WEW… 0103 van 2011

1 Mar

Ek sug net, en kan net my kop skud as mens lees van die miljarde dollars wat uit Afrika lande deur Diktators gebuit word. Toe die president van Tunisië gevlug het, het hul miljoene dollars in kluise in sy kantoor gevind.

Ek lees die seun van Ekwatoriaal Guinee se diktator het vir hom ‘n $360miljoen seiljag bestel. Hy het al ‘n huis in Malibu, $30miljoen en ‘n vliegtuig van ongeveer dieselfde waarde. Dis nou uitgesluit sy sportmotors. Wat ek wel by hom wil leer is hoe om jou rande te rek – want hy verdien ongeveer $6,700 per maand as Minister van Landbou…..

Nou wat ek wonder – Is die geld wat op regmatige wyse deur jou konneksies gemaak word in die ander sogenaamde demokrasië van die wêreld nie maar een en dieselfde ding nie?

Advertisements

10 Responses to “WEW… 0103 van 2011”

  1. leonvonmoltke Maart 1, 2011 at 11:37 vm #

    Blykbaar is dit ok itv hulle wetgewing om kontrakte leeg te suig wat met die regering gesluit word.

  2. meermin Maart 1, 2011 at 2:31 nm #

    😳 ekke was lanklaas hier ….. wonder wat word van al ons ou geldjies … 😉 kyk maar net watter karre ry Z se vroue … ons kan dit nie eers bekostig nie!!

  3. Xena Phoenix Maart 1, 2011 at 2:38 nm #

    Ek wil ook gaan leer om my rand so te rek. Ek wonder wat het Tunisie se president saam met hom geneem as hy die geld gelos nie? Dalk ‘n atoombommetjie? En waar op aarde het Gadaffi orals bates wat gevries kan word.

    Steel is steel, al is dit wettig.

    • demoerin Maart 1, 2011 at 3:36 nm #

      Hulle sit almal met bates oorsee. Dis nie eers snaaks nie.

  4. BB Maart 1, 2011 at 3:23 nm #

    Ek moet ook soms van konneksies gebruik maak… 😕 dit bring my nou nie juis finansiële gewin nie, maar waar’s die streep?

    • demoerin Maart 1, 2011 at 3:41 nm #

      Goeie vraag daai BB, waar is die streep? Ding is ook verder, wat vir my moreel ‘n probleem is, is nie vir die volgende ou nie.

  5. rosalindreloaded Maart 1, 2011 at 3:31 nm #

    Die traanrook en rubberkoels wat gebruik word om die mense so te skiet in Tahrir-plein: “made in die USA”. Nog erger, waar koop die lande al hulle wapens? Want hulle maak dit nie self nie.

    • demoerin Maart 1, 2011 at 3:42 nm #

      Waar daai Rosa. Suid-Afrika verkoop ook maar lekker aan elke Jan Rap en sy maat.

  6. PlaasJuppie Maart 1, 2011 at 4:10 nm #

    Die plunder van staatsbates is ‘n nasionale sport in Afrika, met die meer as gewillige ondersteuning van die meerderheid ontwikkelde lande.

  7. toortsie Maart 3, 2011 at 9:53 vm #

    Waar kry die ouens ooit tyd om al daai bates te geniet??? Of gaan dit net oor hê hê hê???

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: