneuwel het……romanties verby!!

    • demoerin Februarie 10, 2011 at 8:16 vm #

      **sug** Eva Green….

  6. toortsie Februarie 9, 2011 at 8:40 nm #

    Ja, ek geniet ‘n romantiese fliek. Maar julle weet mos nou al dat julle nie die name vir my mag vra nie!!! As ek die gesiggies op die skerm sien, weet ek watter fliek dit is en wat daar gebeur het!!

  7. toortsie Februarie 9, 2011 at 8:42 nm #

    2.34*3 = 7.02 en nie 9 nie! of bedoel jy 7 en nog 2 is wel 9? van 2011???

    • demoerin Februarie 10, 2011 at 8:08 vm #

      Ek neem aan jy het bedoel om daar anderkant te comment😆 … Jip, 7.02 (soos in 7 Februarie) van 2011 **applous**

  8. bloedbek Februarie 10, 2011 at 1:39 nm #

    Nottinghill was romanties, maar ek hou meer van oorlog en spioenasie flieks, Ai waar is die dae van die koue oorlog? Die KGB wat almal se senuwees ophol gehad het en die Amerikaners wat altyd wen. Maar een van my favourites is Dr Shivago van toentertyd…Dirty Dozen, Kellys Heroes. Wat is nou meer romanties as die akteur met die smeulende sigaar in die mond sy vyand opmoer met sy masjiengeweer waarvan die rondtes nooit opraak nie. Almal val en die bloed spat die kamera vol, maar die held word nie getref nie. Skuus hy is in sy bors geskiet maar selfs dit stuit hom nie en dit terwyl die sweetbesmeerde meisie met een stof strepie op haar wang aan sy sy, ook aan hom hang.

    • demoerin Februarie 10, 2011 at 3:27 nm #

      Dirty Dozen is baie cool ja!
      En natuurlik enigiets van my groot HERO Tarantino!

  9. Son Februarie 10, 2011 at 3:56 nm #

    Ek dink die toneel in “When Harry met Sally” – waar die vrou in die restaurant sê: “I’ll have what she had.”😈😆

    • Charms Februarie 15, 2011 at 8:31 vm #

      Ek second daardie ene😳

  10. Charms Februarie 15, 2011 at 8:31 vm #

    Ek verkies rillers. Ek is nie ‘n groot ‘fan’ van ‘happy ever after’ flieks nie. Ek is nogal saam jou oor ‘black comedy’. Dis seker my ‘point and laugh’ persoonlikheid👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: