Kinders van Afrika…Sir Jaap

3 Mar

Die storie van ‘n seun van Ficksburg, gebore in 1874, wie in 1922 dood is as Sir Jaap, ‘n Ridder van die Britse Koningkryk…..

Jacob Louis van Deventer het in 1896 na Pretoria verhuis en by die ZAR Staatsartillerie aangesluit. Hy was een van min van die Boere wat met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog formele opleiding gehad het.

Jaap was in Genl De La Rey se kommando wat die Britse wapentrein oppad na Mafeking ingewag het. Daar is oorvertelling dat Jaap die eerste skoot gevuur het op die trein – en dus die eerste skoot van die Anglo-Boereoorlog.

Gedurende die oorlog het Jaap ook onder ander Boere generaals geveg, onder meer Piet Cronje en C.F Beyers. Aan die einde van die oorlog was Jaap al bevorder tot Kommandant, en was hy tweede in bevel vir Generaal Jan Smuts.

Smuts het soveel vertroue in Jaap gehad, dat toe hy sy waghalsige inval in die Kaapkolonie ingemaak het, nader aan die einde van die oorlog, hy die helfte van die manskappe onder Jaap se bevel geplaas het. Die kommando het vanaf Vereeniging vertrek, en vir byna tweeduisend myl, 35,000 Britse troepe besig gehou en is eers in sig van Tafelberg gestop. Jaap is egter naby Vanrhynsdorp erg gewond met ‘n Britse koeël deur die keel. Jaap was ‘n fikse, sterk man en het ten volle herstel, behalwe vir ‘n spraakprobleem wat hy oorgehou het. Vir die res van sy lewe kon hy net met ‘n rowwe geroggel praat.

Met die vorming van die unie in 1910 het Jaap ‘n pos in die Weermag aanvaar en het hy toe later ‘n groot rol in die inval van Suid-Wes Afrika en noglater in Noord-Afrika tydens die eerste wêreld oorlog gespeel. In hierdie tyd is hy toe al bevorder tot Brigadier-Generaal, en ook later Bevelvoerder in Noord-Afrika.

Smuts was Londen toe geroep om die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Imperial Conference te lei, maar dit het so opgeeindig, dat Jaap, met ‘n baie beperkte Engelse woordeskat, en sy spraakprobleem as die verteenwoordiger daar opgeeindig het. Die Britse offisiere en troepe was nogal verbaas en verontwaardig, en het hom dikwels gespot oor die taal en spraak probleme, waarna Jaap gewoonlik, met sy unieke sin vir humor, hulle daaraan herinner het dat dit eintlik hulle skuld is, want dit was ‘n Britse koeël.

Jaap was egter eerder ‘n man van aksie, en was vinnig terug in die veld, waar hy met sy deursettingsvermoë en ondersteuning van sy manskappe groot druk op die vyand geplaas het in die laaste tyd voor die einde van WWI.

Sy pogings het nie ongesien gegaan nie, en hy is geslaan tot Ridder Bevelvoerder van die Orde van Bath, en aangestel as Aide-de-camp vir Koning George V. Nogal ironies vir iemand wat net 20 jaar tevore moontlik die eerste koeël gevuur het teen die Britte in die Anglo-Boereoorlog.

Jaap het in 1920 afgetree, maar was in 1922 weer aangestel in aktiewe diens om te help om die Rand Miners opstand te onderdruk. Hy is later daardie jaar aan ‘n hartaanval oorlede….

En so eindig die interessante storie van ‘n Ficksburg plaasseun wat 48 jaar later sterf met die titel – Luitenant-Generaal Sir Jacob Louis Van Deventer K.C.B., C.M.G., D.T.D. – of hy met sy humorsin verkies het, Sir Jaap.

Advertisements

4 Responses to “Kinders van Afrika…Sir Jaap”

  1. Xena Phoenix Maart 3, 2011 at 9:50 vm #

    Dit is baie cool. Ek wonder nou of De la Rey, Smuts of De Wet enige militere opleiding gehad het. Of was hulle net weens politiek generaals.

    • demoerin Maart 3, 2011 at 2:36 nm #

      Ek glo nie daar was enige militêre opleiding nie. De La Rey en De wet was boere, Smuts aan die anderkant was ‘n regsgeleerde.

  2. Vlam Maart 4, 2011 at 10:30 vm #

    Aarrgghh…hoe kan enige mens met bietjie selfrespek ‘n Sir word? 😯
    Interessante storie, DMI. Waar krap jy dit uit?

    • demoerin Maart 4, 2011 at 1:30 nm #

      😆 So met my lesery saam… Ek het Jaap se naam raakgelees in die boek Ghosts of South Africa, en toegedink dit verdien bietjie verdere ondersoek,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: