WEW….(3^2)+(3.01×2) van (1000×2)+11

15 Feb

Hoor vandag weer berig op radio : Kar in ongeluk. Peuter reg deur voorruit. Ek hoop hierdie ouer word vir strafbare manslag aangekla.

Ek wonder of mense ooit gaan leer? ‘n Ongeluk gebeur in ‘n oogwink. ‘n Kind kan net veilig wees as hy/sy vasgegordel is. Mens kan maar net daagliks om jou kyk in die verkeer om te sien hoeveel kinders is nie vas nie en staan selfs op die sitplekke.

Jou kind is in gevaar, sodra jou kar se wiele rol. Ongelukke, of selfs jou skielike harde rem, gebeur ook al ry jy net winkel toe in die straat af. Ongelukke weet nie jy ry net gou om die hoek nie.

Moenie verwag dat ek ‘n traan moet stort vir jou omdat jou kind dood is nie, ek sal ‘n traan stort vir daardie kind wie se ouer sy lewe verkort het.

8 Responses to “WEW….(3^2)+(3.01×2) van (1000×2)+11”

  1. toortsie Februarie 15, 2011 at 8:38 vm #

    Ja! Ek kry ook stuipe elke keer as jy dit sien. En sou jy dalk dink om die ouers aan te spreek, is jy die verkeerde een!! Natuurlik wil kinders nie vasgemaak wees nie. Dis net een keer se skree en skree en skree en VASBLY en dan skree niemand meer nie en almal sit tog te lekker in hulle stoeltjies.

    • demoerin Februarie 15, 2011 at 10:07 vm #

      Presies. Dit maak nie saak wat die kinders wil nie, dis die ouer se plig en verantwoordelikheid.

  2. PlaasJuppie Februarie 15, 2011 at 8:46 vm #

    Ons het die naweek weer ‘n geval gesien waar ‘n kind regop op die voorste sitplek van ‘n kar staan. Ek het besluit dat ek van nou af foto’s gaan neem van die karre se reg nommers en die eienaars en dit publiseer op my blog.

    • demoerin Februarie 15, 2011 at 10:10 vm #

      Goeie idee. Ek het al vrou met convertable gesien met 2 kinders wat op agtersitplek baljaar, met die dak af! En toe ek haar vra om haar kinders vas te maak, kry jy daai – dis my kinders houding. Toe seg ek, maar moenie van my verwag om more saam met jou te huil, as jou kinders die koerant se voorblad haal nie.

  3. Xena Phoenix Februarie 15, 2011 at 8:46 vm #

    Dit is ongelooflik hartseer. Boonop het die pa volgens ooggetuies teen ‘n stink spoed gery. Dit is boonop nie eers die paar se eerste kind nie.

    Hopelik gaan klein Karel van der Merwe ten volle herstel van sy ouers se roekeloosheid. Hopelik gaan sy ongeluk ander roekelose ouers wakker skud. Party mense gee doodeenvoudig nie ‘n hel om nie.

    • demoerin Februarie 15, 2011 at 10:11 vm #

      Dis baie sad… en ja, maak my debliksem in.

  4. rosalindreloaded Februarie 16, 2011 at 5:00 nm #

    jammer maar ek het nie simpatie nie, as jy ‘n motor kan bekostig en ‘n kind kan maak, dan koop jy ‘n baba-sitplek vir die kind. kinders moet in die sitplekke sit tot hulle 6 jaar oud is. die baba-sitplek word later vervang met een wat vir groter kinders geskik is.
    ek voel regtig niks vir die ouers nie, eerlikwaar. ek is wel baie jammer die kind is vir sulke onnosel ouers gebore en is nou dood.
    ek sny my emosie vir onverantwoordelik mense lag-lag af. ek sien hierdie tipie goed baie.

    • demoerin Februarie 17, 2011 at 7:41 vm #

      My presiese gedagte, asjy ‘n kind wil hê, en jy kan ‘n kar bekostig, kan jy ‘n stoeltjie koop. KLAAR.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: