WEW….(11.01×2) van (2000+10+1)

22 Feb

Ek wonder hoe lank dit sekere mense nog gaan vat om uit te vind hulle het ‘n brein en hulle kan ook vir hulleself dink? Hoe kan jy deur die lewe dwaal terwyl iemand anders jou besluite vir jou maak? Hoe kan jy enigiets wat vir jou besluit word sommer net gelate aanvaar?

Ons sien dit in politiek. Ons sien dit in seksistiese onderdrukking. Ons sien dit in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Daar is ‘n diktator om elke hoek en draai, ja, selfs in mense se persoonlike lewens.

Verdien almal maar nie dieselfde regte nie? Miskien is daar waarheid daarin dat daar geen so blind is, soos die wat nie wil (of weier) om te sien?

Miskien is die winde van verandering wat in Noord-Afrika en die Midde-Ooste begin waai ‘n goeie teken. Dan weer, miskien is dit net ‘n stofstormpie….

6 Responses to “WEW….(11.01×2) van (2000+10+1)”

  1. Xena Phoenix Februarie 22, 2011 at 9:08 vm #

    Vra dit.

    Vir van die lande lyk die vroue net goed genoeg om hulle self met soveel as moontlik ander mense op te blaas.

    Nuwe regering beteken nie dat die vrouens nou “vry” gaan wees nie. Wie die land regeer beteken nie dat hulle mans, familie en hulleself nou verlig gaan wees nie.

    • demoerin Februarie 23, 2011 at 7:24 vm #

      Dis die ding, ‘n nuwe besem vee nie noodwendig skoner nie, alle menseregte in ag genome.

  2. toortsie Februarie 23, 2011 at 8:15 vm #

    Die probleem is dat die kultuur van die mense nie skielik gaan verander nie. Hulle gaan nie oornag anders dink oor vrouens, kinders, of wat ook al nie. Dis iets wat oor baie jare gebeur.

  3. Son Februarie 23, 2011 at 3:33 nm #

    Die mens het, met alle respek, die wêreld opgefok. Elke nuwe ou wat aan bewind kom, belowe die son, maan en sterre, net om more weer eerste seker te maak sy sakke is vol. Ek gaan bly sommer op die maan👿

  4. toortsie Februarie 23, 2011 at 7:17 nm #

    die voordeel van op die maan bly is dat jy nie daar GEWIGSPROBLEME sal hê nie!! Dis dalk nie JOU probleem nie, maar ek sal doen daarmee🙂

    • demoerin Februarie 24, 2011 at 7:45 vm #

      😆 OK, kom ons gaan annekseer die maan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: