Vrydagskool…Oom Paul se Geld

18 Mar

Ons almal ken vir Oom Paul. Hy was ‘n man van durf. ‘n Man wat sonder om twee keer te dink opgestaan het teenoor die magtige Britse Ryk. Hy was beginselvas. Oom Paul het diep spore gelos in die geskiedenis van Suid-Afrika. Oom Paul was ook die man agter die Single 9, ‘n goue veldpond wat die skaarste munt op aarde is. Daar is net een gemunt.

Dit was baie belangrik vir enige land om hul eie geld te kon munt. So ook vir die ZAR. Dit was letterlik ‘n bewys van bestaan. Die Kaisermint in Duitsland het vorms gemaak vir die ZAR vir die druk van munte. Hierdie vorms is ongelukkig oppad na die ZAR deur die Britte onderskep, en die ZAR kon nie hul munte druk nie. Die Britte het die redenasie versprei dat die ZAR dus nie onafhanlik gesien kan word nie, want hul het nie hul eie munte nie. Hulle was maarnet ‘n bietjie van ‘n oproerige Britse kolonie.

Maar, soos die gesegde gaan – ‘n Boer maak ‘n plan. Daar is besluit om ‘n nommer 9 op die kopkant van die ou 1898 munte te druk met ‘n handpons. Wat dit verder uniek maak, aangesien die datum gewoonlik op die stertkant verskyn. Daar is ook agtergekom dat die 9 ietwat groot was, en oorgevloei het in die bors gedeelte van Paul Kruger in. Net een is dus gemunt.

Die Single 9 is toe met groot seremonie aan die Amerikaanse Ambassadeur oorhandig. Dit was ‘n “Vat so Brittanje”. Hierdie enkele munt is dus ook heel moontlik die enigste een in geskiedeis, wat gebruik is om ‘n land, die ZAR, se bestaan te bevestig tesame met die feit dat hul hul eie geld mint.

Dit wil voorkom asof Mnr Macrum, die Ambassadeur, heel moontlik met die Amerikaanse regering onderhandel het om die munt sy eiendom te maak, aangesien die eerste letter van sy van, die “M” net regs va die 9 onderaan die borsbeeld afdruk van Oom Paul ingekerf is…. en as hy toe geweet het wat ons nou weet – sou hy dit aan sy familie nagelaat het.

Die Single 9 is deur die laaste eeu al deur talle mense van regoor die wêreld besit, selfs deur Koning Farouk van Egipte. Alle banke in Suid-Afrika hou seldsame Suid-Afrikaanse muntversamelings aan, en hul probeer gereeld om die munt aan te koop. Een van die vorige eienaars se antwoord aan ‘n bank was: “And buy what with the money?” Jy sit nie elke dag in besit van ‘n munt waarvan daar net een bestaan nie.

Die laaste keer wat die Single 9 van eienaar verwissel het, was die prys $3,000,000. Daar word beweer dat ‘n Suid-Afikaner wat in New York woonagtig is die eienaar is.

Die ding is dit – As jy met die Koning van Munte sit, gaan jy jou prys maak as jy wil verkoop…..en dit moontlik kry. Daar word geskat dat die waarde van die Single 9 binnekort by $50,000,000 gaan draai… nie sleg vir ‘n munt wat in 1899, 1 pond werd was nie – en teen ‘n goudprys van $1,300 per ons, net sowat $390 se goud bevat. Nie ‘n slegte groeikoers nie sal ek sê……

Advertisements

5 Responses to “Vrydagskool…Oom Paul se Geld”

  1. NetJane Maart 18, 2011 at 8:02 vm #

    Interessant! Ek het dit glad nie geweet nie.

  2. Choppy Maart 18, 2011 at 8:13 vm #

    Hene maar dit is baie!

    Wens ek het hom besit.

  3. leonvonmoltke Maart 18, 2011 at 10:04 vm #

    Jis, maar dis ‘n spul geld!!

  4. schabbers Maart 18, 2011 at 2:53 nm #

    Dit was nou interessant! Dankie

    • Retha Februarie 11, 2012 at 8:01 nm #

      Dit het ek nie geweet nie, interressant! Het jy geweet daar is ‘n rooi (magenta) eensent-posseël van Brits-Guinee waarvan daar ook net een in die wêreld is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: