@#$&@$#%*!

28 Mar

Ek word nie eintlik kwaad oor onbenullighede nie, want ek glo dis verkwiste energie. Ek sal eerder diep asemhaal en op iets positief probeer konsentreer. Dit werk….

Tog is daar dinge wat wel ‘n bietjie kan krap, of irriteer –

  • Soos die Proteas se power vertoning Vrydag;
  • Soos om te lees dat amper 50 afgevaardigdes uit die regering op ‘n “werk” trip Amerika toe gaan en in plaas va sessies bywoon ‘n bietjie gaan inkopies doen en die naglewe van New York geniet;
  • Soos mense wat nie kan bestuur nie….
  • 

MAAR

As jy my bloed wil laat borrel tot die punt waar jy eiers in my hol kan kook, dan moet ek lees van gevonnisde, veroordeelde kriminele – thugs, wat kla oor die skending van hulle regte. Wat dit nog erger maak is dat die poephol onder bespreking, Mnr Krejcir,  nie eers ‘n Suid-Afrikaner is nie.

Ek kan net nie vat aan die feit kry dat enige misdadiger, ‘n persoon wat dalk gemoor of verkrag het, nog steeds dieselfde menseregte as ek kan verwag nie.

Jy kan iemand koelbloedig vermoor en dan aanspraak maak op ‘n regverdige verhoor, en ‘n prokureur en/of advokaat deur die staat verskaf as jy nie een kan bekostig nie. Dan word jy vir moord skuldig bevind as jy dit nie reggekry het om jou saak uit die hof te laat gooi nie. Sê nou maar lewenslank, want gelukkig kan jy nie die doodstraf kry nie as gevolg van menseregte. Nou kry jy vir ‘n maksimum van 25 jaar (want moontlik gaan jy na 15 jaar parool kry) gratis kos en verblyf (menseregte), EN nog verdere opleiding as jy so sou verkies (menseregte) EN gratis medikasie (menseregte) sou jy dalk siek word EN as daar ‘n verkiesing is mag jy jou kruisie trek (menseregte).

MAAR

Die swart vrou op die hoek moet probeer koerante verkoop sodat sy kan probeer spaar om vir ‘n diploma in te skryf. Hoekom probeer? Want sy moet ook kos koop, en taxi geld betaal om elke oggend tot daar te kom. En as dit reën vanaand is haar shack onder water en moet sy op ‘n nat bed probeer slaap, en hoop sy word nie siek nie, want dan moet sy in ‘n ry gaan staan vir tweederangse mediese hulp van ‘n Kubaanse dokter af…..

Die menseregte in Suid-Afrika is verwronge. Dit help veel dat Suid-Afrika wil aanspraak maak op die mees progressiewe menseregte in die wêreld, as ‘n krimineel agter tralies meer regte as ‘n wetsgehoorsame burger het.

10 Responses to “@#$&@$#%*!”

  1. Xena Phoenix Maart 28, 2011 at 8:35 vm #

    Daar word hopeloos te min aandag gegee aan die man en vrou op straat. Hulle word altyd in die tande geskop, ongeag van die regering.

    • demoerin Maart 28, 2011 at 9:25 vm #

      Presies…. ek hou van daardie “ongeag van die regering”

  2. BB Maart 28, 2011 at 8:54 vm #

    Sela. Ok, so wat gaan ons daaromtrent doen?

    • demoerin Maart 28, 2011 at 9:26 vm #

      Om mee te begin…gaan ek die stukkie bietjie skoonmaak en in die vorm van ‘n Engelse en Afrikaanse opebrief aan die regering aan elke denkbare Afrikaanse en Engelse koerant stuur.

      • Vlam Maart 28, 2011 at 9:44 vm #

        Ek twyfel of dit sal help – tensy jou naam Gareth Cliff is? 😦

      • BB Maart 28, 2011 at 10:30 vm #

        Cool!!! Wie nie waag nie wen nie.

  3. Skoor Maart 28, 2011 at 12:44 nm #

    Dis reg so DMI – die regering lewe in ‘n fokken verwronge gekkeparadys en dink hulle kan die massas bly paai. Wanneer die massas egter beter opvoeding gekry het, en opgehou breinspoel word, dink ek nie dit sal meer so lekker in die Zuma Sirkus gaan nie. Ons moet eerstens bid vir behoorlike opvoeding. Want so lank die fokkers dit onderdruk, sal menseregte nooit bestaan nie.

  4. Son Maart 28, 2011 at 4:01 nm #

    Dis lankal nie meer menseregte nie. Dis krimineleregte. En dit kan jy net kry as jy ‘n krimineel is in SA. So, ons sal eers moet kriminele word om regte te kry. En dalk kan ons dan ‘n plekkie in die parlement ook kry, wie weet😈

  5. Gogga Maart 28, 2011 at 4:55 nm #

    Ek wil ook sommer eiers kook as ek daaraan dink.
    Elke keer as ek ‘n storie lees van die werfswetter wat wil regte hê in die tronk dan wil ek hulle sommer te lyf gaan. dit sluit nou daai klomp voels in wat aan die buitekant petisies hou vir mense regte in die tronk. Ek skiet hulle sommer.
    Ek dink ons moet al daai klomp suurstofdiewe in die myntonnels onder Johannesburg ingooi om te help dat Jo’burg nie sink nie.
    Wag my gedagtes is nou besig met erg planne laat ek eerder waai.

  6. demoerin Maart 29, 2011 at 6:51 vm #

    Ek het geen probleem daarmee dat ‘n misdadiger kos en ‘n dak oor sy kop het nie, maar ek dink daar moet ‘n manier wees waarop hulle dit kan verdien terwyl hulle in die tjoekie sit.
    My probleem is oor die krimineel wat MEER regte geniet as ‘n groot persentasie van Suid-Afrikaners.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: