Ek, Die Domino

10 Mar

Sorgvuldig word ons geplaas. Elkeen versigtig op sy plek. Die ry is nie noodwendig reguit nie. Partykeer is daar ‘n kinkel. Jy bevind jouself op ‘n plek met ‘n rede – versigtige beplanning en versigtige plasing.

Domino Soldaatjies in ‘n ry.

Die eerste domino gaan getik word? Wat as jy die domino is wat getik gaan word om die domino effek in mosie te sit? Wat van as jy die keuse het om die eerste domino te wees?

Alles wat ons doen, en alles wat ons sê het ‘n invloed op die ander persoon of persone betrokke. Dit is alles die begin van ‘n domino effek, en ek, en jy, het ‘n keuse of dit positief of negatief gaan wees.

Maak ‘n deurdenkte poging om te verseker dat die domino effek wat jy in werking sit, positief is.

Advertisements

10 Responses to “Ek, Die Domino”

  1. Xena Phoenix Maart 10, 2011 at 8:29 vm #

    Behalwe as die ding natuurlik verkeerde kant toe tuimel. Party mense is altyd gatkant toe om. Seker die rede hoekom alles nog nie tot niet is nie.

    • demoerin Maart 11, 2011 at 6:46 vm #

      Maar is gatkant toe om noodwendig die verkeerde rigting?

  2. toortsie Maart 10, 2011 at 9:07 vm #

    Sjoe! DIEP DIEP DIEP!!!
    Maar so waar!

  3. PlaasJuppie Maart 10, 2011 at 11:51 vm #

    Jy loop weer diep spore vandag, op ‘n dag waar ek eintlik net die domino’s weerskante van my wil omskop en manies staan en lag terwyl ek kyk hoe hulle tuimel.
    Maar jy is reg. Ons is domino’s en daarom gaan ons omgestamp word en ander omstamp. It is the nature of things. Hoe hard ek dievolgende ou stamp is egter binne my eie beheer…dit en of ek weer opstaan na ek omgestamp is. En dit is wat saakmaak, dat ek opstaan en dat ek nie my skade op dievolgde ou projekteer nie.

    • demoerin Maart 11, 2011 at 6:44 vm #

      Partykeer voel ek ek wil ‘n paar dominoes se kolletjies afkrap 😆 Maar, dan dink ek nou vandag watse invloed dit weer gaan hê op die dominoes wat hy mee in aanraking kom.

  4. Son Maart 10, 2011 at 3:59 nm #

    LOL @ PJ. Ek is nou daar wat ek ‘n sekere paar domino’s moer toe wil skop en so hande in die sy manies staan en lag.

    Toemaar, more maak ek weer die domino’s mooi staan 😉

  5. SilverFox Maart 10, 2011 at 8:57 nm #

    Oeee, maar dan, as mens so slinks mooi netjies systap, val die domino’s rondom mens en bly jy staan. Die moeilikheid is dan net, saam wie jy staan…

  6. Louwie Maart 12, 2011 at 8:42 vm #

    Jip, en die Groot hand het Japan se domino’s nou mooi moer toe geskop 😯

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: