Vrydaskool….Kuns101

11 Feb

Hierdie painting se naam is Portret of  Paul Eluard, deur Salvador Dali. Nogal interessant sou ek sê, alhoewel ek nou nie 13 miljoen pond daarvoor sou betaal nie (‘n rekord vir ‘n Dali). Dit het my laat wonder wie Paul Eluard was….

Paul Eluard was ‘n Franse digter, een van die stigters van die Surrealisme Beweging, gebore in 1895 en oorlede in 1952. So hoekom het Dali ‘n portret van hom geskilder, behalwe vir die feit dat hul albei in die surrealisme kringe beweeg het?

Ek weet nie, maar daar is een ander link tussen die twee – Gala ( Gebore Elena Ivanovna Diakonova) wat eers met Eluard, en toe later met Dali getroud was. Sy was die inspirasie vir ‘n hele paar skilders en skrywers in die surrealisme kringe, insluitende Max Ernst, Louis Aragon en Andre Breton. Gala, Eluard (toe haar man) en Ernst het selfs vir 3 jaar van 1924 tot 1927 ‘n menage a trois saambly reëling gehad.

Gedurende haar huwelik met Dali, het Gala menige buite egtelike verhoudings gehad, selfs met haar eks-man Eluard, wat blyk met Dali se toestemming te gewees het, aangesien Dali ‘n fobie vir die vroulike geslagsorgane gehad het (I kid you not!). Dali was ook ‘n aktiewe praktisyn van candaulism, waar ‘n man foto’s (in sy geval skilderye ook) van sy vrou, en selfs sy kaal vrou self, vir ander wys vir sy eie voyeuristiese plesier. Vir Gala was dit ‘n aanvaarbare reëling, aangesien sy blykbaar haar hele lewe lank erg  jimpel was (en haar man nie veel daar uitgehelp het nie), en selfs in haar laat sewentigs nog ‘n verhouding met die rockster, Jeff Fenholt, gehad het. Fenholt was toe in sy vroeë twintigs!

Dit laat my nogal wonder hoeveel die skilderye van Gala Dali werd sal wees? Interessante mense, dalk is daai skildery tog sy 13 miljoen ponde werd.

Ekstratjie: Ooit gewonder wat Salvador Dali se volle naam was?

Salvador Domènec Felip Jacint Dalí i Domènech, Marquis of Dalí de Púbol

Advertisements

5 Responses to “Vrydaskool….Kuns101”

  1. Xena Phoenix Februarie 11, 2011 at 11:22 vm #

    Ek vind Dali se werke nogal interessant. Ek het ‘n vriendin wat mal is oor hom en dit het effens afgesmeer. Dit is dalk weereens gronde vir die teorie dat as jy geniaal is, jy nie lekker by is nie.

    • demoerin Februarie 11, 2011 at 11:30 vm #

      Sy werke is interessant. Ek hou mos maar nou bietjie van iets wat bietjie anders is… MAAR interessanter blyk die stories agter die mense te wees.

  2. Son Februarie 11, 2011 at 4:16 nm #

    Ek vrek oor Dali se paintings. Dis so lekker mal 😈

  3. Andrew Februarie 15, 2011 at 7:19 nm #

    Nice post, ek het nog nooit daai skildery van hom gesien nie. Maar 13 miljoen freekin pond!? Dis jagsgeid. ‘n Mens moet dit seker maar sien as ‘n belegging.

    • demoerin Februarie 16, 2011 at 8:28 vm #

      Ek wonder nou die ding gister – Hoe betaal jy vir so iets? Doen jy net ‘n transfer?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: